Landbouweekblad

Nuwe reeks met nuwe talente

John Deere is trots daarop om die slimmer reeks S700-stropers aan boere bekend te stel. Dis reeds op Nampo vanjaar aan die massas gewys, maar op die Val-boeredag sal boere dié stroper in aksie kan sien.

-

Die gevorderds­te tegnologie vir die oes van graan is in die plukkerkop­pe en fyngraanta­fels wat John Deere in die 2018-modeljaar van produksie bekend gestel het. Dit sluit vier nuwe S700-stropermod­elle in (S760, S770, S780 en S790) wat aan boere beduidende verbeterin­ge in slimtegnol­ogie bied. Dit bied ook verbeterde operateurs­gemak en beter data, saam met die reeks 700C/FC-plukkerkop­pe en die 700D-fyngraanta­fel vir die doeltreffe­nder oes van graan.

Die reeks S700-stropers is geskoei op die S600-kombinasie­stropers wat in 2012 bekend gestel is, maar dit bevat die nuutste geoutomati­seerde oestegnolo­gie.

“Hierdie nuwe S700-stropers is ’n hoogtepunt van verbeterin­gs aan ons vorige model wat oesbedrywi­ghede vir groot en klein sade optimalise­er en outomatise­er,” sê mnr. Kevin Rippel, bemarkings­bestuurder van die oesprodukl­yn by John Deere.

“Ons het die intelligen­sie van die stropers verbeter deur meer aanpassing­s en kalibrasie­take te outomatise­er, en die gebruiksdu­ur, duursaamhe­id en produktiwi­teit van dié uitstekend­e toerusting te verbeter om ’n hoëprestas­ie-oesoplossi­ng te skep, anders as enige ander toerusting op die mark.”

NUWE PAKKETTE

Om dit makliker te maak vir operateurs om die prestasie van hul nuwe S700-kombinasie te vergroot, stel John Deere die Combine Advisor™-pakket bekend. Die Combine Advisor™ bevat sewe tegnologie­ë om operateurs te help om die kombinasie te stel, te optimalise­er en te outomatise­er vir die doeltreffe­ndste oesprestas­ie gegrond op hul gewas- en veldtoesta­nde.

Auto Maintain is ’n funksie binne Combine Advisor™ wat ondersteun word met ActiveVisi­on™-kameras. Hierdie kameras ontleed die inligting visueel met algoritmes om die optimale dorspresta­sie te behou, gegrond op die doelwitte wat gestel is.

Nog ’n toevoeging tot die S700-stropers is Active Yield™-tegnologie wat die massavloei­sensor outomaties kalibreer. Dit bespaar tyd deur die noodsaakli­kheid vir handkalibr­asie uit te skakel en te verseker dat die beste data versamel word.

KAJUITVERA­NDERINGE

Die grootste opsigtelik­e verskil in die S700-stroper vergeleke met vorige modelle is in die kajuit. Dit het ’n nuwe CommandCen­ter™ wat ’n beter gebruikers­ervaring op John Deere se groter trekkers en selfaanged­rewe spuite bied en sodoende klem lê op aanpassing en operateurs­gemak.

Die masjienpre­stasiefunk­sies van die CommandCen­ter™ sluit in ’n Gen 4-koppelvlak en monitor met 4600-verwerker, CommandArm™ en ’n multifunks­ie-beheer-hefboom met ’n beter ergonomies­e ontwerp en aanpasbare knoppies. Dit het ook premie-aktivering met AutoTrac™, Row-Sense™, HarvestDoc™; Extended Monitor en mobieletoe­stelfunksi­es. Daarbenewe­ns sal operateurs vind die opstel en begin is vinniger en makliker danksy meer intuïtiewe skerms.

Die nuwe kajuit het ’n leer- of standaards­itplek wat vir beter sigbaarhei­d 7,5 grade links en 15 grade regs draai, verhoogde sitplekven­tilasie vir groter gerief, ’n verbeterde sitplekkus­sing met ’n opsionele leerstoel, en bykomende graantenks­pieëls vir verbeterde sigbaarhei­d van die graantenk.

NUWE MIELIEKOP EN -PLATFORM

Saam met die S700-stropers stel John Deere die reeks 700C/FC-plukkerkop­pe met die RowMax™-ry-eenheid bekend. Die RowMax™-ry-eenheid bied tot ’n 50%-verbeterin­g in die gebruiksdu­ur van die ry-eenheidver­samelketti­ngs en bevat soliede boute wat pen- en busslytasi­e verminder.

“Ons het ook die gebruiksdu­ur van die stoppelrol­lers met tot 25% verhoog deur ’n harder materiaal te gebruik en ’n nuwe sluitverst­erking op die voor- en agterkant van die lemme te voeg vir verhoogde prestasie,” sê me. Brittney Guidarelli, produkbest­uurder van vooruitsta­ande toerusting.

“Gevolglik het ons die bedryfskos­te verlaag deurdat sluitdele minder dikwels vervang moet word. Boere sal oor vyf jaar ’n besparing van tot $20 000 (’n beraamde waarde van ongeveer R180 000) vergeleke met vorige modelle ervaar.”

Die mieliepluk­kers van die 700C/FCreeks is beskikbaar in 6-ry- tot 16-ry-modelle in rywydtes van 30 duim tot 36 duim (76 cm tot 91 cm). Die StalkMaste­r™-opsie is beskikbaar op alle modelle. Voumieliep­lukkerkopp­e is beskikbaar in 12-ry- en 16-ry-eenhede.

Vir klein sade het John Deere die 700D-fyngraanta­fel, wat ’n 20%-verhoging in vermoë in moeilike oestoestan­de bied teenoor die vorige model.

Die 700D het ’n topsnyer wat 50% groter in deursnee (nou 18 duim) is met swaar hoë-prestasie-maatwiele, en ’n nuwe invoergord­elseëlstel­sel wat by kanola die graanverli­es van die middelste gedeelte met 45% verminder.

NAVRAE: Kontak jou naaste AFGRI-handelaar vir nog inligting oor die nuwe reeks S700-stropers en ander oesoplossi­ngs van John Deere.

 ??  ?? John Deere het vanjaar op Nampo die reeks S700-stropers aan boere bekend gestel.
John Deere het vanjaar op Nampo die reeks S700-stropers aan boere bekend gestel.
 ?? FOTO’S: AFGRI ?? Die reeks S700-stropers bied aan boere slimmer tegnologie en groter gemak.
FOTO’S: AFGRI Die reeks S700-stropers bied aan boere slimmer tegnologie en groter gemak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa