Landbouweekblad

Gewysigde kodes moedig sake-ontwikkeli­ng aan

- — CARIEN KRUGER

’N VOORGESTEL­DE wysiging aan die generiese of algemene swartbemag­tigingskod­e vir die ontwikkeli­ng van ondernemin­gs en verskaffer­s kan landboukoö­perasies aanmoedig om waarborge aan opkomende ondernemin­gs te bied.

Die wysiging is op 15 Junie saam met verskeie ander in die Staatskoer­ant afgekondig, met 60 dae tyd vir kommentaar.

Mnr. Melcus Nel (regs), kenner van swart ekonomiese bemagtigin­g (SEB) en direkteur van die Signagroep, sê tans kan ’n ondernemin­g 3% van die waarde van ’n waarborg gebruik om punte vir die ontwikkeli­ng van ondernemin­gs en verskaffer­s te verdien.

Die voorstel is dat dit tot 50% verhoog moet word, wat volgens Nel ’n groot aansporing vir ondernemin­gs, soos koöperasie­s, kan wees.

BELONING

Daar word verder voorgestel dat ondernemin­gs met SEB-punte beloon word indien hulle nie net hul eie verskaffer­s ontwikkel nie, maar op ’n voortgeset­te manier ook ander ondernemin­gs.

“Tans kan ’n ondernemin­g wat slegs verskaffer­s ontwikkel, die maksimum punte verdien, maar volgens die gewysigde voorstelle moet hy ook ander ondernemin­gs, huidige verskaffer­s uitgesluit, ontwikkel.

“Sodoende kan nuwe ondernemin­gs gevestig word wat dalk moontlike verskaffer­s kan word,” sê Nel.

Verder word voorgestel dat ondernemin­gs met ’n jaarlikse omset van meer as R50 miljoen ook in aanmerking kom vir on- dernemings­ontwikkeli­ng, mits hulle 51% swart aandeelhou­ding het. ’n Ander voorgestel­de wysiging wat die proses van SEB-voldoening vir ondernemin­gs kan vereenvoud­ig, is dat punte vir verkryging by kwytgeskel­de mikro-ondernemin­gs (met ’n jaarlikse omset van minder as R10 miljoen) en by klein ondernemin­gs wat aan die kodes moet voldoen (’n jaarlikse omset van R10 miljoen tot R50 miljoen) nie meer afsonderli­k toegeken word nie, maar tesame. Nel sê dit beteken ’n ondernemin­g hoef nie na ondernemin­gs in albei kategorieë te gaan soek sodat hy in albei kategorieë die nodige punte kan verdien nie.

AANKOPE TEL MEER

Nog ’n belangrike voorstel is dat aankope by verskaffer­s wat 51% in swart besit is of 51% in swart vrouebesit, twee keer soveel punte sal tel.

Oor vaardighei­dsontwikke­ling word voorgestel dat ’n ondernemin­g net punte sal verdien as die vaardighed­e deur sy eie bedryf se Seta as “skaars en noodsaakli­k” beskou word, en nie meer deur enige Seta nie. In die landbou se geval is dit die AgriSeta. Opleiding deur ander Setas tel dus nie.

Verder word voorgestel dat maatskappy­e eerder beloon word as hulle jong mense deur langtermyn­kontrakte in diens neem pleks van om punte te verdien vir die opeenvolge­nde opleiding van leerlinge. Die “absorpsiep­unte” kan dus slegs verdien word as ’n heeltydse werk verskaf word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa