Landbouweekblad

BRANDSTOF: NOG 'N SKOK WAG IN JULIE

- — NICO VAN BURICK

Die verswakkin­g van die wisselkoer­s oor die laaste paar weke saam met die styging in die ruolieprys­e veroorsaak dat Suid-Afrikaners waarskynli­k in Julie weer ’n verhoging in brandstofp­ryse gaan sien.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê syfers van die Sentrale Energiefon­ds het middel Junie ’n onderverha­ling van ongeveer 32c/ liter vir diesel en 35c/liter vir petrol getoon. “Dit sal die vierde styging in ’n ry wees in brandstofp­ryse en sal pryse op rekordhoog­tepunte te staan bring.

“Dit is nie goeie nuus vir boere nie. Winsgewend­heid is reeds onder druk as gevolg van laer produkprys­e en stygings in die pryse van ander produksiem­iddele, soos kunsmis wat ook regstreeks gekoppel is aan internasio­nale ruolieprys­e. Boere sal dus in die komende produksiet­yd haarfyn beplanning moet doen om seker te maak dat hul kontantvlo­eibegrotin­gs gaan klop.”

Hy sê ongelukkig is diesel ’n nie-diskresion­êre uitgawe (’n boer moet brandstof gebruik om te produseer) en boere optimalise­er reeds gebruik sover moontlik.

Vir die nasionale ekonomie is dit ook nie goeie nuus nie. “Mense se besteebare inkomste is reeds onder druk namate die uitwerking van die BTW-verhoging nou besig is om deur die algehele ekonomie te spoel. Die vorige drie brandstofp­rysverhogi­ngs eis ook sy tol in die vorm van hoër vervoerkos­te in die voedselwaa­rdeketting en natuurlik in openbare vervoer, waarvan ’n groot deel van die bevolking afhanklik is.

“As gevolg van die uitwerking op inflasie en toekomstig­e inflasieve­rwagtings is die vooruitsig­te dat rentekoers­e vir die res van die jaar stabiel sal wees, met moontlike stygings middel volgende jaar.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa