Landbouweekblad

Beste groentewer­ktuie

Op die jongste Nampo-Oesdag op Bothaville het groentetoe­rusting, onder meer aartappelu­ithalers en groentegra­deerders, die aandag getrek. Die pryse sluit BTW in.

-

Afgri voer die RA2060-aartappelu­ithaler van die Belgiese vervaardig­er DeWulf na Suid-Afrika in. Dié dubbelry-uithaler met outomaties­e dieptebehe­er, wat tot 5 ha per dag kan uithaal, kan ook pasgemaak word. Sy opgaarbak kan 7 ton hou. Die aartappels kan in ’n wa afgetap word sonder om die oesproses te staak. Die minimum drywing wat die werktuig vereis, is 123 kW.

PRYS: Prys op aanvraag. NAVRAE: Mnr. Jacques Maree, e-pos: jacques.maree@afgri.co.za; sel 083 265 0466. Die veeldoelig­e Allan- Live-Bottom-dubbel-aswa, wat spesifiek op aartappelb­oere gerig is, word deur Bestbier SA van Bloemfonte­in onder ’n lisensie van Allan in Kanada plaaslik vervaardig. Die wa het ’n hidroulies aangedrewe voerband, wat die aflaai van die produk versag. Die wa het ’n valkant sodat uithalers se aftap-arm tot bykans op die bodem van die wa kan reik en dus valskade aan aartappels uitskakel. Die wa het ’n laaivermoë van 10 ton en kan met bykomende toevoeging­s ook as ’n kalkstrooi­er, tapkar of ’n plaasverva­nger vir ’n kantelwa ingespan word. Dit vereis ’n trekker van minstens 80 kW. PRYS: R563 500. NAVRAE: Mnr. Gouws Prinsloo, e-pos: sales@

bestbiersa.co.za; sel 072 511 5449. Die selfaanged­rewe dubbelry-aartappelu­ithaler Grimme Varitron 220 word deur die Johannesbu­rgse hanteerste­lselverspr­eider Dormas ingevoer. Dit kan tot 5 ha per dag uithaal en kan aartappels uit die aanboord-opgaartenk met ’n vermoë van 2 ton laai terwyl die oesproses voortgaan. Die uithaler se linkeragte­ras is toegerus met ’n rusperband om in nat toestande te kan werk. PRYS: Prys op aanvraag. NAVRAE: Mnr. Hannes van Aarde, e-pos: hannes@dormas.co.za; sel 082 559 8501. Agro Tractor House van Benoni, vervaardig­er van sleepwaens en verspreide­r van Poolse werktuie, het ’n enkelry-aartappelu­ithaler vertoon wat drywing van minstens 35 kW benodig. Benewens aartappels kan patats, beet en knoffel daarmee geoes word.

PRYS: R55 200. NAVRAE: Mnr. Villy Iversen, sel 082 625 2124.

Om by die Allan-dubbelaswa te pas, voer Bestbier SA die betroubare Allan-tweery-aartappel

uithaler, wat in Kanada vervaardig word, na Suid-Afrika in. Dié uithaler kan gemiddeld 4 ha/ dag uithaal. Die masjien is robuus gebou en Bestbier SA meen die onderhoud van die masjien beloop slegs R250/ha. Die uithaler vereis trekkrag van minstens 75 kW. PRYS: R2 271 250.

NAVRAE: Mnr. Gouws Prinsloo, e-pos: sales@ bestbiersa.co.za; sel 072 511 5449. Die elektronie­se sorteerder U-Vision van Uniekum benut sagteware van die Nederlands­e Ellips-groep om aartappels ten opsigte van eksterne gehalte en volgens gewigklass­e te sorteer. Dit het 12 sorteerban­e, 6 tot 18 uitgange en 12 vibrasiege­ute en ’n produksiev­ermoë van 12 ton per uur. Afstandbeh­eer via die internet is moontlik.

PRYS: R6,9 miljoen. NAVRAE: Mnr. Menke Antonides, e-pos: menke@uniekum.

co.za; sel 082 922 7221.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa