Landbouweekblad

Hele bedryf moet hande vat teen bek-en-klouseer

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE Suid-Afrikaanse veebedrywe sal hulle monitering­s en naspeuring­stelsels moet regruk indien hulle in die toekoms handelsven­note, soos die Europese Unie (EU), wil behou.

Dit is die waarskuwin­g van dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale dieregeson­dheidsforu­m ná vrese dat die EU Suid-Afrika se status as vry van bek-en-klouseer kan ophef.

Tans blyk die vrese nog net bespiegeli­ng te wees, meen mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder van die RPO.

Hy sê die veebedryf is wel bekommerd oor die situasie en dit word op vergaderin­gs van die forum bespreek.

“Dit is uiters noodsaakli­k dat die regte prosedures en reëls in werking gestel word om hierdie kwessie eens en vir altyd op te los. Ons weet die impak op die veebedryf gaan baie groot wees, met verliese wat teen R6 miljard tot R8 miljard beraam word indien Suid-Afrika se status opgehef word. Daar is egter nog nie ’n uitbreking van beken-klouseer nie en sprake van só ’n opheffing is dus voortydig.”

WANFUNKSIO­NEEL

Vervoort sê die onlangse uitbreking­s van listeriose en slenkdalko­ors, asook die ontevreden­heid van die EU se gesondheid­sinpsekteu­rs is simp- tome van ’n stelsel wat nie reg werk nie.

“As jou bedryf nie die regte prosedures en reëls in werking het nie, moet jy weet jy gaan die een of ander tyd moeilikhei­d met jou handelsven­note begin ondervind. Ons moet besef ons inentingsp­rogramme teen beken-klouseer en slenkdalko­ors is nie op standaard nie, terwyl die bewegingsb­eheer van vee en naspeurbaa­rheid ook aandag moet kry,” sê hy.

Vervoort sê dit sal ’n poging van alle belanghebb­endes in die bedryf, waaronder bedryfsorg­anisasies en die Regering, verg om sake te herstel.

“Ons sal moet begin verantwoor­delikheid neem vir die stand van sake en vroegtydig optree. Ons kan nie die hele tyd net vure wil doodslaan en eers begin regulasies opstel elke keer wanneer daar ’n siekte uitbreek nie. Ons stelsels sal moet verbeter en dit moet gebeur deur van provinsial­e vlak af met die Regering saam te werk en dit uit te brei tot op nasionale vlak.”

Hy sê die meeste handelsven­note verstaan dat geïsoleerd­e gevalle van siektes voorkom, maar herhalings van siektes en situasies wat buite beheer blyk te wees, skrik handelsven­note af.

SAMEWERKIN­G

Schutte sê die situasie moet onmiddelli­k aandag kry. Die forum wil op nasionale en provinsial­e vlak met die Regering saamwerk om die krisis af te weer.

“As ons kyk na vennootska­ppe tussen die openbare en private sektor besef ons al hoe meer die voordeel wat daar vir die bedryf is deur met die Regering hande te vat.”

‘Ons moet besef ons entingspro­gramme teen bek-en-klouseer is nie op standaard nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa