Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- ULRICH MÜLLER

Ek woon in die distrik Hartbeespo­ortdam. Hiasinte is ’n epidemie en in groot maat beskikbaar. Ek het 25 speenkalwe­rs. In watter mate kan ek hiasinte as voer gebruik? Ek wil dit uitdroog en maal. Ek woon self langs die Hartbeespo­ortdam en sien daagliks, met groot teleurstel­ling, hoe die dam deur die hiasinte oorgeneem word. Dit sou wonderlik wees as ’n veevoer van goeie gehalte uit die hiasinte vervaardig kon word, maar ongelukkig is dit nie die geval nie.

Ek het gaan oplees en kortliks die volgende gevind: ■Die droë materiaal inhoud van vars hiasinte i slaag (<10%). Gevolglik moet groot hoeveelhed­e gevoer word vir’ n klein droë materiaal inname. Andersins moet die vars hiasinte gedroog word, wat te duur sal wees. ■ Hiasinte is onsmaaklik en dit onderdruk die inname van droëmateri­aal verder. ■ Hiasinte bevat baie proteïen. Blare bevat 2030% proteïen en die totale plant van 10% tot 20% op’ n droë materiaal grondslag. ■ Die samestelli­ng van hiasinte wissel aansienlik ten opsigte van minerale inhoud. Dit word grotendeel­s beïnvloed deur die gehalte van die water waarop dit groei. ■ Hiasinte bevat dikwels metale, soos lood, en kan ander skadelike middels bevat waarmee die water besoedel is. Dit kan toksies wees. ■ Hiasinte se verteerbaa­rheid is betreklik laag, tussen 47% en 55%. ■ Hiasinte is onsmaaklik, maar ’n redelike inname word verkry waar hiasinte met sowat 20% melassestr­oop gemeng is. ■ Hiasinte kan gebruik word om kuilvoer van ’n redelike gehalte te maak deur die hiasinte in te kuil met strooi, melasse en ureum. ■ Daar is gevalle waar vars hiasinte aan beeste gevoer is met ’n aanvulling. My voorstel is dat jy met die hiasinte eksperimen­teer. Voer dit teen 6 kg tot 10 kg per bees per dag (dus ongeveer 600 g tot 1 000 g droog) plus weiding en/of hooi plus ’n produksiel­ek.

Daar is projekte aan die gang om die hiasinte te verwyder. Die oogmerk is om kompos en brikette daarvan te vervaardig. Mnr. Ulrich Müller is tegniese bestuurder by Voermol,

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Hiasinte kan nie as ’n gehaltevoe­r vir beeste gevoer word nie, maar dit kan doeltreffe­nd wees as ander weiding, hooi of ’n produksiel­ek bygevoeg word.
FOTO: VERSKAF Hiasinte kan nie as ’n gehaltevoe­r vir beeste gevoer word nie, maar dit kan doeltreffe­nd wees as ander weiding, hooi of ’n produksiel­ek bygevoeg word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa