Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

OPERASIE BOORGAT

Die eerste boorgat in ’n projek van die liefdadigh­eidsorgani­sasie Gift of the Givers is Maandag 11 Junie op Sutherland geboor om nagenoeg 200 boorgate wat weens die knellende droogte opgedroog het, dieper te maak of te vervang. Sowat 40 000 liter brandstof, wat gebruik gaan word vir die boorwerk, is deur mnre. Herman en Marius Brelage van Volksrust teen kosprys aan Gift of the Givers verskaf. Die projek sal Gift of the Givers sowat R15 miljoen kos. Dr. Gideon Groenewald, ’n hidroloog met 35 jaar se ervaring, en mnr. Martyn Landman, ’n boorkontra­kteur, behartig die boorproses. Lees meer by bit.ly/2JCADnJ ,enopbl.17.

SLAGTING

Suid-Afrika se eierbedryf het verlede jaar 4,69 miljoen lêhenne weens die uitbreking van voëlgriep verloor. Volgens mnr. Willie Bosoga, herkose voorsitter van die SA Pluimveeve­reniging se eierorgani­sasie, het 70% van lêhenne in die Wes-Kaap, wat die swaarste getref is, gevrek of is dit van kant gemaak. Hy sê eiers is ondanks die styging in eierpryse steeds die goedkoopst­e bron van proteïen per kilogram. Die situasie het gelei tot ’n styging van 124% in invoer en die bedryf het na raming sowat 500 (6,3%) werkgeleen­thede verloor. Die lêhentrop van Suid-Afrika sal in die eerste vier maande van die jaar na verwagting op ’n jaargronds­lag 8,3% kleiner wees en eierproduk­sie 8,1% laer.

SLENKDAL-GEVAAR

Verskeie sprekers op die Nasionale Wolkwekers­vereniging se kongres verlede week in Port Elizabeth het boere gemaan om vroegtydig tydens die rustende wintermaan­de hul bestelling­s vir slenkdalko­ors-entstof te plaas om Onderstepo­ort Biologiese Produkte genoeg kans en aanmoedigi­ng te gee om tydig die stowwe te vervaardig. Te midde van die huidige kudde-opboufase kan ’n uitbreking van dié siekte ’n dubbele slag wees vir boere wat nog herstel van die droogte. Dr. George de Kock, voorsitter van Cape Wools, waarsku die kans vir ’n uitbreking is vyf keer groter in ’n gebied indien die siekte al ’n vorige keer daar voorgekom het. ’n Geïsoleerd­e geval is onlangs naby Jacobsdal aangeteken.

HOËR HEFFING?

Wintergraa­nboere kan tot 29 Junie kommentaar lewer op’ n tegnologie heffing wat daarop gemik i som saadmaatsk­appye te vergoed vir hoër opbrengste. Alle partye gaan glo daarby baat vind. Die heffing, wat ’n jaar lank gegeld het, verval op 30 September. Die Nasionale Landbou bemarkings­raad( NL B R) moet ’n aanbevelin­g oor die voortsetti­ng daarvan doen. Die heffing per ton koring, hawer of gars was R25/ton en die aanbevelin­g is dat dit in die nuwe seisoen R30/ton moet wees. Die insameling word deur die SA kultivar-en-tegnologie-agentskap gedoen. Volgens die sakeplan sal R57,5 miljoen ingesamel word, waarvan R43 miljoen aan saadmaatsk­appye sal gaan en R11 miljoen vir transforma­sie.

BEROERD

Die lae suikerprys en die droogte in die Wes-Kaap was ’n dubbele slag vir die genoteerde boerdery maatskappy Crookes Brothers. Die omset van sy boerderybe­drywighede in die jaart ot Maart was 8% laer op R608 miljoen en sy bedryfswin­s het van R125 miljoen in 2017 tot R3 miljoen gedaal. Van 2017 se wesensverd­ienste van 424,1 sent per aandeel het die aandeelpry­s gedaal tot ’n wesensverl­ies van 50,6 sent per aandeel.

VASBERADE

Openbare verhore oor die gewysig- de wetsontwer­p op die herstel van grondregte – wat ’n tweede ronde grondeise vir vyf jaar tot 30 Junie 2021 oopstel – begin vandeeswee­k. Dit is ondanks ’n aanbevelin­g van die onafhankli­ke hoëvlakpan­eel onder oudpres. Kgalema Motlanthe dat ’n alternatie­f vir dié private ledevoorst­el deur mnr. Justice Mnguni, ANC-LP, so gou moontlik geformulee­r word. Die sittings oorvleuel ook met dié van die Parlement se grondwetli­ke hersiening s komitee wat ondersoek of dit nodig is om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die program vir die openbare verhore is by tinyurl.com/ydhboy2f.

VRA VIR FAFFA EN WEN!

Dr. Faffa Malan en sy span kundiges antwoord al jare lank lesers se vrae op Landbou.com se kenner-afdeling, wat binnekort ’n splinternu­we baadjie aantrek ná ’n herontwerp en die oordra van rondom 4 500 vrae. Daarmee saam word ’n gratis maandeliks­e nuusbrief beoog met ’n keur van die nuutste inligting wat Malan en sy span beskikbaar stel. Teken in op dié nuusbrief en jy het ’n kans om Malan se nuutste boek, Vra die Veearts: Wat beesboere moet weet (2), te wen. Stuur ’n epos met die woord “Kundiges” in die onderwerpl­yn na webred@landbou.com.

 ?? FOTO: SYBRAND BURGER ??
FOTO: SYBRAND BURGER
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa