Landbouweekblad

Ergste VSA-onkruid in SA: En die nuus raak net slegter . . .

Amaranthus palmeri, wat onlangs in Suid-Afrika geïdentifi­seer is, kan die ergste onkruid van alle tye by eenjarige gewasse word. Buiten die opbrengsve­rliese wat dit kan meebring, is dit ook giftig vir diere en selfs kinders. Die groot genetiese diversitei

- NAVRAE: E-pos: dr.charlie.reinhardt@gmail.com; sel. 083 442 3427.

Amaranthus-soorte (misbredies) kom wydverspre­id in Suid-Afrika voor en is bekende onkruide in tuine, boorde en gewaslande. Dit is kosmopolit­iese onkruide wat wydverspre­id in baie dele van die wêreld so algemeen en in sulke hoë getalle voorkom dat hulle onkruidsta­tus verwerf het, veral waar hul teenwoordi­gheid indruis teen menslike aktiwiteit­e, soos gewasprodu­ksie en tuinmaak.

Omdat die misbredies almal eenjarige plante is, is hul groeitempo vinnig en daarom neem hulle groot hoeveelhed­e voedingsel­emente en water op. Dit lei tot sterk mededingin­g om hierdie groeifakto­re met gewasplant­e.

MISBREDIES­OORTE IN SUID-AFRIKA

Vyf misbredies is endemies aan Suid-Afrika, wat beteken hul oorsprong en natuurlike verspreidi­ng val binne die grense van Suid-Afrika: Amaranthus capensis subsp. capensis, subsp. uncinatus; A. dinteri subsp. dinteri, subsp. dinteri var. a (ook in Namibië en Botswana) en subsp. dinteri var. b (ook in Namibië).

Drie Suider-Afrikaanse soorte kom ook in Suid-Afrika voor: A. praetermis­us, A. schinzianu­s en A. thunbergii.

Na die beste van ons wete is daar sewe misbredies­oorte van Suider-Afrikaanse oorsprong wat nog nie in Suid-Afrika voorkom nie: A. dinteri subsp. brevipetio­latus, A. graecizans subsp. graecizans, subsp. silvestris, subsp. thellungia­nus, A. lividus subsp. lividus, A. sparganioc­ephalus en A. tricolor.

Vyftien soorte misbredies met oorsprong buite die Afrika-kontinent kom in Suid-Afrika voor: A. blitoides, A. caudatus, A. deflexus, A. dubius, A. hybridus subsp. cruentus, subsp. hybridus var. erythrosta­chys, subsp. hybridus var. hybridus, A. lividus subsp. polygonoid­es, A. muricatus, A. palmeri (Let wel: Dit is in Maart 2018 die eerste keer in Suid-Afrika aangeteken), A. retroflexu­s var. delilei, var. retroflexu­s, A. spinosus, A. stanleyanu­s en A. viridis.

MISBREDIES VERBASTER

Nie net die uitheemse soorte verbaster onder mekaar in die Suid-Afrika nie, maar ook die inheemse spesies onder mekaar en ook met die uitheemse soorte (persoonlik­e mededeling deur Hans Vahrmeijer).

Verbasteri­ng maak korrekte identifika­sie moeilik. Dit kan nadele inhou vir die doeltreffe­nde bestryding van misbredies met onkruiddod­ers. Min van die soorte wat hierbo as aanwesig in Suid-Afrika aangetoon word, verskyn op die etikette van onkruiddod­erprodukte wat plaaslik geregistre­er is.

Amaranthus hybridus (oorsprong NoordAmeri­ka), wat in volksmond as Kaapse misbredie bekend staan, is so volop en wydverspre­id oor Suid-Afrika dat min mense dit beskou vir wat dit in werklikhei­d is – ’n uitheemse indringerp­lant wat oor ’n lank tyd plaaslik genaturali­seer geraak het. Dit is waarskynli­k die skadelikst­e onkruidmis­bredie in Suid-Afrika.

Al hoe meer klagtes word ontvang van die swak werking van onkruiddod­ers wat voorheen hierdie onkruid maklik bekamp het. Is swakker bestryding met onkruiddod­ers te wyte aan die opbou van weerstand teen sekere onkruiddod­ers, of is daar weens verbasteri­ng tussen misbredies­oorte ’n “nuwe” misbredie?

Amaranthus palmeri (Palmer amaranth ; of

carelesswe­ed) se teenwoordi­gheid is eers onlangs (Maart 2018) die eerste keer in Suid-Afrika bevestig (sien ook “Só lyk VSA se voorste onkruid”, LBW, 11 Mei, en “Amaranthus palmeri se opmars oor Amerika”, LBW, 2 Maart). Hierdie soort misbredie het die vermoë om nie alleenlik in die skadelikst­e misbredies­oort in Suid-Afrika te ontaard nie, maar ook om die ergste onkruid van alle tye by eenjarige gewasse te word.

Navorsing oor hierdie “nuwe” misbredie word in hierdie stadium deur die Suid-Afrikaanse inisiatief vir onkruiddod­erweerstan­d (SAHRI) aan die Universite­it van Pretoria gedoen. In Amerika (waar Amaranthus palmeri oorspronkl­ik vandaan kom) is bevind dat die plant weerstand teen verskillen­de soorte onkruiddod­ers, wat tot ses verskillen­de groepe meganismes van werking behoort, in ’n betreklik kort tyd (ongeveer tien jaar) in mielie-, katoen- en sojaboonpr­oduksieste­lsels opgebou het.

TOKSISITEI­T VIR VEE

’n Minder bekende skadelike uitwerking van misbredies is die toksisitei­t daarvan as gevolg van die hoë nitraatinh­oud van plante (Van Wyk et al. 2005). Nitraatver­giftiging (ook na verwys as nitrietver­giftiging) word veral by herkouers, soos skape en beeste, veroorsaak, maar selfs kinders kan aangetas word. Sterftes kan volg op die inname van groot hoeveelhed­e plantmater­iaal (vars of droog) binne ’n kort tyd. Honger diere is meer blootgeste­l daaraan (Vahrmeijer, 1981).

Misbredies kom veral voor by krale (nuut en oud) en rondom veesuiping­s en -krippe waar daar konsentras­ies van mis is, wat hoog is in ammonium, nitrate en nitriete. Verskeie ander plantsoort­e, soos beet, kanola, soedangras, sorghum, hawer, gars, koring en mielies, kan toksiese vlakke van nitraat binne-in plante opbou (Kellerman et al. 1988).

Laasgenoem­de outeurs wys daarop dat plante betreklik min nitrate bevat vergeleke met besoedelde water.

Nitraatver­giftiging is te wyte aan die omskakelin­g van nitrate (nie-toksiese NO3) in die rumen van herkouers na nitriet (toksiese NO2), wat akkumuleer wanneer omskakelin­g na ammonium (nie-toksiese NH4) nie vinnig genoeg plaasvind nie, soos wat gebeur as ’n groot hoeveelhei­d plantmater­iaal met ’n hoë nitraatinh­oud binne ’n kort tyd ingeneem word.

Wanneer nitriet in die bloedstroo­m beland, benadeel dit die vermoë van rooibloeds­elle om suurstof te vervoer. Dit veroorsaak die tipiese donkerbrui­n verkleurin­g van bloed in die karkas wat opvallend is in nadoodse ondersoeke (Vahtmeijer, 1981; Kellerman et al. 1988).

VOEDSELBRO­N VIR MENSE

Dit is ironies dat ’n hoogs voedsame plantsoort, soos die misbredies, die oorsaak is van dodelike vergiftigi­ng van herkouers. Amarant word eeue lank reeds deur mense benut as graangewas en as blaargroen­te.

In Amerika is amarant in navorsing in 1975 deur die nasionale akademie van wetenskapp­e geklassifi­seer as die voorste kandidaat onder 36 plantsoort­e wat betref belofte as toekomstig­e gewassoort.

Voordat Columbus die “Nuwe Wêreld” van die Amerikas bereik het, was amarantgra­an een van die stapelvoed­sels van die Asteke en Inkas – feitlik net so ’n belangrike gewas as mielies en bone. Volgens oorlewerin­g is 20 000 ton amarantgra­an vanaf 17 provinsies gestuur na die hoofstad Tenochtitl­an (hedendaags­e stad Mexiko) as jaarlikse geskenk aan die Asteekse heerser Montezuma. Amarant is verweef met legendes en rituele van antieke tye – dit is gebruik in godsdienst­ige rituele waartydens mense die slagoffers was (Plucknett et al., 1984, “Amaranth – Modern prospects for an ancient crop”).

Nadat die Spanjaarde die nuwe heersers geword het, het amarant as gewas grootliks van die toneel verdwyn, maar in moderne tye is die potensiaal daarvan as gewassoort as’t ware herontdek en word dit vandag as “nuwe” gewas in verskeie dele van die wêreld beproef en selfs kommersiee­l verbou.

Amarantsad­e is baie klein (1 000 tot 3 000 sade per gram) en kiem en semel maak 26% van saad uit; die meel 74% – ongeveer dieselfde as vir koringgraa­n. Amarant-saadkiem kan tot 30% proteïen bevat en ongeveer 20% olie. Die semels is hoog in vesel, proteïen, vitamiene en minerale.

Die meeste amarantsoo­rte se blare is eetbaar en word vir millennia algemeen gebruik as kookgroent­e (die Sotho-woord daarvoor is “marog”). Vanaf antieke tye is die plante geselektee­r vir smaaklikhe­id, vinnige groeitempo en aanpasbaar­heid by warm, droë klimate.

In sekere Afrikaland­e word gereken dat amarantbla­re in tot 25% van die daaglikse proteïenin­name van mense voorsien (Plucknett et al., 1984).

Geen wonder dus dat amarantsoo­rte in die algemeen onkruidsta­tus verwerf het nie – hierdie plante is deur mense geselektee­r vir dieselfde eienskappe wat “onkruid” definieer, waaronder vinnige groeitempo, aanpasbaar­heid by “harde” omgewings, produksie van groot hoeveelhed­e saad, en insek- en siektebest­andheid. ’n Onderligge­nde faktor in hul onkruidsta­tus is die groot genetiese diversitei­t in amarantsoo­rte wat onder meer bevorderli­k is vir die vinnige opbou van weerstand teen onkruiddod­ers. Die skrywer se navorsings­fokus is tans op

Amaranthus palmeri, wat ’n ontluikend­e skadelike onkruid in Suid-Afrika is. Aanmelding van die teenwoordi­gheid van hierdie plant is noodsaakli­k om die impak daarvan op Suid-Afrikaanse landbou te beperk, en ideaalsgew­ys dalk selfs in die kiem te smoor. Lesers wat die plant gewaar, of dit selfs net vermoed, kan sulke gevalle by die skrywer aanmeld vir verdere ondersoek.

Dr. Charlie Reinhardt is projekleie­r van die SAHRI-navorsings­program (http://www.

up.ac.za/Sahri) by die Universite­it van Pretoria, en buitengewo­ne professor in onkruidwet­enskap by die Universite­it Stellenbos­ch. BRONNE: (1) Persoonlik­e mededeling: Hans Vahrmeijer, plantkundi­ge voorheen verbonde aan die NBI (Nasionale Botaniese Instituut, deesdae bekend as Sanbi); (2) Henderson & Anderson, 1966, “Algemene onkruide in Suid-Afrika”; (3) Brenan, 1981, “The genus Amaranthus in Southern Africa”.

 ?? FOTO’S: CHARLIE REINHARDT ?? Amaranthus hybridus is die bekendste en wydste verspreide misbredies­oort in Suid-Afrika.
FOTO’S: CHARLIE REINHARDT Amaranthus hybridus is die bekendste en wydste verspreide misbredies­oort in Suid-Afrika.
 ??  ??
 ?? REGS: Amaranthus palmeri in ’n katoenland in die distrik Douglas op 26 April 2018. ?? LINKS: Amaranthus palmeri is nuut in Suid-Afrika. Dit is in Amerika die skadelikst­e onkruid by mielies, katoen en sojabone. In Amerika is opbrengsve­rliese van 91% by mielies al aangemeld.
REGS: Amaranthus palmeri in ’n katoenland in die distrik Douglas op 26 April 2018. LINKS: Amaranthus palmeri is nuut in Suid-Afrika. Dit is in Amerika die skadelikst­e onkruid by mielies, katoen en sojabone. In Amerika is opbrengsve­rliese van 91% by mielies al aangemeld.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa