Landbouweekblad

‘HELP DIT PRAKTIES UITVOER’

- JASPER RAATS

AGRI SA werk hard om omstandigh­ede en skemas te skep deur middel waarvan boere hul boerderye teen die risiko van onteiening kan beveilig.

Die geslag boere wat vandag in Suid-Afrika boer, moet egter besef die mandaat vir grondhervo­rming gaan nie verdwyn nie, het mnr. Pierre Vercueil, ondervoors­itter van Agri SA, op Mpumalanga Landbou se kongres in Witrivier gewaarsku.

“Die kwessie van ongelyke grondbesit wat verskeie kommissies en komitees van die staat oor honderde jare nie kon regkry nie, is nou op ons pad. Die vind van ’n oplossing vir die probleem is nou genoeg kere uitgestel. Ons moet nou hierdie ding takel.”

Hy waarsku dat aanhoudend­e groei die enigste manier is waarop familieboe­rderye kan oorleef in ’n land soos Suid-Afrika waar daar weinig subsidies vir die landbou is. “Hoewel ons baie van die 80-20-beginsel hoor, is familie-boerderye die ruggraat van die Suid-Afrikaanse landbou. Dit is wat die waardekett­ing stabiel hou en dit laat werk,” sê hy.

Wat grondhervo­rming betref, sê Vercueil dit kan net werk in ’n omgewing van private besitreg.

“In 1814 het die Kaapse goewerneur sir John Cradock weggedoen met die huurpagste­lsel en eiendomsre­g aan boere oorgedra om ekonomiese groei te bewerkstel­lig. Eiendomsre­g is die bakermat van groei en daar is eintlik nie ’n plan B nie.”

Hy sê egter boere moenie dink die Regering sal ekonomiese groei bo grondhervo­rming kies nie. “Die politiek is ’n korttermyn­be-sigheid en die landbou ’n lang-termynbesi­gheid. Ons gaan dus nie wegkom van spanning tussen die Regering aan die bewind en die landbou nie,” sê Vercueil.

BIED GELEENTHEI­D

Grondhervo­rming is ’n werklikhei­d en boere se enigste opsie is om te help verseker dat dit op ’n praktiese manier uitgevoer word. Vercueil sê grondhervo­rming in Suid-Afrika was egter nog nooit bekostigba­ar nie.

“Dit is ook nie nou bekostigba­ar nie. Daar is 20 000 plase op die mark en hulle is nou al teen ’n diskonto te koop, maar die staat kan dit nie bekostig nie.”

Daarom meen hy grondhervo­rming bied ’n geleenthei­d vir boere om hul besighede te laat groei. “Jy het mos nog nooit gehoor van iemand wat gaan boer met ’n 100% markverhou­ding en ’n 100% lening nie. Die waarheid is dat omstandigh­ede geskep moet word waar ons vir nuwe toetreders toegang tot die landbou kan gee.

“Ons gaan dit doen, want ons wil nie onteiening sonder vergoeding van kommersiël­e boere se plase hê nie en ons wil deel van die suksesverh­aal van die vestiging van nuwe boere wees.”

Vercueil sê boere weet dit is nie moontlik om ’n klomp nuwe boere sommer sonder subsidies op die been te kry nie.

“As ons egter sê ons is bereid om ons ondervindi­ng en kennis aan ander mense oor te dra, maak ons ’n begin. Ons kennis dra waarde, op grond waarvan elkeen van ons met ons banke en finansiële instelling­s kan praat oor maniere om hierdie goed gedoen te kry.”

‘Daar is 20 000 plase op die mark en hulle is nou al teen ’n diskonto te koop.’

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Mnr. Pierre Vercueil
FOTO: JASPER RAATS Mnr. Pierre Vercueil

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa