Landbouweekblad

DOEN DIÉ OEFENING

-

As ’n boer die alternatie­we oorweeg het en oortuig is dat ontsouting van brak boorgatwat­er die oplossing is, is daar ’n klomp vrae wat beantwoord moet word, sê prof. André Burger van die departemen­t prosesinge­nieurswese aan die Universite­it Stellenbos­ch.

Verskeie vrae kan help om die vereistes vir ontsouting­stegnologi­e te verstaan: Waarvoor wil jy die ontsoute water gebruik? Hoe skoon moet die water wees? Hoeveel water het jy nodig en hoe konstant moet dit verskaf word? Kan die bykomende kapitaal- en bedryfskos­te geregverdi­g word, en sal jy steeds jou produkte winsgewend kan verkoop? André sê of die water net vir veesuiping­s beoog word of vir groot

besproeiin­gsvolumes, gaan ’n reuseversk­il maak aan die motivering vir ontsouting. Lewer die boorgat genoeg water? Is dit standhoude­nd? Hoe diep is die gat en hoe ver is dit van die waterverbr­uikspunt af? Hoe brak is die water? Hoeveel van die brak water kan herwin word as vars water en watter behandelin­g is vooraf nodig? Dit kan net bepaal word deur die water te laat ontleed omdat geen betroubare profession­ele ingenieur ’n ontsouting­saanleg gaan bou sonder sulke inligting nie. “As ’n goeie waterontle­ding beskikbaar is, kan iemand wat ontsouting en waterchemi­e verstaan, bepaal watter behandelin­g vooraf gedoen moet word, hoeveel druk nodig is, hoeveel water herwin kan word, ensovoorts.”

Hoeveel energie is nodig? Watter energiebro­n is beskikbaar en teen watter koste? Dis deesdae nie meer moeilik om sonkrag te installeer nie, maar dit kos natuurlik geld en moet reg gedoen word. Wat doen jy met die konsentraa­tstroom wat agterbly? As dit baie klein volumes is, pla dit dalk nie so veel nie, maar vir groter volumes kan verdamping­sdamme nodig wees wat amper soveel as die ontsouting­saanleg kan kos. Na gelang van die grootte van die ontsouting­stelsel, kan dit ook nodig wees om ’n omgewingsi­mpakstudie te laat doen. Die Departemen­t van Water en Sanitasie kan ook streng (en duur) spesifikas­ies voorskryf vir die belyning en bestuur van ’n verdamping­sdam, sê André.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa