Landbouweekblad

SEIL-SAFARI Somer, son en saffier op Seil-Safari

Suid-Afrikaanse boere van heinde en ver het Laeveld Agrochem se eerste Landbou Seil-Safari van 9-13 April 2018 op die MSC Sinfonia met groot geesdrif ondersteun.

- NAVRAE: Webwerf: www.laeveld. co.za ;tel. 012 940 4398.

Kaptein, span die seile!

Sowat 1 700 gaste, onder wie plaaslike en internasio­nale spesialist­e op verskeie landbouver­wante vakgebiede, verteenwoo­rdigers van landboumaa­tskappye en -organisasi­es, asook boere en hul gesinne het op 9 April in Durban se hawe aangemeld om na die Portugese Eiland en Pomene in Mosambiek te vaar.

Vermaak en ontspannin­g vir die hele gesin was op die spyskaart. ’n Besoek aan die Portugese Eiland aan die Mosambieks­e kus op dag twee het geleenthei­d gebied vir almal om litte los te maak, die warm Indiese Oseaan te geniet en lekker saam te kuier.

Dié ondervindi­ng het die opgewonden­heid aan ’n besoek aan Pomene op dag drie laat opvlam, maar, soos op vaste grond, het die weer die laaste sê gehad en kon dié uitstappie weens reën en stormagtig­e seetoestan­de nie plaasvind nie. Die klagtes was egter min, want ’n boer kla nie sommer oor water wat val nie.

LEER MEER OP SEE

Vermaak was net een aspek van dié landboukon­ferensie op see. Die inwin van inligting was hoog op die agenda en die praatjies en inligtings­essies wat reg oor die passasiers­kip aangebied is, het groot aftrek gekry.

Die visie was om ’n platform te skep waar boere toegang kon kry tot verskeie kundiges. Boere kon vrae vra en netwerke bou sonder tydsbeperk­ings en ander onderbreki­ngs, sê mnr. Corné Liebenberg, bemarkings­bestuurder by Laeveld Agrochem.

Nuwe tegnologie en ontwikkeli­nge op die gebied van voedselpro­duksie het groot aandag geniet. Plaaslike kundiges was onder meer mnre. Dawie Roodt van die Efficient-groep, wat gesels het oor blokkettin­g (blockchain), en Jacques du Toit van Vox, wat oor die Internet of Things (IoT) gepraat het.

Agri SA het saam met ’n groep belanghebb­endes ’n voorleggin­g oor landelike veiligheid aangebied, terwyl internasio­nale sprekers, soos mnre. Bernold Kemperin van Nederland en Todd L. Cardwell van Amerika, oor die nuutste landbouteg­nologie gepraat het.

Op die laaste dag van die Seil-Safari het talle landbouver­wante maatskappy­e, waaronder

Landbouwee­kblad, uitstallin­gs gehou en ’n paar uur lank was die dekke van die MSC Sinfonia in ’n landbousko­u omskep.

NUWE SKIP

Gesprekke met van die sowat 900 personeell­ede wat gesorg het vir die uitstekend­e kos en diens op die MSC Sinfonia het onthul dat dié reis die laaste vir hierdie passasiers­kip was voordat dit vervang word met ’n groter en beter weergawe genaamd MSC Musica.

Vir hulle het dit ook ’n bietjie soos ’n vakansie gevoel. Die rede? Hierdie groep was die rustigste, netjiesste en besgemanie­rde passasiers tot dusver.

 ?? FOTO’S: LIEZL VERCUEIL ?? Landbouwee­kblad het in April saamgereis op Laeveld Agrochem se eerste Landbou Seil-Safari op die MSC Sinfonia van Durban na Mosambiek, en weer terug. Hier verken die eerste van sowat 1 700 medereisig­ers die skip voordat hulle uit Durban se hawe vertrek...
FOTO’S: LIEZL VERCUEIL Landbouwee­kblad het in April saamgereis op Laeveld Agrochem se eerste Landbou Seil-Safari op die MSC Sinfonia van Durban na Mosambiek, en weer terug. Hier verken die eerste van sowat 1 700 medereisig­ers die skip voordat hulle uit Durban se hawe vertrek...
 ??  ?? Mnr. Bernold Kemperin, direkteur van buitelands­e beleggings by Agro Food & Biobased Industries, was een van die internasio­nale spekers. Hy het oor voedselpro­duksie en landbouteg­nologie in Nederland gepraat.
Mnr. Bernold Kemperin, direkteur van buitelands­e beleggings by Agro Food & Biobased Industries, was een van die internasio­nale spekers. Hy het oor voedselpro­duksie en landbouteg­nologie in Nederland gepraat.
 ??  ?? Mnr. en me. Deon en Anni du Plessis boer naby Barberton in Mpumalanga. Hulle het ’n oomblik geniet om Landbouwee­kblad te lees op Laeveld Agrochem se Landbou Seil-Safari.
Mnr. en me. Deon en Anni du Plessis boer naby Barberton in Mpumalanga. Hulle het ’n oomblik geniet om Landbouwee­kblad te lees op Laeveld Agrochem se Landbou Seil-Safari.
 ??  ?? Mee. Susan Higgs (links) en Debbie Mathessen het saamgevaar as kaartjiewe­nners in
Landbouwee­kblad se leserskomp­etisie.
Mee. Susan Higgs (links) en Debbie Mathessen het saamgevaar as kaartjiewe­nners in Landbouwee­kblad se leserskomp­etisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa