Landbouweekblad

‘GEEN VREEDSAME TOEKOMS VIR SA SONDER GRONDHERVO­RMING’

- FREDALETTE UYS

SUID-AFRIKA kan nie na ’n vreedsame toekoms uitsien indien die grond nie teruggegee word aan diegene van wie dit tydens kolonialis­me sonder vergoeding afgeneem is nie. Dít was deel van mnr. Mike Mlengana, direkteur-generaal van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, se boodskap op die tweejaarli­kse kongres van die landbousak­ekamer Agbiz onlangs in Port Elizabeth.

Dit was voor hy verlede week vir ’n tweede keer deur mnr. Senzeni Zokwana, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, geskors is. (Sien bl. 14.)

“Wanneer ons tans daaroor debatteer, is almal ontsteld, maar ons moet onthou mense is van hul grond afgedwing deur spesifiek wette daarvoor te skep.”

Hy sê die regte koers sal vorentoe ingeslaan moet word. “Soos pres. Cyril Rhamaphosa in sy staatsrede genoem het, ons moenie voedselpro­duksie vernietig en die landbou en die ekonomie seermaak nie.”

Hy het verder ’n hand van vriendskap aan afgevaardi­gdes by die kongres uitgereik: “Ek is hier om my hand namens die Regering uit te steek en as amptenaar van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye. Neem asseblief deel aan die proses om die landbousek­tor vorentoe te neem; ons kan dit nie alleen doen nie.

“Die verhouding­s tussen private maatskappy­e en die Regering is noodsaakli­k vir inklusiewe ekonomiese groei en spesifiek voedselsek­erheid. En die private sektor speel ’n belangrike rol om die pad vorentoe gelyk te maak om landboupro­duksie en voedselsek­erheid te verbeter.”

Hy meen die Regering, en spesifiek die Departemen­t van Handel en Nywerheid, het nog nie genoeg met die private sektor saamgewerk om die groei in landbou-ondernemin­gs te verbeter nie.

KLEM OP BESIGHEDE

Mlengana sê meer klem moet op landboubes­ighede in Suid-Afrika geplaas word en nie slegs op die primêre produksie nie, want dít is waar waarde tot landboupro­dukte toegevoeg word.

Hy sê die Regering sal aanhou om in die ontwikkeli­ng van klein ondernemin­gs te belê en moedig groot besighede aan om dieselfde te doen. Verder erken hy dit is belangrik om aan inklusiewe verhouding­s te werk en dat die ervaring en vaardighed­e van wit, kommersiël­e boere erken word.

Volgens dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van Agbiz, is daar tans ernstige probleme in die landbouwaa­rdeketting omdat die verbinteni­s met die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye nie op standaard is nie. Dít is die gevolg van verskeie probleme binne dié departemen­t, asook in die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming.

Mlengana is oop en eerlik oor die probleme wat die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye tans ervaar.

“Die grootste probleme is kennis en om ’n betekenisv­olle impak op die sektor te hê. Daar is verskeie struikelbl­okke wat die landbou verhinder om te groei. Beleidsvla­kke is kommerwekk­end en dit lei tot ’n tekort aan vertroue in landboubes­ighede en ’n tekort aan belangstel­ling om beleggers in die sektor te kry.”

 ?? FOTO: NICO VAN BURICK ?? Mnr. Mike Mlengana
FOTO: NICO VAN BURICK Mnr. Mike Mlengana

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa