Landbouweekblad

ONTEIENING | Dié grond moet kosproduks­ie en -sekerheid bevorder

-

Die Regering is vasbelote om die onteiening van grond sonder vergoeding op só ’n wyse toe te pas dat dit voedselpro­duksie en -sekerheid sal bevorder en nie benadeel nie, het mnr. Sfiso Buthelezi, Adjunkmins­ter van Landbou, Bosbou en Visserye, op ’n konferensi­e van die Rooivleis-abattoirve­reniging (RVAV) op die Spier-landgoed buite Stellenbos­ch gesê.

Hoewel dit ’n hoogs emosionele kwessie is, moet dit voortgaan, en daar kan nie foute gemaak word nie. Die ongelykhei­d van die apartheids­verlede moet ongedaan gemaak word. Ongelykhei­d, en die groeiende aard daarvan, is ook deur die graderings­organisasi­es aangedui as ’n probleem wat in Suid-Afrika voortbesta­an.

Hy sê dit is belangrik om kennis te neem dat die RVAV nou saamwerk met die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye op verskeie gebiede, waaronder die nasionale dieregeson­dheidsforu­m, die onafhankli­ke raadgewend­e forum vir vleisinspe­ksie, die koördineri­ngskomitee vir die sorg van lewende hawe en die bedryfsfor­um vir lewende hawe en dierevoedi­ng.

Die departemen­t is tans besig om wildsvleis­regulasies te finaliseer in ooreenstem­ming met rooivleisr­egulasies, het hy gesê. Om ’n vleisuitvo­ermark te open en te onderhou, moet die staat en die bedryf nou saamwerk in die nakoming van die maatreëls en die vereistes waarop ooreengeko­m is.

“Ongerymdhe­de kan lei tot die sluiting van so ’n mark, en ondervindi­ng het geleer dat dit nie maklik is om dit te heropen nie,” het hy gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa