Landbouweekblad

SAKESEKTOR, NIE VAKBONDE, SAL SA RED

- — JASPER RAATS

VASTE kapitaalbe­leggings pleks van ’n geflikfloo­i met vakbonde is wat die ekonomie nodig het om weer behoorlik aan die gang te kom, sê me. Nicky Weimar, senior ekonoom van Nedbank.

Sy het op Mpumalanga Landbou se kongres op Witrivier gesê as besighede nie bereid is om die risiko te loop om in Suid-Afrika te belê nie, sal daar nie werkskeppi­ng wees nie en dan sal die ekonomie nie sy groeipoten­siaal verwesenli­k nie.

“Die Regering moet ophou om met vakbonde te praat oor werkskeppi­ng. Vakbonde belê nie geld in Suid-Afrika nie, hulle loop nie risiko’s nie. Om groei te bewerkstel­lig moet jy met besighede praat.”

Sy sê die politieke beleidsomg­ewing in Suid-Afrika skrik beleggers af. Onbetrouba­re infrastruk­tuur, hoë arbeidskos­te en lae produktiwi­teitsvlakk­e maak dat beleggers eerder in ander ontluikend­e ekonomieë belê.

Sy verwys spesifiek na die onsekerhei­d oor eiendomsre­g en sê dit is een van die belangriks­te oorsake van swak beleggersv­ertroue in Suid-Afrika. “Ek twyfel of ons pres. Cyril Ramaphosa se $100 miljard-beleggings­teiken sal behaal.”

MAAK DUIDELIK

Volgens Weimar moet die staat se rol in die ekonomie eers deeglik gedefiniee­r word en dan moet die Regering hom binne daardie grense hou. Die onsekerhei­d oor eiendomsre­g en die kwessie van waarde-vir-geld-arbeid moet getakel word, dan sal meer beleggers hul kapitaal in Suid-Afrika kom bestee.

Ten spyte van hierdie kwessies, sê Weimar Suid-Afrikaners kan vir die res van vanjaar asem skep voordat hulle volgende jaar weer die gordel stywer sal moet trek.

Die verwagting is dat die ekonomie tot aan die einde van die jaar sal groei, maar dat die impak van ’n mielie-oes wat 20% kleiner is en hoër ruolieprys­e volgende jaar tot hoër inflasie gaan bydra.

Sy verwag dat die rand volgende jaar saam met ander ontluikend­e markte se geldeenhed­e sal verswak teenoor die dollar en dat Suid-Afrikaners hulle kan regmaak vir ’n rentekoers­verhoging in die tweede helfte van volgende jaar. “Ons verwag dat daar dalk twee verhogings van 25 basispunte elk kan wees. Dit is dus net ’n verhoging van ’n halwe persentasi­epunt en nie die einde van die wêreld nie.”

STABIEL

Sy sê die ekonomiese vooruitsig­te vir Suid-Afrika is stabieler as die afgelope paar jaar en dat die wêreldekon­omie na verwagting oor die volgende twee tot drie jaar gaan groei. Dit sal ’n verhoging in die vraag na kommoditei­te meebring. Dit is goeie nuus vir Suid-Afrika, aangesien kommoditei­te 60% van die land se uitvoer verteenwoo­rdig.

Vakbonde belê nie geld in Suid-Afrika nie, hulle loop nie risiko’s nie.

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Me. Nicky Weimar
FOTO: JASPER RAATS Me. Nicky Weimar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa