Landbouweekblad

GOEIE REËN KON DIE DROOGTE NOG NIE BREEK

- ALANI JANEKE

“DIE droogte in die Wes-Kaap is nog glad nie gebreek nie,” sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou.

Hoewel die watersitua­sie in die provinsie begin verbeter, is nog baie reën nodig om die droogte te breek, luidens sy jongste weerversla­g.

Die reën wat in Mei en Junie vanjaar in die Wes-Kaap geval het, was net betyds vir wintergraa­nboere om binne die optimale planttyd te plant. Damvlakke het ook verbeter, maar die situasie bly steeds kritiek.

Voorlopige reënvalvoo­rspellings lyk belowend in die res van Junie en in Julie, veral in die weste en suidweste van die provinsie.

“Dit lyk of die Suid-Kaap dalk minder reën kan kry in die res van Junie en in Julie,” sê hy.

“Daar is ’n groot mate van onsekerhei­d oor verwagte reënvaltoe­stande in Augustus en September,

deurslagge­wende maande vir wintergraa­nproduksie.”

MOONTLIKE EL NIÑO

Volgens Van den Berg sal die somer van 2018-’19 op ’n baie beter noot begin as die meeste van die afgelope paar jaar in die somerreëng­ebied. Goeie reën in die laatsomer en herfs sal beter grondwater­vlakke tot gevolg hê.

See-oppervlakt­emperature het wegbeweeg van La Niña-toestande en is tans neutraal, maar die moontlikhe­id bestaan dat El Niño-toestande in die lente kan ontwikkel. Van den Berg sê dit is tans te vroeg om waarde te heg aan dié voorspelli­ngs. Daar sal eers teen Augustus of September meer duidelikhe­id daaroor wees.

“As die El Niño-ontwikkeli­ng versterk, kan dit die kans op lentereën verhoog, maar die midsomerre­ëntoestand­e verswak,” sê Van den Berg.

“Die grondwater­toestande vir hierdie tyd van die jaar is baie beter as in die afgelope paar jaar. Dit kan die uitwerking van ’n El Niño versag as dit wel ontwikkel.”

Die moontlike El Niño-verskynsel sal die kans op reën in Namibië in die mid- tot laatsomer van 2018-’19 laat verswak, sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa