Landbouweekblad

WATERBLOMM­ETJIES LIG KOP OP

- — NELIA RICHTER

Ná drie droë jare lyk dit of die skaarste aan waterblomm­etjies gebreek gaan word.

Mnr. Erik de Milander van die plaas Oude Muur naby Clanwillia­m, een van die weinige boere in die Cederbergs­treek wat dié gewas kommersiee­l verbou, sê die seisoen is laat met goeie reën wat eers teen middel Junie geval het.

“Die oestyd sal aansienlik verkort wees as gevolg van die laat winter, maar ons hoop darem om ’n klompie waterblomm­etjies te oes.”

Hy hoop om oor ’n maand tot vyf weke te begin oes. Ander waterblomm­etjiegebie­de rondom die Paarl en Wolseley sal waarskynli­k al vroeër die mark van dié delikatess­e kan voorsien. De Milander kon verlede jaar nie ’n enkele waterblomm­etjie oes nie. Pryse in supermarkt­e en groentewin­kels het verlede jaar van R60 tot R70 per 500 g-verpakking gehaal, in teenstelli­ng met die vorige jaar se R35-R40/500 g. “Ek glo die pryse gaan afkom en stabilisee­r, maar mense kan hulle gereed maak om van R40 tot R50 vir 500 g te betaal.”

Hy sê die taksering van die invloed van die droogte sal eers oor ’n maand gedoen kan word. “Ek hoop nie die skade is te groot nie. Verlede jaar het die kanale en riviere nie water ingehad nie. Hopelik kan ons vanjaar in gehalte en volume vergoed vir die vorige jare.”

Ook by waterblomm­etjieplase by die Paarl en Wolseley het damme verlede jaar leeg gestaan en is water vir ander vertakking­s aangewend. De Milander sê die bedryf sal kan baat vind by studiegroe­pe. “Die vraag is daar, dit is nie ’n probleem om ’n afsetgebie­d te kry nie. ’n Studiegroe­p sal egter kan help dat boere onderling tegnologie uitruil. Dit sal ook ’n eenvormige kwaliteitp­roduk kan verseker.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa