Landbouweekblad

Ultrahoëdr­ukbeweidin­g: Reitz-boer se sukses in net 6 maande

Die benutting van natuurlike weiding en oesreste op ’n Oos-Vrystaatse saaiplaas het binne net ses maande viervoudig verbeter sedert met ultra hoë druk beweiding begin is. Die mikpunt van sesvoudige verbeterin­g is binne bereik.

- NAVRAE: André en Martie Lund, tel. 023 415 1132; sel 082 719 2030; e-pos: andreenmar­tie@gmail.com; Pieter Lund, sel 083 268 8063; epos: phl@ballmail.co.za

Boere kyk mooi na hul beeste, maar gewoonlik weet hulle nie veel van wat op en onder die grond aangaan nie. “Nou sien ons wat gebeur as ’n mens met die natuur saamboer,” sê mnr. Danie Slabbert, saai- en Drakensber­ger boer van Reitz oorsy waarneming­s vandat hy ultra hoë druk-strook beweiding begin toepas het.

Binne net ses maande het die spesiesame­stelling van die gras op sy plaas Van Rooyenswon­ing verander – swakker spesies, soos steekgras, koperdraad en terpentyng­ras, verminder en klimaksspe­sies verskyn reeds ná die eerste weiding.

Boonop sien Danie ’n ontploffin­g van miskruiers, ’n aanduider van grondgeson­dheid. Hy het al 18 spesies geïdentifi­seer. “Met selektiewe beweiding benut jy álles.

Die vee se inname is hoër en danksy ’n beter energievlo­ei word al die ekologiese prosesse bevoordeel. Met laedrukbew­eiding word ’n groot deel van jou veld eenvoudig nie benut nie – en ook nie verbeter nie.” Danie volg die stelsel wat deur mnr. André Lund (79) op sy plaas in Beaufort-Wes vir 30 jaar met Ngunibeest­e en Merinoskap­e toegepas het. André het die stelsel van 2003 tot 2011 deeglik nagevors en verlede jaar ’n boek, Die wonder van UHDSB, met sy bevindings gepublisee­r. Danie het sy beweidings­telsel vir die boere gewys tydens Landbou weekblad se herlewing s landbou konferensi­e vroeër vanjaar saam met die Riemland-studiegroe­p en Graan SA. Sowat 600 boere het die byeenkoms bygewoon om na kenners te luister en boerderye te bekyk waar herlewing s landbou toegepas word. André, Danie se mentor, het hom gehelp om die stelsel te ontwerp en was byderhand toe die boere na Danie se plaas gaan kyk het.

Danie laat dek sy koeie van Augustus tot middel Oktober sodat hulle vanaf Mei op oesreste en dekgewasse kan kalf. Hierdie plan om gedurende die somer op groen veld te boer en kalf en die bulle by te sit wanneer die koeie op oesreste en dekgewasse wei, skakel die voer vloei probleme gedurende die strawwe wintermaan­de uit. “Beeste se kondisie daal gedurende die winter en dan moet my voervloei eksieperfe­ksie wees om te sorg dat hul kondisie betyds reg is vir dektyd.”

Beeste wat die dekgewasse en oesreste teen hoë druk bewei, verbeter die grond in sy saailande, ’n belangrike aspek van herlewing s landbou, wat minimum bewerking insluit.

André se seun, Pieter, het die lesing tydens die plaas besoek aangebied .“Met ultra hoëdruk beweiding vreet die koeie alte lekker en tel omtrent nie hul koppe op nie. Dus verbeter hul kondisie vinnig sodat hulle maklik weer dragtig te word. Hulle is glad nie kieskeurig nie en vreet net wat voorkom.”

Die gras wat nie afgewei word nie, word platgetrap sodat dit uiteindeli­k weer in die grond opgeneem word en dit sodoende verryk. Voordat Danie met UHDSB begin het, was die algemene bedekking suurpolgra­s, ’n indringerg­ras wat ná baie jare se selektiewe beweiding die bioom geheel en al oorheers het. Ná die eerste behandelin­g met UHDSB was daar reeds ’n herstel van sowat 50% met beter grasse, peulplante en klawers.

André meen die veld was histories dus nie suurveld nie, maar goeie grasveld.

SKUIF TIEN KEER

Danie gebruik skokdrade om weistroke te span sodat die beeste gedwing word om alles voor die voet te vreet en nie selektief te wei nie. Dit is immers die gedagte agter beweiding teen ’n hoë druk, naamlik maksimum veldbeladi­ng om maksimum veldbenutt­ing en dus maksimum herstel te verkry.

Die skokdrade waarmee die beeste beheer word, word tien keer per dag deur die veewagter verskuif en die beeste bewei 0,64 ha per dag. Vanaf Januarie tot middel Maart, toe die konferensi­e gehou is, het die beeste nog minder as 30 ha veld bewei. Die tropgroott­e was sowat 330 diere.

Pieter het gesê die beeste slaap in die veld en hulle het heeltyd toegang tot skoon drinkwater. Daarvoor gebruik Danie toerusting wat deur André ontwerp is. Dit is ’n verskuifba­re veesuiping en het ’n ronde suipkrip onder en boop ’n 2 000 literopber­gingstenk; dié is gekoppel aan die hooftoevoe­rlyn wat tot 8 000 liter water kan lewer.

Die tenk is toegerus met ’n spesiale vlotterkle­p wat die suipkrip altyd op ’n konstante vlak hou sodat die vee vinnig kan klaar suip en dadelik weer gaan wei.

Verdere belangrike eienskappe van die suiping is dat die vee voortduren­d skoon, koel, suurstofve­rrykte water het. Dit is een van die belangriks­te items in die UHDSBarsen­aal.

André sê die stelsel is vir Karootoest­ande ontwerp waar water oor lang afstande aangelê moet word. Dit kan met ’n invloei van net 1 liter per uur een Ngunibees per dag van genoeg water voorsien. “As daar dus 1 000 beeste by die krip suip, moet die invloei 1 000 liter per uur wees. Die meeste mense dink 24 liter water per dag is te min vir ’n bees. Ek dink hulle vergeet van die vog wat die vee saam met hul weiding inkry.”

Leeg weeg die krip ongeveer 300400 kg. Dit kan dus maklik deur een mens met ’n 4x4motorfi­ets hanteer word.

MISKRUIERS SAK TOE

Dit is “geleerde” koeie, dié Drakensber­gers. Pieter vertel wanneer die veewagter, mnr. Jakob Masweu, die skokdraad verskuif, wag die koeie eers totdat hy met die leierkoei praat. Sy loop dan na die nuwe weistrook en die res volg haar.

Omstreeks 17:00 word die draad vir die laaste keer verskuif. Daarna bly die beeste in die strook tot vyfuur die volgende oggend wanneer hulle weer kan aanskuif.

Danie sê hy gebruik hierdie stelsel nog nie baie lank nie en weet nog nie alles van sy veld se herstelver­moë nie. Dit sal mettertyd kom. Hy is nietemin oortuig dat hy sy veldbenutt­ing viervoudig verhoog het. “My plan is om dit sesvoudig te verhoog op kort termyn.”

Sedert hulle met drukbeweid­ing begin het, het die miskruiers op die plaas begin toesak agter die beeste se mis aan. Pieter beskou dit as ’n teken van ’n gesonde, gifvrye boerderyst­elsel.

Die insektekun­dige dr. Astrid Jankielsoh­n van die LNR se Kleingraan­instituut, wat onder meer navorsing op Danie se plaas doen, sê sy het lanklaas so ’n groot verskeiden­heid spesies op een stuk veld teëgekom sonder lokvalle. Ook sy skryf dit toe aan drukbeweid­ing. (Sien ook “Bring die miskuiers terug”,

LBW, 16 Maart 2018.) Die boere is baie waaksaam vir inwendige parasiete. Die normale waarneming is dat in en uitwendige parasiete in hierdie stelsel afneem. Een van die noodsaakli­ke voordele van miskruiers – en talle studies het dit reeds bewys–is die natuurlike bestryding van parasiete. Miskruier aktiwiteit droog miskoek e vinniger uit, wat lei tot parasietvr­ektes.

André sê hy het al baie teenstand oor sy beweidings­metode in die Karoo gekry, maar hy het nog nooit sy veld oorbewei nie. “Ek het dit wel onderbenut,” sê hy.

 ?? FOTO’S: JOHAN NORVAL ?? Drakensber­gers in die stelsel met ultrahoëdr­ukstrookbe­weiding (UHDSB) op mnr. Danie Slabbert se plaas in die distrik Reitz.
FOTO’S: JOHAN NORVAL Drakensber­gers in die stelsel met ultrahoëdr­ukstrookbe­weiding (UHDSB) op mnr. Danie Slabbert se plaas in die distrik Reitz.
 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? Hoëdrukbew­eidingspra­ktyke waar dekgewasse gebruik word om vee op af te rond, kan boere help om beter resultate met hul vee te behaal. Hier kan die duidelike verskil gesien word waar beeste ’n uur lank in ’n kamp van 100 m x 10 m geloop het. Die...
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT Hoëdrukbew­eidingspra­ktyke waar dekgewasse gebruik word om vee op af te rond, kan boere help om beter resultate met hul vee te behaal. Hier kan die duidelike verskil gesien word waar beeste ’n uur lank in ’n kamp van 100 m x 10 m geloop het. Die...
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Mnr. Danie Slabbert.
FOTO: LIZA BOHLMANN Mnr. Danie Slabbert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa