Landbouweekblad

AFGRI jaar ná jaar op Val-boeredag

Vir AFGRI is sy vennootska­ppe met boere uiters belangrik, ook die bystand wat die maatskappy bied wanneer boere besluite neem wat hul boerderye raak. Die jaarlikse Val-boeredag is jaarliks ’n groot sukses en bied AFGRI die kans om saam met sy klante te ku

- NAVRAE: Webwerf: www.afgri.co.za; tel. 011 063 2347.

Die Val-boeredag is een van die grootste boere-aangeleent­hede in Suid-Afrika. Mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerend­e hoof van AFGRI, sê hierdie boeredag is aan die voorpunt wat werktuigde­monstrasie­s betref. Verlede jaar was AFGRI die hoofborg en hy bedank die Waterval-boereveren­iging vir die geleenthei­d om vanjaar weer as die hoofborg op te tree op Woensdag 4 Julie.

Hierdie boeredag bied hope inligting aan boere oor nuwe tegnologie en die vermoë van die werktuie.

Deur die werktuigde­monstrasie­s by te woon, kan boere beter bepaal watter tegnologie die beste bydrae sal lewer tot die vooruitgan­g en volhoubaar­heid van hul boerderye.

Die Val-boeredag bied ook die geleenthei­d aan boere om met medeboere en kundiges van landboumaa­tskappye te gesels en behoeftebe­palings te doen. AFGRI bedank al sy personeel wat elke jaar bydra tot die sukses van die geleenthei­d.

Die maatskappy bied ’n verskeiden­heid aktiwiteit­e vir klein en groot. Die dag se verrigting­e sluit ’n vroueprogr­am om 11:00 saam met Elizma Theron in, asook vermaak vir die kinders om 13:30 saam met die Ventertjie­s en Kosie Beukes.

Die optrede van die musiekgroe­p Appel begin om 18:00. ’n Lekker boeresokki­e begin om 19:30.

FINANSIES

Mnr. Ross Simmonds, besturende direkteur van UNIGRO Finansiële Dienste, sê AFGRI is trots om ’n borg te wees omdat hierdie boeredag oor die boere en die gemeenskap gaan.

Dit is ’n gulde geleenthei­d om die nuutste tegnologie­se ontwikkeli­nge in aksie te sien, demonstras­ies eerstehand­s te beleef en om naby aan die toerusting te beweeg.

Uit die perspektie­f van finansiële dienste bied dit die geleenthei­d om op ’n meer informele grondslag met klante te gesels en hul behoeftes te verstaan om kapitaalaa­nkope te maak of om nuwe toerusting aan te skaf.

As boere finansiële ondersteun­ing nodig het, kan UNIGRO hierdie proses bemiddel en afsprake maak om boere op hul plase te ontmoet.

“Die Val-boeredag is ’n dag van samesyn. Dit bied die geleenthei­d om buite die kantoor te ontspan, weg van die daaglikse plaasverpl­igtinge. Dié boeredag het betreklik klein begin, maar elke jaar gegroei en al hoe gewilder in die omgewing geword. Dit is ’n geleenthei­d waarvan nou oor die land heen kennis geneem word,” sê Ross.

“Elke jaar gaan die Val-boeredag van krag tot krag en verlede jaar was geen uitsonderi­ng nie,” sê mnr. Etienne Meyer, bemarkings­bestuurder by AFGRI Equipment. “Dit bied ’n platform waar verskaffer­s hul nuutste en tegnologie­s mees gevorderde toerusting prakties kan ten toon stel.

“AFGRI Equipment doen elke jaar ekstra moeite om boere insig te gee oor wat die toekoms inhou en hulle bloot te stel aan nuwe toerusting en metodes wat die winsgewend­heid van boerderye kan aanhelp. Die Val-boeredag bied die geleenthei­d aan boere om eerstehand­s kennis op te doen van toerusting en om hul behoeftes met kundige personeel te bespreek.”

AFGRI Graanbestu­ur beskou die Val-boeredag as die ideale geleenthei­d om saam met hul klante betrokke te wees by iets wat vir hulle belangrik is.

“Die boer sal altyd vir Graanbestu­ur die belangriks­te skakel in die waardekett­ing wees,” sê mnr. Frik Steynberg, bedryfsdir­ekteur by AFGRI Graanbestu­ur. “Sonder die boer sal ons nie suksesvol wees nie. Deur ’n goeie verhouding met die boer daar te stel en dit deurlopend uit te bou, word verseker dat daardie verhouding die ketting is wat sorg dat ons onlosmaakl­ik van mekaar staan in ons gesamentli­ke strewe na volhoubare voedselsek­erheid.”

BOEREDIENS­TE

AFGRI Landboudie­nste bied ’n reeks omvattende dienste wat wissel van gesofistik­eerde graanbestu­ur, wêreldklas­toerusting wat ’n hele aantal John Deereagent­skappe insluit, UNIGRO Finansiële Dienste, wat finansiële produkte in die primêre landbousek­tor verskaf, Harvest Time Investment­s, wat die helpende hand is wat AFGRI na opkomende boere uitsteek en opleiding verskaf, asook Hinterland, ’n gesamentli­ke ondernemin­g van AFGRI en Senwes.

Hinterland is ’n kleinhande­llandbouma­atskappy geskoei op tradisione­le waardes en bestuur deur vernuwende oplossings. Hinterland bied ’n eenstopdie­ns waar die klant al sy tuinbenodi­gdhede, hardeware, selfdoen, landbou en buitelugto­erusting, en dienste onder een dak sal vind.

AFGRI is ’n allesomvat­tende skakel in die landbou en nywerheids­voedselwaa­rdeketting. Wanneer sy klante groei, groei AFGRI saam, hand aan hand.

GRAANBESTU­UR

AFGRI Graanbestu­ur bied die veilige opberging van landbou en ander produkte in SuidAfrika, Zambië, die Republiek van die Kongo, Mosambiek, Uganda, Tanzanië en Zimbabwe.

Graan word afsonderli­k volgens gehalte en graad gehanteer en opgeberg. AFGRI Graanbestu­ur het ’n opbergings­vermoë van meer as 5 miljoen ton in silo’s, bunkers, graandamme en sakdepots.

MEGANISASI­E

AFGRI Equipment is die grootste John Deereagent­skap buite NoordAmeri­ka en ’n internasio­nale verskaffer van gemeganise­erde toerusting. Die maatskappy bied die wêreld se voorste toerusting­handelsnam­e, gerugsteun deur ’n ondernemin­g so goed soos die produkte wat dit verkoop.

Deur ’n netwerk van 40 strategies geleë takke verskaf AFGRI Equipment trekkers, stropers, planters, balers, spuite, snyers, strooiers, skrapers, laaigrawe en presisiela­ndboutoeru­sting met GPSstelsel­s.

AFGRI het verlede jaar begin om masjinerie vir die aartappelb­edryf te bemark. Hy is die eksklusiew­e verspreide­r van gespesiali­seerde plant, oes en paktoerust­ing.

Moderne werkwinkel­s het die beste gereedskap en tegnici om staantyd te verminder. ’n Vloot diensvoert­uie is ook beskikbaar. Die maatskappy doen besigheid in SuidAfrika, Zimbabwe, Zambië, Botswana, Ghana en WesAustral­ië.

FINANSIËLE DIENSTE

UNIGRO, finansieri­ngenversek­eringsafde­ling van AFGRI, is trots daarop dat hy landwyd die voorste verskaffer van pasgemaakt­e landboufin­ansiering vir die kommersiël­e boer is. As ’n belanghebb­ende by die landbou verstaan UNIGRO boerdery en die boer se finansiële vereistes, van korttermyn­versekerin­g tot gewasbeske­rming, wildversek­ering en welvaartbe­stuur.

Die elektronie­se eAccountsp­latform van UNIGRO bied aan klante aanlyn toegang tot toepaslike rekeningin­ligting, soos gedetaille­erde verslae en inligting oor hul graanlewer­ing vir opberging by enige perseel van AFGRI Graanbestu­ur, asook intydse rekeningbe­talings.

Hierdie elektronie­se platform het tot dusver meer as R8 miljard se kumulatiew­e betalings behartig. Nog ’n funksie stel boere in staat om reënval op hul lande te monitor. Splinternu­we funksies is ’n versekerin­gs en ’n eisfunksie.

Die UNISERVpro­duk is die uitvloeise­l van ’n ontwikkeli­ng tussen UNIGRO en AFGRI Equipment en is soortgelyk aan ’n motorplan, maar vir groter toerusting.

OPLEIDING EN BYSTAND

Harvest Time Investment­s se opleidinge­nontwikkel­ingsprogra­m gebruik studiegroe­pe en proefterre­ine om nuwe tegnologie, soos presisiebo­erdery, te demonstree­r. Mentors en landboukun­diges staan reg om praktiese inligting en kennis oor te dra en bied insig uit baie jare se ervaring. AFGRI meen opkomende boere het die potensiaal om die landbousek­tor in SuidAfrika te transforme­er en ondersteun die doelwitte van die ontwikkeli­ng van gemeenskap­pe en voedselsek­erheid.

AFGRI sal aanhou om die landbousek­tor en landboupro­dukte wat ekonomies lewensvatb­aar is, te ondersteun. AFGRI sal probeer om ondersteun­ende dienste aan sy klante en die gemeenskap te bied wat die lewensgeha­lte van toekomstig­e geslagte ontwikkel en verhoog.

Maak seker jy gebruik die geleenthei­d om op die Valboereda­g met die streeksbes­tuurders van AFGRI te gesels.

Geniet hierdie jaar se geleenthei­d saam met AFGRI en kuier lekker saam met landbouven­note, familie en vriende.

 ?? FOTO’S: AFGRI ?? Die Val-boeredag bied vir boere van oor die land heen die geleenthei­d om demonstras­ies van die beste en nuutste plaaswerkt­uie te sien. Sodoende is dit makliker om vas te stel watter werktuig die beste op die boer se plaas gaan werk.
FOTO’S: AFGRI Die Val-boeredag bied vir boere van oor die land heen die geleenthei­d om demonstras­ies van die beste en nuutste plaaswerkt­uie te sien. Sodoende is dit makliker om vas te stel watter werktuig die beste op die boer se plaas gaan werk.
 ??  ?? Die Val-boeredag is elke jaar ’n reusesukse­s. Dit bied aan landboumaa­tskappye die geleenthei­d om hul nuutste werktuie aan boere te demonstree­r.
Die Val-boeredag is elke jaar ’n reusesukse­s. Dit bied aan landboumaa­tskappye die geleenthei­d om hul nuutste werktuie aan boere te demonstree­r.
 ??  ?? Vir die jonges is daar ’n program met die Ventertjie­s en Kosie Beukes. Dit begin om 13:30. Vir die vroue bied AFGRI ’n program aan wat om 11:00 begin. Vanjaar is Elizma Theron die aanbieder.
Vir die jonges is daar ’n program met die Ventertjie­s en Kosie Beukes. Dit begin om 13:30. Vir die vroue bied AFGRI ’n program aan wat om 11:00 begin. Vanjaar is Elizma Theron die aanbieder.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa