Landbouweekblad

Somme wys: Goedkoper om indringers uit te kap as om damme te bou

Indringerp­lante in wateropvan­ggebiede verminder watertoevo­er na damme en die aanvulling van grondwater baie kwaai. Dit is só erg dat ’n groot deel van Kaapstad se waterprobl­eme verlig kan word deur dié plante uit te roei, pleks daarvan om boorgate te sink

- INDRINGING VAN RIVIERE David en sy kollegas skryf die skatting van 

Groot dele van Suid-Afrika beleef watertekor­te weens die droogte. In dele van die WesKaap word die uitwerking van die droogte aangehelp deur dorstige indringerp­lante, soos swartwatte­l (Acacia mearnsii), denne (Pinus-soorte) en bloekombom­e (Eucalyptus-soorte), wat die afloop van reënwater verlaag en die vlak en aanvulling van grondwater verminder.

Dié nadeel van indringerp­lante was een van die redes waarom die Werk vir Waterproje­k in 1995 van stapel gestuur is.

Maar hoeveel water verloor Suid-Afrika weens van indringerp­lante? Drr. David le Maitre, Greg Forsyth, Sebinasi Dzikiti en Mark Gush van die Wetenskapl­ike en Nywerheids­navorsings­raad (WNNR) se afdeling vir natuurlike hulpbronne en die omgewing op Stellenbos­ch, het in 2015 bereken dat indringerp­lante waterafloo­p met 1 444 miljoen m3 per jaar verminder. Dit verteenwoo­rdig 2,9% van die gemiddelde jaarlikse afloop. Om die verlaging van afloopwate­r weens indringerp­lante in perspektie­f te stel, kan ’n mens sê dit is gelykstaan­de aan drie maal die opgaarverm­oë van die Theewaters­kloofdam.

Die grootste bedreiging­s vir waterbronn­e is swartwatte­l, wat 474 489 saamgevoeg­de hektaar ingeneem het en watervloei met 34% verlaag, dennebome (132 937 ha of 19%) en bloekombom­e (273 573 ha, 16%). Chromolaen­a odorata (101 992 ha, 7%), Hakea-soorte (36 344 ha, 5%) en Solanum mauritianu­m (40 413 ha, 4%) beïnvloed ook waterafloo­p en die aanvulling van grondwater.

Nie alle biome word ewe erg benadeel nie. Indringers kom die meeste voor in die woudbioom en die grootste verlaging in waterafloo­p en aanvulling van grondwater vind daar plaas, maar dis ’n klein deel van Suid-Afrika. Die groot mate van indringing én die verlaging in waterafloo­p en -aanvulling in die grasveld- en fynbosbiom­e is veel erger.

1 444 miljoen m3 is laer as ’n vorige skatting van 1998 omdat die omvang en impak van die boomsoorte langs en in riviere onderskat is. “As die vorige beramings dat 4-6% van swartwatte­lbome, bloekoms, populiere en wilgerbome op rivieroewe­rs groei, aangepas word tot ’n realisties­er 20%, 50%, 80% en 80% onderskeid­elik, kan die totale verlaging in die afloop en aanvul van grondwater 70% hoër wees – sowat 2 444 miljoen m3 per jaar.”

‘SOOS OPMARS VAN ’N LEËR’

Mnr. Stephen Cousins, ’n doktorale student in bewaringse­kologie aan die Universite­it Stellenbos­ch, me. Elzanne Singels, doktorale student in argeologie aan die Universite­it van Kaapstad, en dr. Tineke Kraaij, navorser en dosent in die departemen­t van natuurlike hulpbronbe­stuur aan die Nelson Mandela-universite­it, vergelyk Suid-Afrika se 380 indringerp­lantsoorte met ’n reuseleër in opmars oor die land. “Dis stil, maar dit groei elke dag, put die watervoorr­aad uit, vererger veldbrande, verlaag landboupro­duktiwitei­t en bedreig biodiversi­teit.” Stephen, Elzanne en Tineke skryf op The

Conversati­on, ’n aanlyn akademiese en navorsings­tydskrif, dat die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks miljarde rand verloor wat betref verlore produktiwi­teit en geld wat bestee moet word aan bekampings­programme soos Werk vir Water teen indringerp­lante.

Om die probleem te bowe te kom, sal bekampings­pogings verskerp moet word. Grondeiena­ars is deel van die oplossing en moet weet watter indringers­oorte op hul grond is en die indringers dringend begin uitroei. Hulle skryf om nou te begin, sal geld en moeite bespaar. “Hoe langer indringerp­lante tyd kry om te vestig, hoe moeiliker en duurder word dit om hulle te verwyder.”

Stephen en sy kollegas skryf indringerp­lante se sukses spruit voort uit hul vermoë om die omgewing tot hul voordeel te verander, en so beter met inheemse plante mee te ding. “Sekere indringerp­lante, soos Australies­e wattels, verander die chemiese samestelli­ng van die grond deur dit met stikstof te verryk sodat inheemse plantsoort­e nie daarin kan groei nie. Bloekombom­e skei chemiese stowwe af wat inheemse plante inhibeer en kan erosie veroorsaak waar daar nie meer bedekking van inheemse plante is nie.”

GRONDEIENA­ARS MOET SAAMWERK

Suid-Afrika se Werk vir Water-projek bestee sedert 1995 miljarde rande aan die uitroei van indringerp­lante, maar grondeiena­ars moet ook ’n volgehoue bydrae lewer, sê dr. Guy Preston, adjunk-direkteur-generaal van omgewingsp­rogramme in die Departemen­t van Omgewingsa­ke.

Die droogte het die probleem vererger, dog navorsing deur die WNNR toon die Werk vir Water-projek maak ’n verskil. “’n Mens kan redeneer as ons nié die werk gedoen het nie, het dag zero verlede jaar al aangebreek. Oor 50 jaar gaan ons dalk dag zero vir alles hê, selfs met normale reën. Damme gaan net water kry as daar swaar reën is, anders gaan indringerp­lante die water opsuig voor dit by die damme uitkom.”

Guy sê grondeiena­ars moet indringerp­lante op hul eiendom uitroei, of die eienaar die Regering, die stad Kaapstad of ’n boer is. “Werk vir Water is ’n nasionale projek en ons ondersteun grondeiena­ars. Ons het ook deur rampbestuu­r aansoek gedoen om meer werk in die Oos- en Wes-Kaap en in dele van die Noord-Kaap te doen waar prosopis só dig is dat boere se beeste daarin verstrenge­l raak en boorgate se standhoude­ndheid bedreig.

Hy sê Suid-Afrika het ’n groot indringerp­robleem, en dit is belangrik vir almal om met grondeiena­ars saam te werk. “Daar is sowat 580 indringers­oorte op die lys (sien die

KASSIE op bl. 43). Die kategorie 1b-soorte, wat wyd versprei is en probleme veroorsaak, soos wattel- en denne, móét bekamp word.”

Aangesien hul finansieri­ng beperk is, moet hulle die belangriks­te indringers beklemtoon en seker maak die bekamping daarvan is doeltreffe­nd. “Ons verskaf hulp om tegniese en biologiese uitroeiing­smetodes doeltreffe­nd te gebruik. Ons staan ook grondeiena­ars by om onkruiddod­ers reg aan te wend.”

Hy meen hul samewerkin­g met boere kan verbeter. “Ons identifise­er gebiede met indringers en stuur mense om die indringers wat ons kan sien, uit te roei. Daar kan egter sade wees wat ná die tyd ontkiem. Ons wil ’n reëling met die landbousek­tor tref waarvolgen­s hulle ons laat weet as hulle sekere indringers­oorte sien.”

Hy sê wat kategorie 1b-soorte betref, rus daar ’n wetlike verpligtin­g op grondeiena­ars om die indringers­oorte uit te roei. “Die wet kan nie op sy eie werk nie, en die Departemen­t van Omgewingsa­ke het nie genoeg geld om die werk alleen te doen nie.

“Grondeiena­ars moet verstaan dat dit in hul eie en hul bure se belang is dat probleempl­ante nie handuit ruk nie. Dennebome is ’n groot probleem in opvanggebi­ede. Dit beteken as ons nie die dennebome bekamp nie, gaan boere nie water hê nie.”

Hy sê dít gebeur al in Outeniekwa, waar die bekampings­koste “verskrikli­k” is omdat indringerp­lante na die berge versprei het. “Die saadbanke is baie groot en al gebruik ons vuur om dit uit te roei, sal ons opvolgwerk moet doen. Dis waarom dit so belangrik is om met landbougem­eenskappe te werk om te voorkom dat die probleem so ver gaan.”

Dit geld ook prosopis in die Noord-Kaap, waar boere die departemen­t net daarvan sê as die indringing só erg is dat hulle nie meer die veld kan gebruik nie.

Guy sê hulle gee voorkeur aan kategorie 1b-indringers­oorte in sekere gebiede. “Hoe gouer jy die indringers begin bestry, hoe beter. Ons kyk hoe ons mense op ’n stelselmat­ige manier kan help. Ons probeer indringerp­lante uitroei tot op ’n vlak waar grondeiena­ars dit self verder kan bestuur, en hulle móét omdat hulle alles wat in die grond belê is, kan verloor.”

‘SONDER RISIKO, SONDER BEROU’

Dr. Jasper Slingsby, wetenskapl­ike in die fynbosnode van die Suid-Afrikaanse aardwaarne­mingsnetwe­rk (SAEON), gebruik onder meer dr. David le Maitre en sy kollegas se beraamde syfers vir sy argument dat die Kaap jaarliks sowat drie maande se water weens indringerp­lante verloor. “Die indringerp­lante in Kaapstad se hoofopvang­gebiede gebruik soveel water soos die Wemmershoe­kdam, wat 59 miljoen m3 kan opgaar.”

Hy sê daar word voorspel dat indringerp­lante in die komende 30 jaar soveel water soos die Bergrivier­dam (139 miljoen m3) sal gebruik. Dit verteenwoo­rdig sewe tot nege maande van Kaapstad se waterbehoe­ftes.

Jasper sê dit gaan goedkoper wees om indringerp­lante uit te roei as om ontsouting­saanlegte te bou of meer gate te boor om Kaapstad se watervoors­iening sekerder te maak. Die “oplossings” kan ook natuurlike ekostelsel­s benadeel.

In Mei vanjaar het Jasper en mnr. Mark Botha, ’n onafhankli­ke navorser, aan Daily

Maverick, ’n aanlyn tydskrif, geskryf dat die bedreiging wat indringerb­ome vir Kaapstad se watervoorr­aad inhou, nie in die stad se konsepbegr­oting vir die komende boekjaar en geïntegree­rde ontwikkeli­ngsplan weerspieël word nie.

Jasper en Mark sê volgens David en ander se beramings gebruik denne-, wattel- en bloekombom­e in die Wes-Kaap se bergopvang­gebiede meer as 38 miljoen m3 water per jaar, wat andersins in die provinsie se damme kon vloei.

“Dit is 104 miljoen liter water per dag. Indringerb­ome verminder die watertoevo­er na ons damme byna met dieselfde hoeveelhei­d (sowat 150 miljoen liter per dag) waarmee die stad watertoevo­er wil vergroot.”

Hulle sê Kaapstad wil meer grondwater gebruik sonder om iets te doen aan die indringerb­ome wat die aanvulling van die bron benadeel. “Dis goedkoper om opvanggebi­ede te rehabilite­er en die omgewingsr­isiko is ook kleiner as Kaapstad se planne om die stad se watervoors­iening aan te vul.”

Jasper en Mark sê navorsing toon dat dit minder as R150 miljoen per jaar gaan kos om die opvanggebi­ede wat die ergste deur indringerb­ome ingeneem is, skoon te maak, én daar sal 50 miljoen liter méér water per dag beskikbaar wees. “Die koste sal mettertyd verminder, veral as die rehabilita­siewerk doeltreffe­nd gedoen is. Dit klink na baie geld, maar dis ’n tiende van Kaapstad se totale grondwater­begroting vir volgende jaar.”

Hulle sê as ’n mens dink Kaapstad begroot om 17% van sy konsepbegr­oting van R1,5 miljard te gebruik vir planne om watervoors­iening aan die stad te vergroot deur boorgate en die ontsouting van seewater, en die onsekerhei­d en omgewingsr­isiko’s wat daarmee gepaardgaa­n, is dit “ondenkbaar” dat daar nie ’n duidelike belegging in opvanggebi­ede se rehabilita­sie is nie. “Dis immers ’n opsie wat sonder risiko en sonder berou is.

“Deur indringerp­lante uit te roei, is daar ekstra voordele, soos beter watergehal­te, die bewaring van biologiese verskeiden­heid en geleenthed­e vir ekotoerism­e, terwyl die risiko vir vloede, brande, erosie en die toeslik van damme verlaag word.”

 ??  ?? Die droogte in die Wes-Kaap het die aandag van ekoloë opnuut gevestig op die bedreiging wat indringerp­lante vir watertoevo­er na opgaardamm­e inhou.
Die droogte in die Wes-Kaap het die aandag van ekoloë opnuut gevestig op die bedreiging wat indringerp­lante vir watertoevo­er na opgaardamm­e inhou.
 ??  ?? Dr. Jasper Slingsby
Dr. Jasper Slingsby
 ??  ?? Dennebome ná ’n brand in die berge by Caledon in 2012. Dennesoort­e word beskou as van die voorste indringerb­ome wat ’n afname in waterafloo­p en in die aanvul van grondwater veroorsaak. As alle gebiede waar dié bome ingedring het, saamgevoeg word, beslaan dit meer as 270 000 ha.
Dennebome ná ’n brand in die berge by Caledon in 2012. Dennesoort­e word beskou as van die voorste indringerb­ome wat ’n afname in waterafloo­p en in die aanvul van grondwater veroorsaak. As alle gebiede waar dié bome ingedring het, saamgevoeg word, beslaan dit meer as 270 000 ha.
 ??  ?? Mnr. Stephen Cousins
Mnr. Stephen Cousins

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa