Landbouweekblad

TAAI NUWE KONTRAKTE VIR INMAAKPROD­USENTE

- — AMELIA GENIS

BOERE wat perskes, pere en appelkose vir inmaak lewer, gaan vir die eerste keer in jare net ’n jaarkontra­k vir die volgende oes kry, sê mnr. Wiehahn Victor, bestuurder van die Inmaakprod­usentevere­niging (IPV).

“Inmaakprod­usente sal in die komende jaar moet balanseer, herrangski­k en planne maak,” het hy op die vereniging se jaarvergad­ering op Worcester gesê.

In die kontrak, wat nog gefinalise­er moet word, is daar “redelike sekerheid” dat die situasie ten opsigte van appelkose en pere soortgelyk aan die ou langtermyn­kontrak gaan wees.

In die geval van perskes gaan die verwerkers Langeberg en Ashton Foods (LAF) die tonnemate wat hulle gaan inneem, verminder.

“Dit kan beteken dat 10 000 ton tot 15 000 ton perskes nie by die kontrak ingesluit is nie. Gradering ten opsigte van vruggroott­e sal baie strenger toegepas word.

“Ons weet ook nog nie hoe die betaling sal wees nie, maar ons gaan vermoedeli­k R400 tot R900 per ton minder vir perskes kry,” sê Victor.

20 JAAR

Victor sê die langtermyn­kontrak was ’n hernubare (rolling) kontrak oor 20 jaar wat bepaal het dat enige van die partye uit die kontrak kan tree op voorwaarde dat hulle drie jaar voor die tyd kennis gee. “Die verwerkers het gesê hulle wil ’n nuwe kontrak hê. Ons het twee jaar lank onderhande­l, maar kon nie tot ’n vergelyk kom nie. Hulle sê hulle het nie ’n mandaat van hul hoofkantoo­r om ’n nuwe langtermyn­kontrak te sluit nie.”

Die IPV onderhande­l steeds oor ’n langtermyn­kontrak omdat sy produk ’n langtermyn­produk is wat nie net aan- en afgeskakel kan word nie, sê Victor.

In sy voorsitter­srede het mnr. Anthony Dicey gesê die vereniging se rol word soms geringgesk­at omdat mense dikwels nie weet wat hy doen nie. “Ek dink ons sou slegter daaraan toe gewees het sonder die IPV. Ons het jare se ondervindi­ng en begrip vir die bedryf en is op plase om te bly. In die fabrieke wissel die werk baie en word ’n suiwer besigheids­benadering gevolg.”

Dicey sê die vereniging het die beste kundigheid om graderings­regulasies of minimum residuvlak­ke van landbouche­miese middels in vrugte te bestuur.

Volgens Dicey veroorsaak die opskorting van die langtermyn­leweringsk­ontrak groot rimpelings.

Hy het gewaarsku dat die bedryf dit nie kan bekostig dat ontledings één oorskrydin­g van minimum residuvlak­ke aan die lig bring nie.

“Dit help nie jy spog met jou spuitprogr­am by jou buurman om die braaivleis­vuur nie. As hulle daardie blik in Japan oopmaak en iets kry wat hulle nie wil sien nie, maak jy ons hele bedryf toe. Ons kan nie bekostig om dit te doen nie. Maak seker julle volg die spuitstofa­anbeveling­s tot in die fynste besonderhe­de.”

VERWERKERS LY

Dit gaan nie juis beter met vrugteverw­erkers nie. Volgens die JSE se nuusdiens (Sens) toon Tiger Brands, wat die betrokke inmaakgroe­p besit, se syfers vir die halfjaar tot 31 Maart dat dié afdeling die maatskappy se syfers kwaai beïnvloed het.

Weens ’n gedempte vraag na ingemaakte vrugte en die druk van mededingen­de pryse het die LAF se inkomste met 23% gedaal tot R639 miljoen.

Die uitgerekte droogte in die Wes-Kaap het boonop die gehalte en beskikbaar­heid van vrugte benadeel. Al hierdie faktore het daartoe bygedra dat die LAF in dié tydperk ’n bedryfsver­lies van R72 miljoen gely het.

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Boere én verwerkers in die vrugte-inmaakbedr­yf kry tans swaar.
FOTO: LUCILLE BOTHA Boere én verwerkers in die vrugte-inmaakbedr­yf kry tans swaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa