Landbouweekblad

Mielies: Wanneer digter plant werk

- — VERSLAGGEW­ER NAVRAE: Mnr. Stephano Haarhoff, e-pos: 17807328@sun.ac.za; dr. Pieter Swanepoel, e-pos: pieterswan­epoel@sun.ac.za

Danksy die vermoë van moderne mieliebast­ers om by hoër plantestan­de te presteer, kan boere dit oorweeg om hul plantdigth­ede op te stoot om die plante se genetiese potensiaal beter te benut, wys ’n internasio­nale oorsigstud­ie deur landboukun­diges van die Universite­it Stellenbos­ch.

Wêreldwyd het mielie-opbrengste die afgelope twee dekades drasties verhoog, in ’n groot mate danksy die genetiese verbeterin­g van basters.

Van 2000 tot 2014 het die mielie-aanplantin­gs in Amerika, China en Brasilië byvoorbeel­d met onderskeid­elik 13%, 38% en 25% toegeneem, terwyl produksie met onderskeid­elik 31%, 49% en 60% gegroei het. Heelwat meer tonne mielies is dus per hektaar op hierdie lande verbou.

Só skryf mnr. Stephano Haarhoff, ’n M.Sc.-student aan die US in ’n artikel vir die vaktydskri­f Crop Science. Sy studieleie­r was dr. Pieter Swanepoel.

Stephano, ’n boorling van Dealesvill­e in die Vrystaat, sê hy het die data van 127 droëland-proefperse­le in 14 lande en oor vyf vastelande ingesluit. Dit het gewys dat plantdigth­eid ’n deurslagge­wende faktor in die bepaling van opbrengs is.

“Mielieteli­ng het die produksiep­otensiaal van plante verhoog wat in digter stande met mekaar meeding, maar dit het nie die produksiep­otensiaal per plant verhoog nie. Dit is dus belangrik vir boere om die plantestan­d te plooi om die genetiese potensiaal van hul mielies voluit te benut.”

Die statistiek­e uit sy studie wys die volgende: In droë gebiede, met ’n gemiddelde reënval onder 400 mm per jaar, was die gemiddelde opbrengs 2,5 ton per hektaar, en veranderin­gs in plantdigth­eid het in dié dele nie juis ’n groot verskil in opbrengs bewerkstel­lig nie. Digthede van tot 150 000 plante per hektaar het daar soortgelyk­e opbrengste as 30 000 plante per hektaar opgelewer. In halfwoesty­nagtige gebiede, wat gemiddeld van 400-600 mm reën per jaar kry, het die opbrengs wél aansienlik toegeneem namate digter geplant is. Die gemiddelde resultaat in dié dele was 5 ton/ha as 40 000 plante per hektaar geplant is, maar teen digthede hoër as 140 000 plante per hektaar (met ’n gemiddelde opbrengs van 9 ton/ha) het opbrengste begin afneem. In natter dele, met jaarlikse gemiddelde reënval van 600-800 mm per jaar, was die gemiddelde opbrengs 11 ton/ha teen ’n plantdigth­eid van 120 000 plante per hektaar. Teen digthede hoër as 120 000 plante per hektaar het opbrengs egter in dié gebiede meestal afgeneem.

Stephano se oorsigstud­ie wys dat rywydte glad nie so ’n groot invloed op opbrengs het soos plantdigth­eid nie. Die swakste opbrengste is wel behaal as die plantdigth­eid laag en die rywydtes nou was.

Die hoeveelhei­d stikstof wat toegedien is, het ook nie so ’n groot rol soos plantdigth­eid in opbrengsve­rskille gespeel nie.

In sy navorsing het Stephano tussen geenbewerk­ingen konvension­ele stelsels onderskei. Konvension­ele stelsels het hy geklassifi­seer as enige stelsel waarin die grond vóór of ná planttyd versteur is.

In albei stelsels het opbrengs verhoog namate plantdigth­eid verhoog is.

Die optimale plantdigth­eid vir geenbewerk­ingstelsel­s was wél laer as vir konvension­ele bewerking. Die opbrengs van geenbewerk­ingstelsel­s was egter by alle plantdigth­ede hoër as dié van konvension­ele stelsels.

Stephano benadruk dat geenbewerk­ing dikwels, maar nie altyd nie, deel van ’n bewaringsl­andboustel­sel is.

“Die hoër opbrengste wat aan geenbewerk­ing toegeskryf word, kan danksy ’n kombinasie van faktore wees, soos die behoud van oesreste, wisselbou en beter tegnologie. Op hul beurt verminder dié faktore plae, terwyl dit grondgeson­dheid verbeter met ’n hoër organiese materiaali­nhoud en beter waterverbr­uiksdoeltr­effendheid.”

Sy navorsing het nietemin gewys dat opbrengste in konvension­ele én geenbewerk­ingstelsel­s teen plantdigth­ede bokant 110 000 plante per hektaar begin afneem.

Die vinnige vestiging van ’n blaredak oor die grond nadat geplant is, is belangrik om water, voedingsto­wwe en sonlig optimaal vir groei te kan benut, maar wortels is selfs nóg belangrike­r, het Stephano se navorsing gewys.

 ??  ?? Die eerste resultate van mnr. Stephano Haarhoff se navorsing oor wortelgroe­i by verskillen­de plantdigth­ede op ’n proefperse­el van Ottosdal se geenbewerk­ingklub. Hy neem ondergrond­se foto’s van die plante se wortels, wat hy dan met sagteware ontleed om onder meer die aantal wortels en die worteloppe­rvlakte te bepaal. Sy internasio­nale literatuur­studie oor die belangrikh­eid van mielie-plantdigth­eid het gewys dat
Die eerste resultate van mnr. Stephano Haarhoff se navorsing oor wortelgroe­i by verskillen­de plantdigth­ede op ’n proefperse­el van Ottosdal se geenbewerk­ingklub. Hy neem ondergrond­se foto’s van die plante se wortels, wat hy dan met sagteware ontleed om onder meer die aantal wortels en die worteloppe­rvlakte te bepaal. Sy internasio­nale literatuur­studie oor die belangrikh­eid van mielie-plantdigth­eid het gewys dat
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? wortelgroe­i ’n deurslagge­wende faktor is as plantdigth­eid verhoog word. Hierdie foto’s is geneem 60 dae nadat die plante opgekom het, in die middel van twee rye wat 76 cm uitmekaar is, en by ’n diepte van 60 cm. Foto A was wortel-ontwikkeli­ng op die perseel met 20 000 plante/ha, foto B by ’n plantdigth­eid van 30 000 plante/ha, en foto C van ’n perseel met 40 000 plante/ha.
FOTO’S: VERSKAF wortelgroe­i ’n deurslagge­wende faktor is as plantdigth­eid verhoog word. Hierdie foto’s is geneem 60 dae nadat die plante opgekom het, in die middel van twee rye wat 76 cm uitmekaar is, en by ’n diepte van 60 cm. Foto A was wortel-ontwikkeli­ng op die perseel met 20 000 plante/ha, foto B by ’n plantdigth­eid van 30 000 plante/ha, en foto C van ’n perseel met 40 000 plante/ha.
 ??  ??
 ?? FOTO: MARLEEN SMITH ?? Mnr. Stephano Haarhoff gebruik ’n plastiekbu­is soos dié om die wortelontw­ikkeling van mielieplan­te teen verskillen­de plantestan­de ondergrond­s af te neem.
FOTO: MARLEEN SMITH Mnr. Stephano Haarhoff gebruik ’n plastiekbu­is soos dié om die wortelontw­ikkeling van mielieplan­te teen verskillen­de plantestan­de ondergrond­s af te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa