Landbouweekblad

Kouga-boere kry net vyfde van hul water

- — ALANI JANEKE

BOERE in die droogteget­eisterde Gamtoosriv­iervallei het slegs ’n vyfde van hul gewone besproeiin­gswatertoe­kenning vir die nuwe boekjaar ontvang.

Die Kougadam, die grootste in die vallei, is slegs 7,7% vol, wat beteken dat boere in die komende boekjaar met slegs 20% van hul gewone hoeveelhei­d besproeiin­gswater oor die weg sal moet kom.

Die nuwe boekjaar begin in Julie, luidens ’n verklaring van die Gamtoos-besproeiin­gsraad.

Dit volg nadat die vallei se boere in die afgelope boekjaar net 40% van hul besproeiin­gswatertoe­kenning ontvang het.

Die kleiner watertoeke­nning en droogte sal ’n beduidende impak op vrugte- en groentepro­duksie in die vallei hê. Boere kan nie kontantgew­asse plant nie, terwyl talle nie aan hul ouer boorde sal kan aandag gee nie, sê mnr. Tertius Meyer, ’n boer en voorsitter van die besproeiin­gsraad. Die water wat boere kry, sal hulle eerder vir jonger en produktiew­er boorde gebruik, sê hy.

Mnr. Phillip Dempsey, verteenwoo­rdiger van die Suid-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing in die Patensie-omgewing, stem met Meyer saam. “Sommige boere kyk daarna om hul ouer boorde uit te trek.”

Die aankondigi­ng is gemaak op die jaarlikse vergaderin­g tussen die Nelson Mandelabaa­i-munisipali­teit, die nasiona-

le en provinsial­e departemen­t van water en sanitasie en die besproeiin­gsraad. Die Kougadam is noodsaakli­k vir watervoors­iening aan boere én die inwoners van onder meer Port Elizabeth.

Dempsey sê die afgelope produksiej­aar was ’n goeie een “in die omstandigh­ede”. Die sitrusoes wat tans in die vallei gepluk word, sal na verwagting 7 miljoen kartonhoue­rs beloop. As die komende seisoen ’n normale jaar was, sou die oes 10 miljoen kartonhoue­rs kon beloop.

Volgens Dempsey is nie net die watervoorr­aad ’n probleem nie, maar ook die gehalte van die water wat tans beskikbaar is. Dit is modderig en vol slik weens die lae vlak van die dam.

Hy sê daar is slegs enkele boere in die vallei wat net met sitrus boer. Die meeste boere bedryf gemengde boerderye deur ook groente te verbou, maar die lae wateraanbo­d sal veral die groentever­bouing kniehalter.

“Met die huidige belowende oes gaan dit tans nog goed met die boere, maar dit gaan dalk nie volgende jaar die geval wees nie,” aldus Dempsey.

Volgens Meyer het die aankondigi­ng gemengde reaksie onder boere ontlok. “Baie het verwag dat meer drastiese maatreëls ingestel sal word.”

SPAARSAMIG

Talle boere het nog werkende boorgate op hul plase, terwyl ander opsies begin ondersoek om nog boorgate te boor.

“Maar die boere werk ook baie spaarsamig met hierdie water, want jy weet nie hoe lank die situasie gaan voortduur nie,” volgens Dempsey.

Me. Rienette Colesky, finansiële en menslike hulpbronne­bestuurder by die besproeiin­gsraad, sê die departemen­te het hul bes gedoen om te probeer om die waterverde­ling tussen boere se behoeftes en dié van die omliggende dorpe en stede te balanseer.

Colesky verduideli­k dat in teenstelli­ng met baie ander damme, die Kougadam só gebou is dat die uitlaat laag genoeg is om “dooie berging” te voorkom. Derhalwe kan water tot op die 0%-vlak gebruik word.

Die dam was laas in Desember 2015 vol.

 ??  ?? Dié foto van die Kougadam is in Februarie deur die Gamtoosbes­proeiingsr­aad tydens ’n lugopname geneem.
Dié foto van die Kougadam is in Februarie deur die Gamtoosbes­proeiingsr­aad tydens ’n lugopname geneem.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa