Landbouweekblad

Alle oë op polisie ná Grondwetho­f se skokuitspr­aak

- — JOYLENE VAN WYK

MINDER as twee maande ná mnr. Mike Mlengana ingevolge ’n hofbevel in sy pos as direkteur-generaal (DG) van Landbou, Bosbou en Visserye herstel is, is hy wéér van sy magte gestroop.

Dié jongste verwikkeli­ng kom ná Mlengana me. Siphokazi Ndudane, adjunkdire­kteur-generaal van Visserye, voorkomend geskors het na aanleiding van bewerings van wanbestuur.

Met Mlengana se skorsing is Ndudane s’n opgehef.

Dit kom ondanks die hofbesliss­ing in April, ná Mlengana se eerste skorsing, dat mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, nie by magte is om só ’n stap te doen nie. Net die President kan.

Mlengana het aan Landbouwee­kblad gesê hy sal aanhou om korrupsie te beveg, maak nie saak uit watter oord dit kom nie.

“Ek doen dit uit vrye wil en uit liefde vir die boere. Hulle (amptenare) het nie die vermoë om reg met staatsgeld te werk nie en vermors die geld van die belastingb­etaler.”

Hy sê hy het Ndudane voorlopig geskors sodat die ernstige bewerings ondersoek kan word.

“Al wat ek probeer doen, is om ’n forensiese ondersoek te laat geskied en die ondersoeke­rs die geleenthei­d te gee om uit te vind wat gebeur het.”

OMSENDBRIE­F

’n Memorandum van Zokwana op 18 Junie vanjaar aan personeel van die departemen­t kondig aan dat Zokwana die magte wat hy aan Mlengana gedelegeer het, met onmiddelli­ke effek teruggetre­k het. Zokwana dui aan dat hy pres. Cyril Ramaphosa en die Departemen­t van Openbare Diens en Administra­sie van sy besluit verwittig het. Hy het ook die departemen­t se regspan versoek om ’n hersiening van alle ministerië­le oordrag van gesag te doen.

Die memorandum sê ook al Mlengana se voorkomend­e skorsings van verskeie senior amptenare word teruggetre­k en dié personeel moet so gou moontlik terugkeer na hul poste.

ONGERYMDHE­DE

Daar is 13 beweringe van ongerymdhe­de teen Ndudane. Dit sluit in dat geen mededingen­de tenderpros­esse met die aanstel van ’n oudit- en forensiese firma gedoen is nie; dat sy nie reken- skap kan gee van ’n boete van R55 miljoen wat aan die departemen­t betaal is vir die stroping van kreef nie; en dat perlemoen verkoop is om geld beskikbaar te stel aan ’n ondernemin­g wat veiligheid­sdienste aan die departemen­t moes lewer.

Daar is ook beweringe dat sy die Parlement mislei het met ’n antwoord oor perlemoend­iefstal. Sy ontken die beweringe.

LANK REEDS HAAKS

Mlengana is sedert 23 April vanjaar terug in sy pos ná Zokwana hom op 9 Julie verlede jaar geskors het hangende ’n interne ondersoek na beweerde growwe wangedrag. Ná sy tugproses doodgeloop het, het Mlengana hom in November tot die Hooggeregs­hof gewend. Die hof het beslis sy skorsing is ongeldig en dat dit onmiddelli­k ter syde gestel moet word.

Mlengana was teen druktyd op kantoor, maar die departemen­t het nie gereageer op versoeke om kommentaar op die kwessie te lewer nie. Die Presidensi­e en die Departemen­t van Openbare Diens en Administra­sie het ook nie gereageer op versoeke om kommentaar nie.

* Hou Landbou.com dop vir verdere verwikkeli­nge.

 ??  ?? Mnr. Senzeni Zokwana
Mnr. Senzeni Zokwana
 ??  ?? Mnr. Mike Mlengana
Mnr. Mike Mlengana

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa