Maak só die beste van jou spuitbelegging
Villa Crop Protection het onlangs ’n nuwe produk bekend gestel wat die doeltreffendheid van plaagdoders verhoog. Interlock is ’n neerslaghulpmiddel wat bedekking en blaredakindringing verbeter, terwyl dit wegdrywing en verdamping verminder.
Die wegdrywing van fyner druppels tydens die toediening van plaagdoders is een van die grootste bydraende faktore tot verminderde doeltreffenheid. Dié wegdrywing hou verskeie nadele in, onder meer: Verlaagde bedekking van onkruide en gewasse. Verminderde druppelbinne dringing laer af in die gewas. Verhoogde verdamping van fyn druppels. Wegdrywing en moontlike onkruiddoderskade op gewasse buite die teikengebied. Dit het ’n regstreekse gevolg op produksiekoste en oesopbrengs, naamlik deur: Die verlies aan plaagdoder binne die gewasteikengebied en moontlike gewasskade buite die teikengebied. Meer mededinging van onkruide en die swakker bestryding van insekte en swamme. Veelvuldige plaagdodertoedienings, met al die gepaardgaande koste.
INTERLOCK
Interlock (reg.nr. L10254, Wet 36 van 1947) is ’n unieke, nuwegeslagbyvoegmiddel wat hierdie probleme doeltreffend aanpak en gevolglik die oesopbrengs verbeter.
Interlock is splinternuwe tegnologie op SuidAfrikaanse rakke en bied verskeie voordele aan boere. Dit vervang geen ander produk in die tenk nie. Die middel is maklik om te gebruik en die dosisse is klein.
Die produk verdik nie die spuitoplossing nie en veroorsaak nie probleme met mengbaarheid nie. Dit is ook nie nodig om spuitpunte se spuitpatrone te verander nie, want Interlock kan saam met enige spuitpunte ge bruik word, selfs luginlaatpunte.
Dit skuif nie die druppelspektrum na ultragroot druppels wat kan afloop of afwip nie, maar vergroot eerder fyn druppels wat geneig is om weg te dryf.
Interlock verbeter plaagbestryding deur die spuitdruppelbedekking te verhoog.
Die produk verminder ook die hoeveelheid fyn druppels in die spuitnewel. Dit lei dus tot verminderde wegdrywing en verdamping.
VILLA CROP PROTECTION
Villa Crop Protection wil in boere se behoeftes voorsien met gehalteprodukte en datagedrewe insigte om hul struikelblokke te help takel, veral die beskerming van hul gewasse.
Aan die hand van relevante data kan die regte produk of bespuitingsprogram op die regte tyd met die regte toerusting gebruik en sukses behaal word.
REGISTRASIEHOUER: Winfield Solutions Registration Holdings (Edms.) Bpk. Registrasienommer van maatskappy: 2015/312008/07.