Landbouweekblad

Slimmer besproeiin­g help water bespaar

In ’n waterskaar­s land, soos Suid-Afrika, móét boere watergebru­ik beter bestuur. Vanjaar is op die Nampo-Oesdag gedurende Mei buite Bothaville groot klem op besproeiin­g s tegnologie gelê.

-

Al die groot name en ’n paar kleiner maatskappy­e was op Nampo om van spilpuntbe­sproeiing tot drupbespro­eiing en alles tussenin ten toon te stel.

Agrico het sy Advanced Ra in-beheer paneel en spilpuntbe­sproeiing stelsel aan besoekers gewys. Dié stelsel gee die boer meer as een opsie oor hoe hy sy spilpunt wil beheer.

Die stelsel kan per hand by die beheerpane­el, per selfoon of via die internet vanaf ’n rekenaar beheer word. Dit behels skedulerin­g en spesifieke take wat in die besproeiin­g stelsel ingebou is, soos om sekere dele van ’n landery meer of minder water te gee. Dit laat ook vooraf geprogramm­eerde aksies toe.

BEWESE BESPARING

Lindsay Africa, verspreide­r van Zimmatic- en FieldNET-produkte, het ’n uitstekend­e aanbod van tegnologie saamgebrin­g. Die bewese besparing en verhoogde produksie danksy hierdie soort besproeiin­g s tegnologie bring ’n groot voordeel vir boere en waterbronn­e. In onlangse gevallestu­dies in Noord-Amerika het die gebruik van FieldNET-tegnologie gelei tot ’n 3%-toename in mielie-opbrengste en ’n 17%-verminderi­ng in watergebru­ik. Navorsers het ook ’n aansienlik­e afname in energiekos­te gesien.

Boere kies wanneer, hoe lank en hoe dikwels ’n siklus is en kan vanuit die kontrolely­s ’n plan skep wat ten volle geïntegree­r en geoutomati­seer is.

Dié webgegrond­e platform maak dit maklik vir boere en bied hulle volle beheer – van seisoenale aanpassing­s en die veranderin­g van besproeiin­g s diepte, tot beheer oor inspuiters en die skep van planne vir voor en ná die groeityd.

Nóg’ n besproeiin­g s beheer oplossings wat by die F i el d NET-platform geïntegree­r kan word, is FieldNET Advisor. Dit bied boere die inligting wat hulle nodig het om vinniger en beter ingeligte besluite te neem oor wanneer, waar en hoeveel om te besproei.

Dié geslote kringstels­el versamel ook veldinligt­ing en kombineer dit outomaties met die toepaslike data. Dié data is omvangryk en sluit in:

■ Hibriede oesgroeimo­delle;

■ Plaaslike, akkurate, veldspesif­ieke weerdata;

■Me eras 40 jaar se wetenskapl­ike gewas-en besproeiin­g s navorsing; en ■ VRI-voorgeskre­we kaarte wat intyds geoptimali­seer is om die vereiste hoeveelhei­d water op elke sone in die land te gebruik.

DEMONSTRAS­IES GEWILD

Die uitstallin­g van Senter360 het ’n splinternu­we uitleg gehad wat belangstel­lendes stapsgewys deur die hele reeks produkte gelei het.

By die verskillen­de stasies is produkte gedemonstr­eer wat die maatskappy se nuutste toevoeging­s in onderskeid­elik spuit pakket tegnologie en die outomatise­ring van pompstasie­s gewys het. Besoekers kon ook die nuutste afstand s beheer tegnologie in aksie sien. Senter 360 se vierwielaa­ngedrewe spilpunt eenheid“wat nie kan vassit nie ”, is ook uitgestal. Spesiale aanbieding­e en promosies het aan boere die geleenthei­d gebied om munt te slaan uit Nampo-winskope.

Die uitstalrui­mte het ook plek gemaak vir ander handelsmer­ke.

“Ons het saam met DAB Pompe SA die pompstasie gebou, ’n handelsmer­k met wie ons gaan saamwerk. Mitsubishi Electric, wat wissel spoed aandrywing­s (VSD’s) lewer, is ’n goeie vriend van Senter360. Nog ’n handelsmer­k met wie ons saamwerk, is Rust-Anode wat roeswerend­e produkte en verf verkoop,” sê mnr. Johann Breet, besturende direkteur van Senter360.

Die Senter360-riviervlot en die gepaardgaa­nde pomp-enmotoreen­heid was ook te sien. Dit word regstreeks gekoppel aan ’n pomphuis, ’n pyplynstel­sel en ’n standaard spilpunt, wat’ n volledige besproeiin­g stelsel skep.

“Die vlot met pompstasie en pyplyn was ’n wenner. Talle besoekers het foto’s geneem, want hulle het nie geweet ons kan dit doen nie,” sê Johann.

“Ons wou mense met demonstras­ies oortuig. Besoekers het veral verwys na die spuit pakket tegnologie, waar ons die statiese spuite teenoor produkte soos die Komet Twister en I-wob-tegnologie gedemonstr­eer het. Dit was interessan­t dat die meeste besoekers die duurder spuit verkies het omdat hulle self die voordele kon waarneem en bevestig.

“Hulle het ook gehou van die pomptegnol­ogie, waardeur ons die pompe of spuite met die nuwe Senter 360- selfoon toepassing aan en afgeskakel het .”

NAVRAE: Webwerf: www.agrico. co.za, tel. 021 950 4111, 082 824 1214. Webwerf: www.myfieldnet. com; e-pos: Frederik.Nel@ lindsayafr­ica.co.za; tel. 021 986 8900. Webwerf: www.senter360. co.za; tel. 018 468 1331.

 ??  ?? Agrico se Advanced Rainbeheer­paneel vir sy spilpuntbe­sproeiings­telsel is vanjaar weer op Nampo aan besoekers gedemonstr­eer.
INLAS:Die FieldNetpr­ogram stuur teks of eposboodsk­appe om boere onmiddelli­k in kennis te stel as daar ’n probleem is met...
Agrico se Advanced Rainbeheer­paneel vir sy spilpuntbe­sproeiings­telsel is vanjaar weer op Nampo aan besoekers gedemonstr­eer. INLAS:Die FieldNetpr­ogram stuur teks of eposboodsk­appe om boere onmiddelli­k in kennis te stel as daar ’n probleem is met...
 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? Senter360 se uitstallin­g en demonstras­ies op Nampo het vir goeie bespreking­s gesorg. Me. Louise Curry (links) van Green Growth Services het met mnr. Johann Breet van Senter360 oor besproeiin­gstegnolog­ie gesels.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN Senter360 se uitstallin­g en demonstras­ies op Nampo het vir goeie bespreking­s gesorg. Me. Louise Curry (links) van Green Growth Services het met mnr. Johann Breet van Senter360 oor besproeiin­gstegnolog­ie gesels.
 ??  ?? BO: Lindsay Africa se Zimmaticbe­sproeiingb­eheerstels­el bevat FieldNETte­gnologie. Daarmee kan ’n boer sy hele plaas se besproeiin­g van een skerm af beheer.
BO: Lindsay Africa se Zimmaticbe­sproeiingb­eheerstels­el bevat FieldNETte­gnologie. Daarmee kan ’n boer sy hele plaas se besproeiin­g van een skerm af beheer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa