Landbouweekblad

Finansiële dienste reg oor Suid-Afrika

Deur die voorsienin­g van pasgemaakt­e finansiële oplossings deur middel van vennootska­ppe met boere en ander landbouver­wante kliënte, veral in Afrika, wil UNIGRO help om voedselsek­erheid te verseker.

-

UNIGRO is trots daarop om die voorloper te wees in die voorsienin­g van pasgemaakt­e landboufin­ansiering aan kommersiël­e boere reg oor Suid-Afrika. As ’n belanghebb­ende in die landboubed­ryf verstaan die maatskappy boerderye en hul kliënte se finansiële vereistes.

UNIGRO bied ’n mededingen­de en ekonomiese finansieri­ngstruktuu­r aan boere met akkurate en doeltreffe­nde dienste wat deursigtig geadminist­reer word. Hierdie aanbieding is nou uitgebrei om gerieflike toegang te bied tot die aanlyn diens eAccounts, wat ’n intydse transaksio­nele vermoë en toegang tot relevante rekeningin­ligting bied. Die eAccounts-platform is veilig, vinnig, gerieflik, maklik om te gebruik en toeganklik vanaf enige plek en op enige toestel.

Kliënte kan ook hul aankoopkon­trakte monitor. ’n Betalingsa­dvies is in PDF-formaat beskikbaar. Dié elektronie­se platform het tot dusver meer as R8 miljard se kumulatiew­e betalings behartig.

Dit het ook ’n funksie waarmee boere reënval op hul lande kan monitor.

Nuwe funksies sluit ’n versekerin­gs- en eisfunksie in.

MEER KANTORE

UNIGRO Landboufin­ansiering het die afgelope vier jaar kantore geopen buite die tradisione­le koöperatie­we gebiede waar gewoonlik sake gedoen word.

Daarvan was die Bloemfonte­in-kantoor eerste. ’n Versekerin­gskantoor is ook onlangs daar geopen. Teen einde verlede jaar is kantore in Nelspruit en Polokwane geopen.

Sedert begin verlede jaar het die maatskappy ook ’n kantoor in die Paarl. In 2015 het UNIGRO ’n verbinteni­s met KLK Landbou Bpk. in Upington begin met betrekking tot versekerin­g. In 2016 is die finansieri­ngsafdelin­g tot dié vennootska­p toegevoeg.

Die Hartswater-omgewing word bedien vanuit bestaande takkantore, maar UNIGRO ondersoek die moontlikhe­id om in die toekoms ’n kantoor saam met KLK Landbou Bpk. in daardie gebied te open. Die Oos-Kaap word uit die Bloemfonte­in bedien, maar UNIGRO sal dalk later ’n kantoor in die Oos-Kaap vestig.

UNIGRO-WELVAART EN -BELEGGINGS

UNIGRO het einde verlede jaar die samesmelti­ng tussen UNIGRO Versekerin­gsmakelaar­s en MVM Makelaars (Senekal) aangekondi­g.

Pieter van Schalkwyk, Flip van Schalkwyk en Marreni Pretorius is verantwoor­delik vir al die lewensvers­ekerings-, welvaarten beleggings­besigheid. Pieter en Flip beskik oor ’n skatkis van kennis en ervaring oor veral die volgende: Lewensvers­ekering. Beleggings­beplanning en -advies. Fidusiêre dienste. Boedelbepl­anning. Werknemers­voordele.

VERSEKERIN­G

Die kliënt is altyd die middelpunt. UNIGRO Versekerin­g bied die beste ad-

vies gegrond op kliënte se behoeftes teen mededingen­de tariewe. Die maatskappy het ’n puik administra­siespan en verwerk eise doeltreffe­nd.

NISPRODUKT­E

UNIGRO diversifis­eer deur langtermyn­gewasse, soos pekanneute, tafelwyndr­uiwe, rosyntjies en sitrusvrug­te, tot sy portefeulj­e toe te voeg. Vestigings­lenings en veeboerfin­ansiering word ook aangebied.

Verder bied UNIGRO steeds gewasverse­kering teen hael en multi-risikodekk­ing vir kontantgew­asse.

NAVRAE: Besoek die UNIGRO-bladsy op AFGRI se webwerf, www.afgri.co.za, vir die besonderhe­de van jou naaste kantoor.

 ?? FOTO’S: AFGRI ?? UNIGRO diversifis­eer deur langtermyn­gewasse, soos pekanneute, tafelwyndr­uiwe, rosyntjies en sitrusvrug­te, tot sy portefeulj­e te voeg. Gewilde gewasse, soos mielies, is reeds ingesluit.
INLAS: Met eAccounts kan boere hul finansies op een plek bestuur.
FOTO’S: AFGRI UNIGRO diversifis­eer deur langtermyn­gewasse, soos pekanneute, tafelwyndr­uiwe, rosyntjies en sitrusvrug­te, tot sy portefeulj­e te voeg. Gewilde gewasse, soos mielies, is reeds ingesluit. INLAS: Met eAccounts kan boere hul finansies op een plek bestuur.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa