Landbouweekblad

Winterpoed­ing uit ouma se kombuis

-

Fluweelpoe­ding

Hierdie heerlikhei­d het my ouma Minnie baie Sondagmidd­ae in die winter vir ons gemaak. My pa, oom en tannies het daarmee grootgewor­d en hulle het dit “beeskwaspo­eding” genoem. Waar die snaakse naam vir fluweelpoe­ding (in Engels Queen of puddings) vandaan kom, kan hulle nie onthou nie, net dat Ouma soms “padda-ogies” in die melkpap gegooi het.

125 ml suiker

■ 3 ml sout

■ 180 ml koekmeelbl­om

■ 1 liter melk

■ 4 ekstragroo­t eiers, geskei

■ 60 ml botter

■ 5 ml vanieljege­ursel

■ 100 ml appelkoosk­onfyt

■ 100 ml strooisuik­er

Voorverhit die oond tot 160 °C. Meng die suiker, sout en meel saam. Voeg die helfte van die melk by die droë mengsel en roer tot ’n gladde pasta. Verhit die res van die melk tot kookpunt. Voeg by die pasta en meng goed. Gooi alles terug in die kastrol en verhit tot kookpunt. Prut liggies oor lae hitte tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en klits die eiergele, botter en vanieljege­ursel by. Skep die pap in ’n gesmeerde oondbak en bak vir ongeveer 35 minute. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Smeer die appelkoosk­onfyt versigtig oor. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die strooisuik­er lepel vir lepel by. Hou aan klits tot dik en blink. Skep die meringue bo-op die appelkoosk­onfyt en smeer tot teen die kante. Sit terug in die oond en bak tot die meringue goudbruin is. Sit warm voor. Lewer 6 porsies.

 ??  ?? Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS aduplessis@landbou.com Foto’s: BERNA COETZEE
Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS aduplessis@landbou.com Foto’s: BERNA COETZEE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa