Landbouweekblad

KAAPSE BOERE MOET ÓÓK WAAK TEEN KOMMANDOWU­RM

- — AMELIA GENIS

MOTTE van die skadelike herfskomma­ndowurm is in Mei in lokvalle in die Overberg gekry.

“Die motte wat ons in die lokvalle gekry het, is vir ons ’n vroeë waarskuwin­g dat hulle die WesKaap bereik het. Tot voor Mei was daar niks nie,” sê mnr. Jan Hendrik Venter, bestuurder van vroeë waarskuwin­gstelsels vir plantgeson­dheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

“Volgende jaar gaan deurslagge­wend wees, daarom moet ons die situasie dophou.”

Die motte is in lokvalle naby lusernland­e by Riviersond­erend en in koringland­e op twee plase by Swellendam gekry.

Al sal die wurms vermoedeli­k nie die koue Kaapse winter oorleef nie, moet boere gereeld deur hul lande stap en dadelik die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye in kennis stel as hulle larwes kry wat hulle nie ken nie.

Die larwes is van 1 mm tot 40 mm of 50 mm lank, maar omdat dit nogal kundigheid verg om te bevestig dat dit ’n herfskomma­ndowurmlar­we is, moet boere enige verdagte larwes aanmeld.

Venter sê die herfskomma­ndowurm is ’n migrerende plaag en die motte kan ver vlieg. Daarom gaan monitering en opnames voort, sê Venter. Die departemen­t gaan lokvalle in meer dele van die kleingraan­distrikte uitsit om te bepaal hoe ver die mot deur die provinsie versprei het.

“As die mot ’n geskikte gasheer kry, kan dit eiers lê, maar dis nou koud, en die motte hou nie van temperatur­e van laer as 10 °C nie. Ons vermoed dit is die laaste motte wat gevlieg het, maar ons kan dit nie met sekerheid sê nie.”

Volgens ’n persverkla­ring van die departemen­t is herfskomma­ndowurms ook in Mei naby George opgespoor. Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se feitegids oor die herfskomma­ndowurm kan hier afgelaai word: https://bit.ly/ 2K51FUh

Kontakmnr. JanHendrik­Venterby 012 319 6384 of JanHendrik­V@ daff.gov.za, of die plaaslike kantoor van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou met navrae of aanmelding­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa