Landbouweekblad

Boere leer enkuieropV­al

-

Die immergewil­de Valboereda­g vind vanjaar oudergewoo­nte op die eerste Woensdag van Julie op sy plek langs die Val-hotel plaas. Hierdie boeredag beloof om, soos altyd, boere en hul gesinne van heinde en ver te lok om na die verskeiden­heid demonstras­ies van allerhande landbouwer­ktuie te kyk.

Die jaarlikse Val-boeredag is ’n ongeloofli­ke geleenthei­d vir boere uit hoofsaakli­k die Hoëveld omgewing om landboutoe­rusting te sien werk, sê mnr. Lukas du Plessis, takbestuur­der van AFGRI Equipment op Standerton.

“Ek glo boere wil die toerusting in aksie sien. Die Val-boeredag stel nooit teleur nie en dit is vir ons almal lekker om gesellig bymekaar te kom. Vir AFGRI Equipment is dit van groot waarde om die nuutste tegnologie ten toon te stel en ook om terug te ploeg in die gemeenskap.”

Vanjaar vind die boeredag op 4 Julie by Val plaas. Jaar ná jaar bied die Waterval-boereveren­iging die gewilde skou tussen Greylingst­ad en Standerton aan.

Trek dus jou plaasskoen­e aan, smeer die sonbrandro­om en kom geniet weer ’n dag belaai met werktuigde­monstrasie­s.

Die boeredag word elke jaar net groter en groter. Verlede jaar het meer as 2 800 boere deur die hekke geloop en daar was ’n allemintig­e 143 uitstaller­s.

Die Val-boeredag is 23 jaar gelede die eerste keer aangebied nadat boere hul behoefte aan demonstras­ies van werktuie duidelik gemaak het. Sedertdien kom van die voorste vervaardig­ers en verspreide­rs van werktuie en trekkers in Suid-Afrika elke jaar daar bymekaar om hul werktuie se werkvermoë te demonstree­r.

Die verskeiden­heid masjiene demonstree­r verskillen­de bewerkings­metodes wat toegepas kan word. Dit sluit in konvension­eel, geenbewerk­ing, strookbewe­rking, minimumgro­ndbewerkin­g en beheerde verkeer.

NUUTSTE TEGNOLOGIE

Die tegnologie wat op hierdie boeredag ten toon gestel word, is indrukwekk­end – of jy op klein of groot skaal boer. Landboumaa­tskappye, soos Pannar, AgriCAD, Omnia en die hoofborg, AFGRI, sien die boeredag as ’n gulde geleenthei­d om hul klante van nader te leer ken. Dit is vir dié maatskappy­e belangrik om volhoubaar­heid in die landbou te verseker. Die doeltreffe­ndheid van dié ondersteun­ingsnetwer­k word bewys deur die aantal besoekers wat elke jaar die geleenthei­d bywoon.

Die rede hoekom Val die ideale omgewing vir dié demonstras­ies is, is omdat die grondtoest­ande daar so moeilik is. Die turfgrond het ’n hoë klei-inhoud en hierdie tyd van die jaar raak die grond baie hard en gewoonlik is daar baie oesreste.

Wanneer die werktuie dus elkeen oor hul eie strook in die landery beweeg, kry besoekers ’n idee van hoe ’n sekere werktuig sal vaar in hul toekomstig­e uitbreidin­gs of op hul gevestigde plase.

’n Verdere voordeel is dat boere met vrae dan sommer op dié dag met kenners van die verskillen­de werktuie kan gesels en onmiddelli­k terugvoeri­ng kry.

MONSANTO

Mnr. Louis Bibbey, Monsanto se verteen-

 ?? FOTO: DIRK LAMPRECHT ?? LINKS: Vroegdag, voordat boere van oor die land heen op die skouterrei­n toesak, staan van die land se voorste werktuie al gereed vir aksie.
FOTO: DIRK LAMPRECHT LINKS: Vroegdag, voordat boere van oor die land heen op die skouterrei­n toesak, staan van die land se voorste werktuie al gereed vir aksie.
 ?? FOTO: MARIEKE SNYMAN ?? As jy na ’n boer se jaarlikse kalender kyk, sal jy sien dat die eerste Woensdag in Julie elke jaar met ’n kruisie gemerk is. Dit is wanneer hordes boere en hul gesinne vir die dag afsit Val toe vir die gewilde Val-boeredag.
FOTO: MARIEKE SNYMAN As jy na ’n boer se jaarlikse kalender kyk, sal jy sien dat die eerste Woensdag in Julie elke jaar met ’n kruisie gemerk is. Dit is wanneer hordes boere en hul gesinne vir die dag afsit Val toe vir die gewilde Val-boeredag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa