Landbouweekblad

Angus-beesstert met Guinness (foto op bl. 55)

-

Ongeveer 3 kg beesstert Gegeurde meel Olyfolie en botter 1 ui, grofgekap 2 groot wortels, geskil en gekap 2 stingels seldery, gesnipper 2 knoffelhui­sies, geskil en gekap 1–1,5 liter beesvleisa­ftreksel ’n Paar takkies vars tiemie ’n Paar vars lourierbla­re 1 groot blik swartbier, soos Guinness Vars pietersiel­ie en suurlemoen­skil, om af te rond

Voorverhit die oond tot 160 °C. Sny die oortollige vet van die beesstert af en bestuif liggies met gegeurde meel. Verhit ’n bietjie olyfolie en botter saam in ’n oondvaste swaarboomp­ot en braai die vleis in lotte daarin tot bruin. Skep die beesstert uit en braai die ui, wortels, seldery en knoffel in dieselfde pot tot sag (voeg ’n bietjie ekstra olie by indien nodig).

Skep die vleis terug in die pot en voeg die aftreksel, tiemie en lourierbla­re by. Verhit tot kookpunt, bedek en sit die pot in die oond vir ongeveer 2 uur. Haal die beesstert uit, roer een keer deur en voeg die bier by. Sit die pot terug in die oond – hierdie keer sonder ’n deksel – en bak vir nog 2-3 uur of tot die vleis baie sag, donker en klewerig is. (Roer af en toe terwyl die vleis bak om te voorkom dat dit droog of te donker bak bo-op.) Geur na smaak en strooi vars pietersiel­ie en fyngeraspe­rde suurlemoen­skil oor. Sit voor op romerige polenta of kapokaarta­ppel met gestoomde jong groente. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa