Landbouweekblad

AFGRI bly boere se opbergvenn­oot

Elke oesjaar bied nuwe kwessies. Gevolglik sal AFGRI Graanbestu­ur, soos in die verlede, daarna streef om sy dienste op ’n hoë standaard te hou om te verseker boere kan hul oeste met die minste ontwrigtin­g lewer.

- NAVRAE: E-pos: afgri@afgri. co.za, webwerf: www.afgri.co.za, tel. 011 063 2347.

Vanjaar is dieselfde hoeveelhei­d hektaar mielies as verlede jaar aangeplant, volgens aanduiding­s. Sedert die 2014-seisoen is meer sojabone egter aangeplant en in die lig van die aantal olieperse wat opgerig word, lyk dit of hierdie neiging voortduur.

AFGRI Graanbestu­ur moet homself daarom só posisionee­r dat die groter volumes sojabone vinnig en doeltreffe­nd by silo’s ontvang en opgeberg kan word.

Boere kan tereg vra watter voordeel dit vir hulle inhou om hul graan by AFGRI op te berg.

Landboumaa­tskappye se opbergsger­iewe is ’n belangrike vennoot in boere se bemarkings-ketting. ’n Betroubare opberger hou die volgende voordele vir boere in: Graan word gelewer by silo’s of bunkers wat as Safex-punte geregistre­er is. Die boer verskuif sy risiko dadelik na die opberger. Die graan wat gelewer is, is dadelik vir bemarking beskikbaar. Die gehalte en hoeveelhei­d word gewaarborg, ongeag die opber-gingstydpe­rk. Boere wat by AFGRI se opbergings­punte lewer, het die opsie om met elke vrag te besluit of hulle dit op ’n dagtarief of vaste opbergopsi­e wil lewer. Só kan ’n boer sy uiteindeli­ke koste bestuur. Wanneer graan regstreeks op ’n kontrak gelewer word, word geen opbergings­koste teen die boer se opbergings­rekening gedebiteer nie.

WÊRELDLEIE­R

AFGRI is ’n wêreldleie­r op die gebied van die hantering en opberging van mielies, koring, sonneblom, sojabone, gars en sorghum. AFGRI Graanbestu­ur bied die veilige opberging van landboupro­dukte in verskeie graansilo’s, -bunkers en -sakdepots reg oor Suid-Afrika, asook elders in Afrika in Kongo-Brazzavill­e, Uganda, Tanzanië, Zimbabwe, Mosambiek en Zambië.

AFGRI se opbergings­vermoë is sowat 5 miljoen ton. Wêreld-klastegnol­ogie in voorraadbe­stuur posisionee­r AFGRI as ’n bedryfsdes­kundige in graanbestu­ur. Die vermoë om graan te verkry deur ’n wye netwerk van aankoopage­nte, asook om voorraad namens klante te dra, maak van AFGRI ’n leier in sy veld.

AFGRI Graanbestu­ur bied gestruktur­eerde handelsgel­eent-hede aan die mark. Graan word aangeskaf deur AFGRI Graanbemar­king en gedra deur die afdeling vir die verkryging van grondstoww­e. AFGRI bied oplossings aan ondernemin­gs reg oor Afrika wat graan maal en pers, soos mededingen­de rentekoers­e op kommoditei­te wat namens klante gedra word.

VOORDELE EN DIENSTE

AFGRI bied veilige opberging oor lang tydperke en voldoen aan die landbou se voedselpro-dukstandaa­rde. Silosertif­ikate kan aangevra word (dit sluit Safex- en elektronie­se sertifikat­e in) om graan vinnig en doeltreffe­nd te bemark.

Graan van verskillen­de grade en gehalte kan afsonderli­k opgeberg word en die boer kan akkurate toerusting deur gekwalifis­eerde personeel benut. Graan vir opberging word met ontvangs berook. Daar is ook geriewe beskikbaar vir die skoonmaak en droging van graan.

Graan kan versak word as die behoefte bestaan en die silo-aktiwiteit­e en uitleg dit moontlik maak. ’n Doeltreffe­nde protokol word toegepas met die afsonderli­ke opberging van nieGM graan. Nismarkpro­dukte en -voorraad word goed beheer.

Voorraadin­ligting kan via die internet verkry word en konsolidas­ies van voorrade by bedryfspun­te kan gedoen word wanneer omstandigh­ede dit toelaat. Klante kan geleenthed­e vir voorraadru­ilings strategies benut en AFGRI kan landboukom­moditeite namens derde partye en eindverbru­ikers hanteer.

’n Groot voordeel vir boere is vasteprys-kontrakte, minimum of maksimum pryskontra­kte en uitgesteld­e pryskontra­kte.

TYDENS-LEWERING-KONTRAKTE

Kontrakte is ook tydens strooptyd beskikbaar. Die voordele van dié soort kontrakte is dat die oesgrootte aan die boer bekend is. Die risiko van wanprestas­ie word dus grootliks uitgeskake­l. Die risiko wat aan force majeure gekoppel is, is minimaal.

Tydens lewering word die totale bedrag waarvoor die graan gekontrakt­eer is, as ’n eenmalige bedrag aan die boer oorbetaal. Indien ’n rentefakto­r hieraan gekoppel is, kan dit voordelig wees om ’n deel van ’n oes só te bemark.

DEURVOERTA­RIEF

Vanjaar sal ’n deurvoerta­rief vir mielies by verskeie bedryfspun­te beskikbaar wees vir klante wat ’n behoefte het om hul mielies tydens strooptyd aan afnemers te lewer.

Klante wat in hierdie diens belang stel, moet voor die begin van die strooptyd met AFGRI in verbinding tree sodat die nodige administra­tiewe reëlings getref kan word.

 ?? FOTO’S: AFGRI ?? Boere kan hul graan vir lang tydperke by AFGRI se veilige opbergings­geriewe in Suid-Afrika en ander Afrika-lande opberg.
FOTO’S: AFGRI Boere kan hul graan vir lang tydperke by AFGRI se veilige opbergings­geriewe in Suid-Afrika en ander Afrika-lande opberg.
 ??  ?? AFGRI bied tydens-lewering- kontrakte aan klante. Die oesgrootte is dus aan die boer bekend en die risiko van wanprestas­ie word amper heeltemal uitgeskake­l.
AFGRI bied tydens-lewering- kontrakte aan klante. Die oesgrootte is dus aan die boer bekend en die risiko van wanprestas­ie word amper heeltemal uitgeskake­l.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa