Landbouweekblad

SAL DIÉ BERAAD TOT OPTREDE LEI?

- — CARIEN KRUGER

AS die landelike beveiligin­gstra-tegie sy eie begroting kan kry, kan dit baie help om veiligheid te bevorder.

Mnr. Kobus Breytenbac­h, voorsitter van Agri SA se sentrum vir uitnemendh­eid oor landelike veiligheid, sê ’n voorstel vir so ’n begroting wat op sy eie gehou word, is op die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se twee dae lange beraad oor plaasmoord­e en -aanvalle, asook veediefsta­l, in Pretoria gemaak.

“Voldoende finansieri­ng en toerusting kan ’n veiliger landelike omgewing daarstel,” het Breytenbac­h ná die beraad aan Landbouwee­kblad gesê.

Die beraad het verteenwoo­rdigers van verskeie belangegro­epe bymekaarge­bring, onder meer landbou-organisasi­es en die polisie, om oor moontlike oplossings te praat. Breytenbac­h sê die gees op die beraad was opbouend, nie polities nie.

“Met die afsluiting is duidelike riglyne met sperdatums gegee. Dit het bevestig dat daar nie net gepraat is nie, maar dat daadwerkli­ke optrede verwag kan word wat later tot inwerkings­telling en toepassing kan lei.”

HOFSAKE SLOER

Een van die kwessies wat volgens Breytenbac­h beslis aandag moet geniet, is dat hofsake sloer.

“Dit ontmoedig mense om sake aan te meld, aangesien dit soms jare duur voor ’n saak afgehandel is. Die klaer moet dikwels terugkeer omdat sake oor onbenullig­hede uitgestel word.”

Mnr. Willie Clack, kriminoloo­g en voorsitter van die nasionale veediefsta­lvoorkomin­gsforum, het ook die hou van die beraad as ’n geleenthei­d vir dialoog en die soeke na oplossings verwelkom.

“Ons sal egter eers weet of die uitkoms gunstig is indien ’n voorleggin­g aan die Parlement gemaak en aksiestapp­e duidelik gestel word.”

Clack sê daar word nog nie na die werklike oorsake van die pro- bleem gesoek nie.

“Die oplossings wat op die tafel kom, is daarop gemik om misdaadget­alle te laat daal, en nie om aandag aan die werklike probleme te gee nie.

“Wanneer wette gewysig word wat ’n invloed het op die maatskapli­ke omgewing, soos die Esta-wet, die onteiening van grond met of sonder vergoeding of arbeidswet­gewing, word dit nie vóór of ná inwerkings­telling ondersoek nie.

“Verstedeli­king, die ontvolking van die platteland en die feit dat sake-ondernemin­gs op die platteland nie aan Suid-Afrikaners in die breë konteks behoort nie, word nie in aanmerking geneem nie. So ook nie die invloed van sekulêre en nie-sekulêre organisasi­es, wat uiters belangrik vir harmonie in landelike gebiede is, nie,” sê Clack.

WAAR IS DIE DG’S?

Hy is bekommerd dat mnr. Mike Mlengana van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye (wat enkele dae later vir ’n tweede keer geskors is – sien die berig op bl. 14) die enigste direkteur-generaal teenwoordi­g was. Sy eweknieë in die polisie, die Nasionale Vervolging­sgesag en die Departemen­t van Arbeid, wie se mandaat dit is om die besluite van die beraad uit te voer, was afwesig.

Hy vind dit ook ontstellen­d dat nie mnre. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, of Sfiso Buthelezi, adjunkmini­ster, daar was nie.

Mlengana het met die opening van die beraad gesê plaasmoord­e is nie op wit mense gerig nie. Wanneer die lied “Kill the boer, kill the farmer” gesing word, beskou hy dit as ’n lied wat ook op hóm as boer gerig is.

Hy het met ’n gehoorlid se opmerking saamgestem dat mense se “grondloosh­eid” ’n onderligge­nde oorsaak van misdaad in landelike gemeenskap­pe is.

Hy het sy versekerin­g gegee dat die Regering se bedoeling met die debat oor onteiening sonder vergoeding nie is om enigeen se grond te vat nie, veral nie produktiew­e grond nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa