Landbouweekblad

WATERBRONN­E, VOERBANK ONDERSOEK

-

Twee sake van nasionale belang — die nasionalis­ering van waterbronn­e en die daarstelli­ng van ’n voerbank vir veeboere — is onlangs op twee afsonderli­ke boerebyeen­komste bespreek.

Op die 16de jaarlikse kongres van die Suidwestel­ike Distrikte se landbou-unie op Riversdal het mnr. W.G. Schaap in sy voorsitter­srede gesê voorsienin­g sal gemaak moet word vir waterbewar­ing. Dit is van die grootste belang vir die uitbreidin­g van die landbou en nywerhede.

Die kongres het besluit dat hy “die departemen­t van besproeiin­g ondersteun in enige skema wat sal sorg dat elke druppel water aangewend sal word tot nut van die land” en hy vra die departemen­t “om in sy streekbepl­anning ten eerste te sorg vir genoeg watervoorr­ade vir die reeds gevestigde gebiede”.

Op die sitting van die voerbankko­mitee in Bloemfonte­in is aangekondi­g dat ’n finale plan vir ’n voerbank vir die land voor die einde van die jaar opgestel en aan die landbou-unies en die Nasionale Wolkwekers­vereniging voorgelê sal word.

Mnr. S.J. de Swardt, hoof van die departemen­t van landbou se afdeling ekonomie en markte en voorsitter van die komitee, het gesê die voerbank sal van so ’n aard wees dat dit in die verskillen­de behoeftes van veeboere sal voorsien. (LBW ,9en30 Junie 1948)

 ?? FOTO: DS. Z.B. LOOTS, STELLENBOS­CH ?? Swaar reën ná ’n uitmergele­nde droogte het onlangs groot verspoelin­gs in Suidwes-Afrika (Namibië) veroorsaak. Treinspore, paaie en brûe het weggespoel. Op die foto is ’n deel van die beskadigde spoorlyn by Mariental. Die hoofpad tussen Mariental en...
FOTO: DS. Z.B. LOOTS, STELLENBOS­CH Swaar reën ná ’n uitmergele­nde droogte het onlangs groot verspoelin­gs in Suidwes-Afrika (Namibië) veroorsaak. Treinspore, paaie en brûe het weggespoel. Op die foto is ’n deel van die beskadigde spoorlyn by Mariental. Die hoofpad tussen Mariental en...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa