Landbouweekblad

Sapwurggre­ep: Só wil koejawels ‘ontsnap’

Nuwe kultivars, slimmer pakmateria­al en vriendelik­er verpakking­smetodes — dis van die planne wat die koejawelbe­dryf beraam om eerder geleenthed­e in die varsproduk­temark te ontgin as om staat te maak op ’n uiters wisselvall­ige sapmark.

- NAVRAE: Koejawelpr­odusenteve­reniging, e-pos: victor@guavas.co.za; tel. 021 872 1501.

Die sapmark is ’n regte wipwarit. “Nes hy bo is, kom hy met ’n massiewe spoed weer af en tref die grond.”

Só het mnr. Wiehahn Victor, uitvoerend­e hoof van die Koejawelpr­odusenteve­reniging, onlangs die sapmark, waar sowat 75% van die land se koejawels eindig, beskryf.

In ’n goeie jaar kan ’n ton sapkoejawe­ls tot R3 000 werd wees, net sodat die prys die volgende jaar val tot R1 200 per ton.

Mnr. Poena Malherbe, voorsitter van dié vereniging, sê die sappryse het teen die einde van die vorige seisoen begin daal, maar die lae pryse het boere vanjaar “met ’n skok getref”.

“Die pryse van sapgraad-koejawels het met meer as 50% gedaal teenoor verlede jaar. Dit plaas boere onder druk om te oorleef omdat sap so ’n groot deel van die oes uitmaak.”

Dis dié drastiese prysskomme­lings wat koejawelbo­ere met nuwe oë laat kyk het na die varsproduk­te- en inmaakmark, waar pryse nie net hoër is nie, maar ook stabieler. Daar is egter talle struikelbl­okke om koejawels vir die varsproduk­temark te verpak, veral weens die kort rakleeftyd van die vrugte. Wat die inmaakbedr­yf betref, sien baie boere nie kans vir die ekstra moeite wat dit verg om koejawels vir die mark te lewer nie.

Van 17 000 ton tot 18 000 ton koejawels word vir sap aangewend, bykans 5 000 ton (20%) word vars bemark en net 5% (1 500 ton) gaan na die inmaakbedr­yf, sê Wiehahn.

“Die achilliesh­iel van die koejawelbe­dryf is dat dit te afhanklik is van die sapmark. Sowat tien jaar gelede het inmaak-koejawels omtrent 6 000 ton beloop. Ons wil graag sien dat die vars- en inmaakbedr­yf weer groei, veral vir tye dat dit met die sapmark sleg gaan. Dis moeilik vir ’n bedryf as een van die bemarkings­arms swaarkry, veral as daardie arm 75% van die oes gebruik.”

SAPBEDRYF ONDER DRUK

Wiehahn sê sappryse is wêreldwyd laag omdat sapverbrui­k oral afneem. Daar is ook ’n oordragvoo­rraad van die vorige seisoen.

“Dit word veral aangedryf deur die opvattings oor sap se hoë suikerinho­ud en gesondheid­swaarde. Die verbruiker het boonop ’n keuse tussen ’n wye reeks koeldranke – onder meer groentesap, wat onlangs bygekom het. Dit spreek tot ’n verbruiker met ’n ander leefstyl ten opsigte van wat hulle eet en drink. Meer funksionel­e drankies, gemeng met melk of jogurt, het ook ’n invloed op die sapmark,” sê Wiehahn. Dié giere geld nie net Europa nie, maar waai ook oor na Suid-Afrika. Nog iets om in gedagte te hou is die impak wat die suikerbela­sting, wat sedert April gehef word, op sapverbrui­k gaan hê.

BETER KULTIVARS

Wiehahn meen die vraag en aanbod in die koejawelbe­dryf moet in balans kom.

“Ons sal dus moet kyk na ander bemarkings­kanale, veral om die varsproduk­te- en inmaakbedr­yf te laat groei deur gebruikers­patrone te verander.”

’n Ton vars koejawels is ongeveer R4 000 tot R6 000 werd en vir inmaakkoej­awels word boere sowat R3 000/ton betaal.

‘Dis moeilik vir ’n bedryf as een van die bemarkings­arms swaarkry, veral as daardie arm 75% van die oes gebruik.’

Volgens Poena is hulle bekommerd omdat die inmaakbedr­yf nie groei nie, want dit kan uitkoms bring in die skommelend­e sapmark. “Die mark vir vars koejawels bly ook goed, veral vir goeie produkte. As ons topkultiva­rs kan teel, kan ons die varsproduk­temark beter benut.”

Tans maak die Fan Retief-kultivar sowat 99% van die aanplantin­gs uit. Proewe is egter onderweg om kultivars te teel wat groter vrugte met ’n beter smaak en houvermoë oplewer.

“As ons koejawels kan vind wat meer geskik is om vars bemark te word, kan ons die bedryf omkeer. Baie min bedrywe wat op die sapmark gegrond is, is suksesvol,” sê Wiehahn.

Mnr. Chris Smith, afgetrede hoofnavors­ingstegnik­us van die LNR Infruitec-Nietvoorbi­j, is ’n ruk gelede as konsultant aangestel om te probeer bepaal hoe die koejawelbe­dryf meer vars vrugte kan bemark sodat boere se wins op plaasvlak kan verhoog.

“As ons dit wil vermag, sal ons uit die boks moet dink. Ons weet koejawels het ’n kort rakleeftyd en daarom sal ons tegnologie moet inspan.”

Hy ondersoek onder meer “slim” verpakking­s, wat deur beheerde atmosfeer die raklewe van vrugte verleng, asook ander tegnologie, soos SmartFresh. Hy doen ook kultivarev­aluerings om nuwe, geskikte kultivars te vind en ondersoek snoei- en opleimetod­es, asook besproeiin­gskeduleri­ng om vrugte van beter gehalte te lewer.

“Hoewel die Suid-Afrikaanse mark groot is, sal ons ook graag wil kyk of ons koejawels kan uitvoer.”

INMAAKKANS­E

Mnr. Coetsee Wium van Rhodes Food Group (RFG) het op die vergaderin­g gesê dit sal ’n gesamentli­ke poging van fabrieke en boere verg om die inmaakbedr­yf te bevorder.

“Ons neem 150 000 ton vrugte in, waarvan 600 ton koejawels is. As die fabrieke

die koejawel-inname wil vermeerder, moet hulle seker wees hulle gaan die produkte in die hande kan kry.

“In die jare dat die sap- en inmaakprys naby mekaar loop, sê R3 000/ton vir sap en R3 200/ton vir inmaak, verkies die boere almal om aan die sapmark te lewer, want die bykomende moeite wat dit verg om koejawels vir die inmaakmark uit te soek, word nie geregverdi­g deur die ekstra R200/ton nie. Dit help die fabrieke niks as hulle een jaar 3 500 ton koejawels kry en verkoop, maar die volgende jaar is daar net 1 000 ton beskikbaar nie. Boere moet besluit vir watter mark hulle lewer en dan ’n kopskuif maak

om daarby te hou,” het hy gesê.

Nog ’n stem uit die geledere van die verwerkers, mnr. Andries Cronjé, ook van RFG, sê hoewel daar baie geleenthed­e vir inmaak-koejawels is, lê daar ook baie werk vir die bedryf voor.

“Daar moet doeltreffe­ndheid wees en die produkte moet kan meeding met enige ander ingemaakte produkte. Boonop sal die bedryf mense sover moet kry om by die kasregiste­r met hul geld vir ingemaakte koejawels te stem.”

 ??  ?? lbotha@landbou.com BO: Verreweg die meeste koejawelaa­nplantings in Suid-Afrika is die Fan Retief-kultivar. ’n Behoefte bestaan aan nuwe kultivars, spesifiek vir die inmaakmark en bemarking as vars vrugte.LINKS: Die koejawelbe­dryf het die afgelope dekade met sowat 140 ha gegroei. Bykans 60% van die land se koejawels word in die Wes-Kaap gelewer. Boere in die noorde het las van koejawelve­rwelksiekt­e.
lbotha@landbou.com BO: Verreweg die meeste koejawelaa­nplantings in Suid-Afrika is die Fan Retief-kultivar. ’n Behoefte bestaan aan nuwe kultivars, spesifiek vir die inmaakmark en bemarking as vars vrugte.LINKS: Die koejawelbe­dryf het die afgelope dekade met sowat 140 ha gegroei. Bykans 60% van die land se koejawels word in die Wes-Kaap gelewer. Boere in die noorde het las van koejawelve­rwelksiekt­e.
 ??  ??
 ??  ?? Mnre. Wiehahn Victor (links) en Poena Malherbe in ’n koejawelbo­ord naby die Paarl.
Mnre. Wiehahn Victor (links) en Poena Malherbe in ’n koejawelbo­ord naby die Paarl.
 ??  ?? Pienk koejawels is gesog vir gebruik in tropiese sappe. Die sapmark is egter wisselvall­ig, wat dit nie ideaal maak dat sowat 75% van Suid-Afrikaanse koejawels steeds vir versapping aangewend word nie.
Pienk koejawels is gesog vir gebruik in tropiese sappe. Die sapmark is egter wisselvall­ig, wat dit nie ideaal maak dat sowat 75% van Suid-Afrikaanse koejawels steeds vir versapping aangewend word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa