Landbouweekblad

TAMATIESAA­D KOS AGT KEER MEER AS GOUD

-

’n Israeliese saadmaatsk­appy verkoop spesialite­it-tamatiesaa­d teen sowat agt keer meer as die prys van goud. Hazera se Summer Sun-kultivar is ’n geel kersietama­tie met ’n uitsonderl­ike smaak en kleur.

“Dis ’n unieke en spesiale produk – die heel beste geel kersietama­tie ter wêreld,” sê mnr. Yaron Giras, internasio­nale produkbest­uurder vir tamaties by Hazera.

Om Summer Sun-saad in die hande te kry, moet tamatieboe­re $350 000/kg opdok – teen die huidige wisselkoer­s raak-raak dit aan R4,5 miljoen! ’n Kilogram goud jaag jou deesdae sowat R530 000 uit die sak.

“Ons verkoop nie baie kilogramme van die saad nie, net ’n paar honderd gram hier en daar, maar die boere wat dit koop, weet hulle gaan báie geld daaruit maak,” sê mnr. Zvi Amit, saadkundig­e van Hazera.

Luidens ’n berig op www.haaretz.com sukkel Europese kleinhande­laars glad nie om Summer Sun-tamaties teen sowat R360/kg te verkwansel nie. ’n Enkele saadjie lewer gemiddeld 20 kg tamaties op, wat beteken die saad is (baie meer as) sy gewig in goud werd. Volgens die publikasie verkoop Hazera sowat 2 kg Summer Sun-saad per jaar.

Die tamaties is deur Hazera, deel van die Limagrain-groep, met die samewerkin­g van die Hebreeuse Universite­it se fakulteit landbou ontwikkel. Die tamaties het glo ’n “warm” geel kleur wat die oog vang. Die hoë konsentras­ie suiker maak dit heuningsoe­t. Die kultivar bied weerstand teen Verticilli­um-verwelksie­kte (Vd), Fusarium-verwelksie­kte (ras 1) en tamatiemos­aïekvirus.

Volgens Yaron het boere in Nederland, Frankryk, Spanje, Israel, Marokko, Mexiko en China al van die tamaties verbou.

Summer Sun val onder Hazera se boetiekhan­delsmerk, wat ’n reeks uitsoek-tamaties van verskillen­de groottes en vorms en beter geure en hoë suikervlak­ke insluit. En, ja, glo Yaron, daar is selfs ’n geleenthei­d vir Suid-Afrikaanse tamatieboe­re om hierdie spesiale kultivar te verbou. — LUCILLE BOTHA

 ??  ?? Kosbaarder as goud. Summer Sun-kersietama­ties het ’n aantreklik­e voorkoms en heerlike smaak, maar dit gaan jou sak ruk – die saad kos $350 000/kg.
Kosbaarder as goud. Summer Sun-kersietama­ties het ’n aantreklik­e voorkoms en heerlike smaak, maar dit gaan jou sak ruk – die saad kos $350 000/kg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa