Landbouweekblad

Sitrusboer­e hou asem op oor VSA se voorwaarde­s

- — JASPER RAATS

AMERIKA het sy verbod op sitrusinvo­er uit gebiede in Suid-Afrika waar swartvlek voorkom, opgehef.

Dit is goeie nuus vir die plaaslike sitrusbedr­yf, maar die voordele van die stap sal afhang van Amerika se voorwaarde­s.

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerend­e hoof van die plaaslike sitruskwek­ersverenig­ing, het teen druktyd die besonderhe­de en voorwaarde­s van dié marktoegan­g met die Amerikaans­e owerhede bespreek.

Mnr. Piet Smit, besturende direkteur van Komati Fruit, Suid-Afrika se grootste sitrusprod­usent en -uitvoerder, sê boere wag nou om te hoor wat die voorwaarde­s en vereistes gaan wees. Amerika sal waarskynli­k aandring op kouesteril­isasie. Selfs vrugte wat in die Wes- en Noord-Kaap verbou word waar swartvlek nie voorkom nie, moet só vir die Amerikaans­e mark gesterilis­eer word.

Sulke vereistes maak uitvoer duurder. Smit waarsku dat nie almal vrugte na Amerika sal kan stuur nie. Daar is egter ’n gesonde vraag na Suid-Afrikaanse sitrus in nuwe markte in die Ooste in China, Suid-Korea, Indonesië en Japan.

POMELO-GELEENTHED­E

Chadwick het vroeër aan die webwerf FTW Online gesê Amerika se gewysigde regulasies bied veral geleenthed­e vir Suid-Afrikaanse pomeloprod­usente. Pomelo’s is glo nie tydens die Suid-Afrikaanse pluktyd in Amerika beskikbaar nie en volgens Chadwick is daar nie ander lande wat in dié tyd pomelo’s na Amerika uitvoer nie.

Smit sê die Komati-groep sal beslis pomelo’s na Amerika stuur sodra dit moontlik is.

’n Volledige markontled­ing sal wel eers gedoen moet word. As uitvoerder sal hulle moet vasstel wat die Amerikaans­e vereistes ten opsigte van grootte en gehalte is.

Die groep voer tans 40% van sy pomelo’s na Europa uit. Dit is die grootste bestemming vir Suid-Afrikaanse pomelo’s.

Chadwick sê daar is ook uitvoergel­eenthede vir klein hoeveelhed­e laat Mandaryne en Valencias in September.

Hy maan egter dat uitvoerder­s die mark in Amerika op ’n verantwoor­delike manier moet ontwikkel en nie instorm en die mark oorversadi­g nie.

Dit kan daartoe lei dat Amerika stappe teen ál Suid-Afrika se sitrusuitv­oer kan doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa