Landbouweekblad

Só kan WhatsApp ’n hele bedryf knou

- — FREDALETTE UYS

WAT iemand op sosiale mediaplatf­orms aanstuur, kan homself en ’n hele bedryf daardeur benadeel. “As jy ’n foto van ’n dooie jakkals neem wat oor ’n draad hang en dit op ’n WhatsAppgr­oep gaan plaas, is dit daar vir almal om ook aan ander mense te stuur,” het mnr. Paul Lynch van Standard Wool SA op die kongres van die Nasionale Wolkwekers­vereniging in Port Elizabeth gesê.

Hy sê die verspreidi­ng van sulke materiaal is baie gevaarlik en die uitwerking daarvan kan ’n dramatiese uitwerking op die hele bedryf hê.

Een voorbeeld wat hy beklemtoon het, is die effek van die verspreidi­ng van ’n video deur die Mense vir die Etiese Behandelin­g van Diere (Peta) op die bokhaarbed­ryf.

Mnr. Louis de Beer, bestuurder by Cape Wools, sê die indrukke van stedelike verbruiker­s oor wol en die radikalise­ring van die bedryf gaan in die toekoms van hul grootste probleme wees.

“Die stedelike verbruiker sal

op maatskapli­ke vlak meer bewus wees van dieresorg. Hulle sal teen die landbou gekant wees. Hulle sal geradikali­seer word deur populistie­se, aktivistie­se organisasi­es wat ál meer druk gaan uitvoer om die gebruik van lewende hawe vir menslike gebruik te beëindig.”

AFGESTOMP

Hy sê toekomstig­e wolverbrui­kers sal stedelinge wees wat verwyder en afgestomp is van die landbou.

Om dié gevaar teë te werk, sal die wolbedryf strategieë moet navors en ontwikkel om ’n gunstige indruk van die wolbedryf by verbruiker­s te vestig. “Die dae is verby dat jy nie meer weet wie jou wol koop of waarom jou wol

gekoop word nie.”

Volgens De Beer is Suid-Afrika se teikenmark­te, soos China, Noord-Amerika en Europa, reeds ongeveer 75% tot 79% verstedeli­k.

“Die stedelike verbruiker­s is metakommun­ikeerders wat reeds ’n groot invloed uitoefen op die gebruik van vesel in die kleinhande­lbedryf. Hulle is bewapen met hul slimfone en Twitter, Facebook en Instagram.”

Om wol aanvaarbaa­r te hou in die samelewing, moet die bedryf begin verstaan wat wolverbrui­kers se houding beïnvloed, wat die implikasie­s daarvan is en watter strategieë ontwikkel moet word om die oorsake te verstaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa