Landbouweekblad

BETOGERS PLUNDER EN BESKADIG RIEBEEK CELLARS

-

Sowat 300 betogers het onlangs Riebeek Cellars op Riebeek-Kasteel geplunder tydens onwettige betogings op die dorp.

Mnr. André Engelbrech­t, hoofuitvoe­rende beampte van die kelder, sê die kelder, die poskantoor, die munisipale kantoor en twee drankwinke­ls is geplunder en beskadig.

Hy sê skade aan die kelder beloop “derduisend­e rande”.

ANINE JOUBERT skryf: Hierdie hele besigheid is eintlik net ’n geleenthei­d om te steel.

ELIZE JANSEN VAN RENS

BURG skryf: Dit is nou ’n plek wat werk verskaf in die gebied, en dít is wat hulle doen? Onaanvaarb­aar!

NICKIE BASSON skryf: Nou wonder ’n mens wie agter dit sit. Hoekom doen die Regering niks daaromtren­t nie?.

SAREL BOTHA skryf: Ek stel meer belang om te sien wie gaan tronk toe en dat hulle vir die skade betaal.

FDK FRANCOIS skryf: Hoekom moet daar altyd ’n tantrum gegooi en goed gebreek word? Dan verwag sulke mense vooruitgan­g, maar daar moet altyd eers agter hulle skoon- en reggemaak word.

CHRISTIAAN ENGEALBREC­HT

skryf: Dis goed dat die onheilige plek van drank, wat almal se ondergang is, ook beskadig is. Ek is net so ’n have not soos hulle en net so verontreg. Dis lankal tyd dat die rykes wat armes so uitbuit, se goed ook alles gevat word. JUDINE HANEKOM antwoord: As ’n persoon of maatskappy welaf is, is dit gewoontlik omdat hy of sy hard gewerk het daarvoor. Waarom moet so ’n mens sy goed verniet weggee aan een wat nie bereid is om ’n vinger te lig om iets te verdien nie? WILLIE JANSE VAN RENSBURG skryf: Dis nie betogers nie, dis misdadiger­s. EDWINA PRETORIUS skryf: Hulle is met busse ingery om amok te saai! Dis nie almal

locals nie.

MACHTELD VAN ROOYEN

SMITH skryf: En die President en Regering is so stil soos ’n lyk in ’n lykshuis.

TOY COETZEE skryf: Dit lyk my ’n mens moenie goed wees vir iemand nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa