Landbouweekblad

RIGLYNE IS NIE VOORSKRIFT­E NIE

-

’n Riglyn gee bloot ’n aanduiding van die bemesting wat kan werk op ’n bepaalde land, sê dr. Pieter Haumann, uitvoerend­e hoof van die Misstofver­eniging van Suid-Afrika (Fertasa).

“Alle saaiboere in Suid-Afrika weet deesdae wat op hul lande aan die gang is en kan nie maklik mislei word nie. Die boer of die landboukun­dige sal beslis nie blindeling­s die riglyne aanhou toepas as dit nie werk nie, of wanneer toestande wissel nie.”

Pieter sê Fertasa se handleidin­g kan ’n goeie aanduiding gee vir ’n boer wat ’n gewas wil verbou op ’n land ten opsigte waarvan geen vorige inligting oor die bemesting bestaan nie. Die grond moet steeds bekyk en ontleed word, en inligting vanaf aangrensen­de lande, asook enige ander toepaslike inligting oor gewasprodu­ksie in daardie gebied, moet ingewin word.

“Sodra ’n groeityd verby is, kan die boer dan bepaal wat die geslaagdhe­id van die bemestingp­rogram was, en daarvolgen­s aanpassing­s maak.”

’n Droogte of reeks droogtes kan dié proses heeltemal omvergooi, sê Pieter. “Toestande kon sodanig gewees het dat die riglyne in die kol was en vir opvolgende seisoene toegepas kan word. ’n Droogte of ’n reeks droogtes kan die hele proses natuurlik omvergooi. Net so kan buitengewo­on gunstige jare die boer in staat stel om buitengewo­on hoë opbrengste te behaal.

“Studies wys dat gewasprodu­ksie nie net oor kunsmistoe­diening gaan nie. Daar is heelwat ander aspekte wat net so belangrik is, en wat die doeltreffe­ndheid van toegediend­e kunsmis kan versterk en verbeter.”

Pieter sê verskeie van Fertasa se lede het lankal besef dat biokunsmis ’n groot rol te speel het. Daarom het van die maatskappy­e daarin belê.

“Net so belangrik is die besef onder lede dat prosesse in die grond wat grondgeson­dheid verbeter, ook ’n groot rol het om te speel. Die onderwerpe wat op Fertasa se kongresse, slypskole en simposiums aangebied word, bevestig dit.

“Fertasa se lede is bereid om te leer by kenners op ander terreine, en ook om kennis wat oor dekades opgebou is, met alle belanghebb­endes uit te ruil.”

Hy voeg by dat Fertasa se lede geloofwaar­dige en verantwoor­delike instelling­s is wat volhoubare grondvrugb­aarheid en plantvoedi­ng voorstaan.

“Fertasa is in sy sestigste bestaansja­ar. Dit is nie ’n mylpaal wat behaal word deur ’n instelling waarvan lede die verbruiker­s van hul produkte mislei nie. Alle riglyne in die bemestingh­andleiding is ontwikkel deur wetenskapl­ike proewe wat in bepaalde toestande uitgevoer is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa