Landbouweekblad

Veilingsve­rslae

- — JOHAN NORVAL

Die Dexter lok al hoe meer belangstel­ling van kommersiël­e telers wat dié ras in groter getalle koop. Dit is in teenstelli­ng met die neiging van kleinboere wat beperkte getalle in klein kampies om dorpe aanhou.

Mnr. Ockie Barnard, voormalige voorsitter van die Dexter-beestelers­genootskap van Suid-Afrika, sê dit is veral die vraag uit die kommersiël­e bedryf wat die prys van Dexters in ’n beperkte aanbod laat styg.

Die genootskap ondervind dieselfde neiging as ander grootveera­sse dat die vraag na vroulike diere die aanbod oorskry.

Op die afgelope Overvaalkl­ubveiling by die Willem Pretorius-museum het vroulike diere meer as R30 000 stuk behaal. Die prys van bulle beloop van R30 000 tot R40 000 stuk.

Volgens Barnard is die ras se rekordprys vir ’n bul R100 000, wat in September 2016 op die produksiev­eiling van mnr. Hendrik Strydom van Petrusburg behaal is toe Amadeus Fred aan dr. Jak Strydom van Aliwal-Noord verkoop is.

Goeie pryse is ook verlede jaar vir ander stoetdiere betaal, soos ’n bul wat teen R38 000 by die Willem Pretorius-museum verhandel is.

Die Dexters het weer vanjaar aan die Royal-skou by Pietermari­tzburg deelgeneem. Volgens Barnard is die ras se huidige groeipunte steeds in dié provinsie en in Limpopo.

Navrae oor dié ras kan aan lede van die genootskap op die webwef www.dextersa.co.za gerig word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa