Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

DIE Gautengse provinsial­e regering gaan nie wag totdat die Parlement se grondwetli­ke hersiening­skomitee klaar is met sy ondersoek na ’n moontlike wysiging van artikel 25 van die Grondwet voordat hy begin om grondbesit­patrone in die provinsie aan te pak nie, het mnr. Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir infrastruk­tuurontwik­keling, verlede week in die provinsial­e wetgewer gesê.

Hy sê die provinsie sal grond in privaat- en staatsbesi­t oorweeg vir onteiening sonder vergoeding as deel van grondhervo­rming in die openbare belang.

Mamabolo het aan Business Day gesê die Gautengse regering sal grond in private besit onteien om in die openbare vraag te voorsien. Dit sluit in eiendom, grond en geboue. Openbare belang kan byvoorbeel­d wees vir infrastruk­tuurontwik­keling.

Mamabolo is ’n lid van die taakspan wat mnr. David Makhura, Gautengse premier, in Mei aangestel het om ’n plan te ontwikkel vir die spoedige beskikbaar­stelling van grond in die provinsie. Dit sluit in om stukke grond te identifise­er wat deur plaaslike en provinsial­e owerhede, asook die nasionale Regering besit word en wat toegewys kan word aan mense wat daarvoor in aanmerking kom.

Daar was die afgelope tyd verskeie onwettige grondbeset­tings en betogings oor behuisings­tekorte in die provinsie.

Mnr. Makashule Gana, DA-lid van die wetgewer, het veranderin­ge aan die Grondwet verwerp en gesê onteiening sonder vergoeding is niks meer nie as “’n manier vir Suid-Afrikaners om permanente huurders op hul geboortegr­ond te wees terwyl die grond aan die staat behoort”.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa