Landbouweekblad

ONGELUKKIG­HEID OOR VERGOEDING DUUR VOORT

-

Pluimveebo­ere wat verlede jaar deur die H5N8-voëlgriepv­irus getref is, is ontevrede oor die manier waarop die staat die vergoeding vir hul verliese hanteer.

Mnr. Gary Arnold, besturende direkteur vir landbou by Astral Foods, sê die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye vergoed boere slegs vir die “voorkomend­e van kant maak” van hoenders. Dit beteken vergoeding word nie betaal vir siek hoenders of selfs om hoenders watinkonta­kwasmetsie­k hoenders, van kant te maak nie.

Die departemen­t het slegs R40 miljoen vir vergoeding beskikbaar, terwyl die bedryf se totale verliese na raming sowat R1,87 miljard beloop.

Slegs een of twee produsente het tot dusver die vergoeding­sbedrag aanvaar wat die departemen­t aan hulle aangebied het, terwyl die res dit bevraagtek­en, sê Arnold. Hy het uit die gehoor by die AVI Africa-pluimveeko­nferensie vrae aan dr. Mpho Maja, die departemen­t se direkteur vir dieregeson­dheid en een van die sprekers, gestel.

Syhetgesêd­ievankant maak van hoenders op die betrokke plase is nie die staat se verantwoor­delikheid nie en dat boere nie markverwan­te vergoeding moet verwag nie.

Arnold wou van Maja weet waarom die rol van die staat in Suid-Afrika verskil van dié in Europa en Amerika. “As ons na staatsagen­tskappe oorsee kyk, speel hulle ’n aktiewe rol in die van kant maak, opruim en vergoeding aan produsente vir verliese. Ons sien dit nie hier nie. Dit plaas ons in ’n swak posisie.”

Hy het gesê terwyl inenting nie in Suid-Afrika toegelaat word nie, is vergoeding baie belangrik vir produsente, maar die bedryf word nie billik vergoed nie.

— CARIEN KRUGER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa