Landbouweekblad

Doeltreffe­ndheid pomp geld terug in boerdery

Die koste van besproeiin­g is ’n kwessie wat boere benoud maak. Landbouwee­kblad het die afgelope jaar of wat baie geskryf oor tegnologie wat oplossings bied. Hier is enkele voorbeelde van pomptegnol­ogie wat doeltreffe­nd én kostebespa­rend is.

- NAVRAE: All Power: e-pos: info@allpower.co.za; tel. 041 451 3936. SAW Africa: e-pos: hannes@ sawafrica.co.za, sel 083 264 1272.

Doeltreffe­ndheid is geld werd en boere soek oplossings wat betroubare, bekostigba­re opsies bied. Op boeredae en skoue, soos die NampoOesda­g naby Bothaville en die Kragdag buite Pretoria, is tegnologie vir doeltreffe­nder besproeiin­g s oplossings’ n groot trekpleist­er. Waterpompe lê aan die hart van talle oplossings.

“Krag beloop 20% tot 30% van die regstreeks­e produksiek­oste van ’n graanboer wat besproei,” sê mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB.

Dit is ook sowat 30% van die koste van ’n vrugteboer wat moet besproei, hoewel ’n deel van die kragrekeni­ng ook aan verpakking en verkoeling toegeskryf kan word.

Verskeie vernuwende aanbieding­e is die afgelope paar jaar ontwikkel. Dit bied boere meer opsies wat doeltreffe­ndheid betref.

WOLKE KEER NIE SONKRAG

All Power is ’n leier op die gebied van sonkragwat­erpompe en die eerste Suid-Afrikaanse maatskappy wat self son krag waterpompe ontwerpe n vervaardig het. Die maatskappy voer deesdae ook son krag waterpompe uit.

Hernubare energie is meer as net ’n gonswoord en word wêreldwyd aangemoedi­g. Met pompe wat krag vreet en Eskom se tariewe wat aanhou styg, is die nasionale kragvoorsi­ener se wisselvall­ige dienslewer­ing van die onlangse verlede twee groot faktore wat boere aanspoor om in sonkragpom­pe te belê.

Sonpanele is egter berug vir gebrekkige doeltreffe­ndheid. Veral stelsels met ouer tegnologie vereis ’n groot aantal panele en regstreeks­e sonlig om ’n waterpomp doeltreffe­nd aan te dryf. All Power gee die versekerin­g dat watervoors­iening nie deur weerstoest­ande belemmer sal word nie. Selfs as die wolke saampak of daar lae bestraling s vlakke is, werk die pomp stelsels goed danksy All Power se WaterMax-formule.

Mnr. Terry Moss, besturende direkteur van All Power en voormalige Suid-Afrikaanse kampioenre­njaer, sê die maatskappy verskaf’ n volledige reeks son kragwaterp­ompe–vange lyk stroom tot driefase-wisselstro­om – om besproeiin­g stelsels en spilpunte aan te dryf.

Dié sonkragste­lsels se grootste voordeel is dat die jongste ontwerpe ook goed werk in bewolkte toestande. Die sproeiers, spilpunte, kanonspuit­e en “permaset” sal dus nie stilstaan bloot omdat dit ’n betrokke dag is nie.

Die geheim is die WaterMax-formule waarvolgen­s die pompstelse­ls ontwerp is. Dit verseker uitstekend­e werkverrig­ting teen lae bestraling s vlakke, dus soggens vroeg, smiddae laat en op bewolkte dae. Die outomaties­e driefase-WaterMax-MPPT(maximum power point tracking) omsetters maksimalis­eer vloei teen alle bestraling s vlakke en gebruik frekwensie­beheer om presisievl­oei te verseker.

“Sonder batterye, kraglyne, maandeliks­e beskikbaar­heid skoste en voortduren­de stygings in die prys van Eskomkrag kan boere hul somme nou beter maak omdat die meeste van ons klante binne vyf jaar hul kapitaalko­ste uit die besparings kan verhaal.”

MOBIELE SONKRAGPOM­P

Doeltreffe­nder sonpanele vir waterpompe is nie die enigste vernuftige planne waarmee verskaffer­s vorendag kom nie.

Die maatskappy SAW Africa bied ’n sonkragopw­ekker op wiele. Mnr. Hannes van Niekerk van Kimberley, eienaar van SAW Africa, het ’n nuttige mobiele sonkragopw­ekker gebou met die doel om water op enige plek met sonkrag te pomp (sien FOTO ).

Die wa met sy 18 sonpanele kan 4,9 kW opwek. Hannes het ’n 4 kW-motor op die wa geïnstalle­er wat ’n pomp met ’n 160 mm-stuwer aandryf. Die pomp kan water van ’n diepte van 4 m optrek en 24 m³ per uur teen ’n druk van 300 kPa lewer.

Die mobiele eenheid het ook ’n omsetter wat die direkte stroom wat deur die sonpanele gelewer word, in driefase-wisselstro­om (400 V) omskakel.

Die omsetter verstel die motorspoed outomaties om by die sonpanele se lewering en die drukbehoef­te van die pompstelse­l aan te pas. Dit kan ook verstel word om die pomp aan normale driefasekr­ag te koppel.

Die installasi­e kan aangepas word om kragte lewer vir ander toestelle wat drie fase-wissel- stroom motors gebruik, soos spilpunte, hamermeule n sen waaiers. Die toestel het’ n maksimum krag opwekkings vermoë om’ n motor van tot 3,7 kW aan te dryf.

’n Mens kan die sonpanele op die wa platslaan as jy dit wil verskuif. Die sonpanele, motor en pomp weeg saam ongeveer 1 200 kg, is 6 m lank en 2,4 m breed wanneer die sonpanele opgeslaan is en 4,8 m breed as dit oopgeslaan is.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Sonkragopl­ossings vir waterpompe maak besproeiin­g nou aansienlik makliker. Onafhankli­kheid van die nasionale kragnetwer­k en selfs mobiele sonkragopw­erkkers en pompe is nou vir boere beskore. Hier is SAW Africa se sonkragopw­ekker op wiele wat water op...
FOTO: VERSKAF Sonkragopl­ossings vir waterpompe maak besproeiin­g nou aansienlik makliker. Onafhankli­kheid van die nasionale kragnetwer­k en selfs mobiele sonkragopw­erkkers en pompe is nou vir boere beskore. Hier is SAW Africa se sonkragopw­ekker op wiele wat water op...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa