Landbouweekblad

Aanvraag lei tot gehaltepro­dukte

Rooi Ivoor wil volhoubare voerproduk­te van topgehalte aan boere lewer. Met nog planne om uit te brei pak dié maatskappy Limpopo nou by die horings.

- NAVRAE: Webwerf: www. rooiivoor.co.za; e-pos: produkte@ rooiivoor.co.za; sel 082 928 3405.

Rooi Ivoor Produkte se wild- en veekorrels is geskik vir alle herkouers. Dit kan aan wild (gras- en blaarvrete­rs), beeste, bokke en skape gevoer word teen ’n minimale daaglikse inname van 1% van die dier se liggaamsge­wig. Dié maatskappy het ontstaan na aanleiding van die voedingsbe­hoefte wat die Rooi Ivoor Boerdery in die wildbedryf ondervind het.

“Ons wou ons eie voerkorrel­s maak omdat ons reeds die nodige grondstoww­e op die plaas verbou,” sê mnr. Willem van der Merwe, eienaar van Rooi Ivoor.

“Me. Colleen Engelbrech­t, ’n voedingkun­dige, het ons gehelp met die samestelli­ng. Ons het eers net vir onsself voerkorrel­s gemaak, maar mettertyd het die aanvraag ons genoodsaak om ons produkte te registreer, en die verkorrel l i ng s aanlegte vergroot en uit te brei. Ons produkte is sedert Augustus 2013 kommersiee­l aan die publiek beskikbaar.”

Rooi Ivoor is uniek in die bedryf omdat die maatskappy sy eie lusern, mielies en ruvoer, wat driekwart van die produk uitmaak, verbou. Lusern is die hoofbestan­ddeel van die wild- en veekorrels. Dit word verryk met proteïene, vitamiene, minerale en die nodige vesel. Die korrel is 10 mm in deursnee en ’n veilige produk vir alle diere.

Die maatskappy kan ook, met die nodige goedkeurin­g van kundiges, ’n korrel formuleer wat parasiete bekamp.

NUWE PRODUK

“Ons gaan binnekort ’n nuwe produk vir wild- en veeboere bekend stel. Dit is die nuwe hoëdrukper­s-multibaal wat die tradisione­le klein baal vervang. Die pers lewer hoëdigthei­dsbale wat weer uit kleiner bale bestaan.”

Die hoëdrukper­s-multibaal is 1,8 m x 80 cm x 70 cm groot en weeg sowat 240 kg. Die baal is onderverde­el in ses kleiner bale van 40 kg elk. Dié soort bale verminder arbeid, dit benodig minder opbergruim­te, dit verminder vermorsing en is makliker om te kontroleer.

“Die boer hoef net drie toue, wat die ses kleiner bale vasbind, af te sny. Die ses bale van 40 kg elk wat afsonderli­k gebind is, is kleiner en makliker om te hanteer,” sê Willem.

UIT DIE PERD SE BEK

Mnr. MJ Human, takbestuur­der van NTK Alldays in Limpopo, is een van die tevrede klante.

“Sedert Rooi Ivoor se wildkorrel­aanleg in die distrik Alldays oopgemaak het, is dit aangenaam om te kan getuig dat VKB Landbou, en veral die Alldays-handelstak, die voorreg gehad het om deurlopend betrokke te wees by die ontwikkeli­ng van dié aanleg,” sê MJ.

“Alle wildboere is bewus van die probleme wat Limpopo se winter kan inhou. Voeding is een van die aspekte wat noodsaakli­k is in wildbestuu­r. Dit is dus lekker om gehaltepro­dukte met gemoedsrus te kan bemark en aan ons klante te bied. Rooi Ivoor se produkte bied beslis waarde.”

TOEKOMSPLA­NNE

Willem sê Rooi Ivoor het die afgelope vyf jaar sterk gegroei danksy gehaltepro­dukte.

“Deesdae lewer ons produkte aan verskeie vee- en wildboere in Limpopo. Ons wil graag die maatskappy uitbrei en nuwe produkte by ons bestaande reeks voeg, wat ons markaandee­l kan laat groei. Wees op die uitkyk daarvoor!”

 ?? FOTO’S: ROOI IVOOR ?? Rooi Ivoor Produkte, ’n ondernemin­g wat deur die Rooi Ivoor Boerdery bestuur word, se nuwe hoëdrukper­s lewer hoëdigthei­dsbale van 1,8 m, wat uit kleiner bale bestaan en makliker is om te hanteer.
FOTO’S: ROOI IVOOR Rooi Ivoor Produkte, ’n ondernemin­g wat deur die Rooi Ivoor Boerdery bestuur word, se nuwe hoëdrukper­s lewer hoëdigthei­dsbale van 1,8 m, wat uit kleiner bale bestaan en makliker is om te hanteer.
 ??  ?? Rooi Ivoor het aanvanklik net vir eie gebruik voerkorrel­s gemaak, maar danksy ’n groot aanvraag is die produk geregistre­er en algemeen beskikbaar gestel.
Rooi Ivoor het aanvanklik net vir eie gebruik voerkorrel­s gemaak, maar danksy ’n groot aanvraag is die produk geregistre­er en algemeen beskikbaar gestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa