Landbouweekblad

GOED BESTUURDE RENOSTERVE­LD FNUIK DROOGTE

- — AMELIA GENIS NAVRAE: Mnr. Keir Lynch, e-pos: keir@ overbergre­nosterveld.org.za; webwerf: www. overbergre­nosterveld.org.za

Noudat die Wes-Kaap so droog is, kan renosterve­ld wat goed bestuur word, veeboere help, sê mnr. Keir Lynch van die Overberg Renosterve­ld Bewaringst­rust (ORCT).

“As jy in die goeie jare die stukkies renosterve­ld wat nog in die Wes-Kaap oor is, oordeelkun­dig bestuur, kan dit in die slegte jare goeie weiding verskaf.”

Die landbou in die Wes-Kaap het reeds verliese van miljarde rand gely vanweë die huidige droogte. Volgens Agri Wes-Kaap is bykans ’n kwart van die provinsie se skaapkudde­s en 5% van die ander vee reeds geslag weens ’n tekort aan weiding en voer.

“Daarom moet die beste praktyke vir die bestuur van renosterve­ldfragment­e deel van ’n boerderybe­stuursplan wees,” sê Keir. “Dit sal verseker dat natuurlike landskappe uit ’n

biodiversi­teitsoogpu­nt gesond is en sodoende waardevoll­e weiding voorsien.”

Beheerde brande op die regte tyd en die uitroei van indringerp­lante vorm deel van ’n bestuurspl­an vir renosterve­ld en hou talle voordele in.

As beheerde of ekologiese brande reg gedoen is, kan gewenste renosterve­ldsoorte, soos rooigras (Themeda triandra), blougras (Ehrharta), smaaklike bossies en vygies ná

die brande groei. “Beheerde brande moet om ekologiese redes gebruik word en behoort ’n beoordelin­g van die veld en ’n beheerde brandstrat­egie oor vyf jaar, asook ’n beweidings­plan in te sluit.”

Keir sê as daar te dikwels gebrand word, sal belangrike renosterve­ldsoorte vernietig word. Die ORCT beveel aan dat boere die renosterve­ld elke 10 tot 15 jaar brand na gelang van die toestand van die veld. “Die uiteinde

is om ’n mosaïek van veld van verskillen­de ouderdomme op die plaas te skep. Dit bied skuiling aan diere wat in renosterve­ld leef.”

Die beste tyd om te brand is laatsomer tot vroegherfs. Om in April te brand is in sommige gevalle aanvaarbaa­r, veral as dit baie ou veld is. Keir waarsku dat plantbolle wat net begin het om hul blare uit te stoot, vernietig kan word as dit laat in die herfs gebrand word. Beheerde brande moet nooit in die winter en lente gedoen word nie.

Nadat veld gebrand is, moet dit vir minstens twee jaar gelos word voor dit weer bewei word.

As dit te gou bewei word, sal die hergroei van smaaklike soorte belemmer word. “Veld wat goed bestuur word, bevoordeel smaaklike en gewenste soorte en verseker op die duur weidinggeh­alte.”

Aangesien beheerde brande gewoonlik in die “brandtyd” plaasvind, help die ORCT grondeiena­ars om brandstrok­e te maak om die risiko van ’n veldbrand te verminder.

Keir sê die ORCT is in vennootska­p met die brandbeske­rmingsvere­niging Groter Overberg en die distriksmu­nisipalite­it Overberg om te verseker dat veilige ekologiese brande plaasvind wat ernstig bedreigde ekostelsel­s, wat renosterve­ld insluit, help beskerm.

Die ORCT het onlangs so ’n ekologiese brand onderneem in veld wat die afgelope 30 jaar nie gebrand is nie. Dit is in die Kinko-bewaringsg­ebied by die Breederivi­er. Die gebrande gebied is toegespan om beweiding te keer. Indringerp­lante wat ná die brand groei, sal uitgeroei word.

“Dis deel van die diens wat die ORCT bied, en ons sluit al die komponente in by die geïntegree­rde bestuurspl­anne wat ons opstel vir die boere met wie ons werk,” sê Keir.

 ?? FOTO: OVERBERG RENOSTERVE­LD BEWARINGST­RUST ?? As beheerde brande reg en in die laatsomer tot vroegherfs gedoen word, kan gewenste renosterve­ldspesies, soos rooigras, blougras, smaaklike bossies en vygies, ná die brand groei.
FOTO: OVERBERG RENOSTERVE­LD BEWARINGST­RUST As beheerde brande reg en in die laatsomer tot vroegherfs gedoen word, kan gewenste renosterve­ldspesies, soos rooigras, blougras, smaaklike bossies en vygies, ná die brand groei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa