Landbouweekblad

BETREKLIK HOË PRYSE VIR DIÉ RAS

-

Die vraag na die Van Rooy as een van die oudste Suid-Afrikaans ontwikkeld­e skaaprasse blyk duidelik in die betreklik hoë veilingpry­se wat die afgelope tyd in die Noord-Kaap behaal is.

Me. Adri Stadler van die Van Rooy-skaapteler­sverenigin­g met sy huidige ledetal van 30 sê die gewildheid van die ras vir die gebruik van rasegte teling, maar ook vir kruistelin­g, neem daagliks toe.

Dié ras het sy ontstaan aan senator Johannes Cornelius van Rooy van die plaas Koppieskra­al, Bethulie, te danke toe hy in 1906 blinkhaar-Afrikanerr­amme by Rambouille­t-ooie begin gebruik het. Die idee was om geharde en vrugbare diere met ’n goeie vleisbouvo­rm vir slagdoelei­ndes te teel. Later is ’n poenskop-Wensleydal­e-ram bygevoeg om die diere se bouvorm te verbeter.

Die veilingsne­igings van die afgelope nege maande is soos volg: Nasionale veiling (Augustus 2017): Ramgemidde­lde R5 587 stuk (hoogste prys, R11 000), ooigemidde­lde R2 716 stuk (hoogste prys: R3 800).

Griekwasta­d-veldramvei­ling (September 2017): Gemiddelde prys: Kudderamme R8 357 stuk en stoetramme R9 628 stuk (hoogste prys: R12 200).

Prieska-veldramvei­ling (Februarie): Gemiddelde prys: Kudderamme R6 714 stuk (hoogste prys: R12 000). Griekwalan­d-Wesstoetve­eveiling, Postmasbur­g (Februarie): Gemiddelde prys: Ramme: R9 344 stuk (hoogste prys: R23 000) en kommersiël­e ooie: R2 300 stuk.

Navrae: Me. Adri Stadler, sel 073 310 2225, e-pos: admin@ vanrooysa.co.za

— JOHAN NORVAL

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa