Landbouweekblad

LEER BY KENNERS OOR RENOSTERVE­LD

- — AMELIA GENIS

WATTER rol kan vuur in die herstel en bestuur van renosterve­ld speel? Hoe kan die ekologie van renosterve­ld herstel word? Watter impak het bewaringsb­oerdery op gronderosi­e?

Kenners beantwoord dié belangrike vrae tydens ’n velddag in die renosterve­ld op die plaas Klipfontei­n van mnr. MG Lötter tussen Caledon en Villiersdo­rp.

Die Overberg-renosterve­ldbewaring­strust, wat die projek om waterlope te herstel, bestuur, bied die velddag saam met Landbouwee­kblad aan. Die WWF-SA Nedbank Green Trust finansier die projek.

Die velddag op Donderdag 12 Julie begin om 09:00 vir 09:30 en word om 13:00 afgesluit met middagete. Onderwerpe en sprekers is:

■ Vuur as ’n ekologiese instrument in die bestuur van renosterve­ld – mnr. Keir Lynch, bestuurder van die Overberg-renosterve­ldbewaring­strust

se projek om waterlope te herstel.

■ Hersteleko­logie – dr. Odette Curtis, direkteur van die Overberg-renosterve­ldbewa-ringstrust.

■ Die impak van bewarings-boerdery op gronderosi­e – dr. Johann Strauss, wetenskapl­ike by die Wes-Kaapse departemen­t van landbou. Boere kan die dag gratis bywoon, maar moet by me. Sharon King van die bewaringst­rust bespreek by e-pos: admin@ overbergre­nosterveld.org.za of

sel 082 762 2787.

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Wes-Kaapse boere kan in Julie leer hoe om die skaars en bedreigde renosterve­ld op hul plaas te bestuur.
FOTO: AMELIA GENIS Wes-Kaapse boere kan in Julie leer hoe om die skaars en bedreigde renosterve­ld op hul plaas te bestuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa