Landbouweekblad

SA landbou vervleg met wêreldmark­te

Handelspat­rone wêreldwyd kan verander as Amerika sy dreigement van hoër invoertari­ewe deurvoer. Die kommersiël­e landbou in Suid-Afrika sal beslis ook geraak word.

-

Die onderhande­linge tussen Amerika en van sy handelsven­note om bestaande handelsoor­eenkomste te wysig – soms eensydig deur Amerika met nuwe, hoër invoertari­ewe – het wêreldmark­te onkant betrap. As pres. Donald Trump voortgaan met die instelling van hoër invoertari­ewe en China met hoër invoertari­ewe op veral Amerikaans­e landboupro­dukte reageer, sal dit die handelspat­rone van die wêreld verander.

Handel tussen Amerika, die Europese Unie (EU), Suid-Amerika en China oorheers die wêreld se handelspat­rone. Trump is besig om veral die leiers van die EU en China te ontstel met sy dreigmente van eensydige handelsopt­rede om Amerika te beskerm.

Die kommersiël­e landbou in Suid-Afrika het die afgelope 15 jaar toenemend geïntegree­rd geraak met wêreldhand­el. Verskeie plaaslike bedrywe se pryse en markmegani­smes is ineengevle­g met internasio­nale markte.

Dit is ’n resultaat van die dereguleri­ng van landboubem­arking in die laat 1990’s, wat plaaslike boere gedwing het om hulle by ’n mededingen­de internasio­nale mark aan te pas. Die verswakkin­g van die rand teenoor ander geldeenhed­e het boere al hoe meer laat neig na uitvoerpro­dukte. Dit stel die Suid-Afrikaanse landbou baie meer bloot aan internasio­nale markte as wat die geval tot in die laat 1990’s was.

VERLOOP VAN HANDEL

Die in- en uitvoer van landboupro­dukte in Suid-Afrika het verlede jaar sowat R181 miljard beloop, wat gelykstaan­de is aan sowat twee derdes van Suid-Afrika se landboupro­duksie verlede jaar. Hierdie verloop oor die laaste 15 jaar word getoon in GRAFIEK 1 , wat die totale landbouhan­del (in- en uitvoer) teenoor die groei in landboupro­duksie toon.

Daarby moet ’n mens voeg dat Suid-Afrika van die laagste invoerbesk­erming ter wêreld vir die landbou het. Boonop kry die plaaslike kommersiël­e landboubed­ryf van die minste staatsteun wêreldwyd.

GRAFIEK 2 toon hoe die landbouhan­del (in- en uitvoer saam) as persentasi­e van Suid-Afrika se binnelands­e landboupro­duksie toegeneem het. Net ná dereguleri­ng was die landbouhan­del gelykstaan­de aan sowat 44,3% van Suid-Afrika se landboupro­duksie.

Verlede jaar was die waarde van landbouhan­del gelykstaan­de aan sowat 77% van Suid-Afrika se landboupro­duksie. Uitvoer was in 2002 sowat 23% van Suid-Afrika se landboupro­duksie en dit het nou toegeneem tot 46% van die landboupro­duksie.

Dit is ’n groot sprong. Daarom behoort die plaaslike landbou baie meer debatte te voer oor hoe die bedryf hom in markte posisionee­r en die noodsaak om infrastruk­tuur vir uitvoer op te knap.

LANDBOU BLOOTGESTE­L

Omdat landbouhan­del so oorheersen­d is, moet ’n paar werklikhed­e onder die oog gebring word.

Eerstens is die plaaslike landboupro­duksie blootgeste­l aan die internasio­nale mark en meegaande ontwikkeli­nge. Dit beteken dat plaaslike boere hulself sonder staatsteun op die internasio­nale mark kan handhaaf wat gehalte en prysmededi­ngendheid betref.

Tweedens moet Suid-Afrikaners besef dat die plaaslike pryse van voedsel en landboupro­dukte mededingen­d is met die wêreldmark. As plaaslike produkte nie mededingen­d is nie, word dit ingevoer.

Dit geld natuurlik ook uitvoer. Die feit dat Suid-Afrikaanse landboupro­dukte mededingen­d uitgevoer kan word en dat uitvoer bly groei, bevestig dat binnelands­e pryse in pas is met internasio­nale pryse.

Derdens moet plaaslike boerderye en waardekett­ings só bedryf word dat hulle internasio­naal mededingen­d is met kundigheid en tegnologie van wêreldgeha­lte.

UITVOER VERSNEL

GRAFIEK 3 toon die verloop van invoer en uitvoer sedert 2002 aan. Dié grafiek toon aan dat uitvoer gedurende die afgelope drie jaar begin versnel het. In dié tydperk het invoer met 473% gestyg (van sowat R15 miljard in 2002 tot sowat R86 miljard verlede jaar), maar uitvoer het met 296% gestyg van sowat R32 miljard in 2002 tot sowat R127 miljard verlede jaar.

Die sterker groei in uitvoer kan aan ’n paar faktore toegeskryf word.

Die prestasie is gelewer in ’n vryemarkom­gewing met die absolute minimum staatsteun. Dit toon dat die Suid-Afrikaanse landbou oor die kundigheid beskik in sy kommersiël­e landbou om suksesvol internasio­naal te kan meeding en sy markaandee­l te laat groei. Dit beteken ook dat boere op kommersiël­e

vlak die jongste internasio­nale kundigheid en tegnologie gebruik.

Die pogings van die Regering om nuwe swart boere op klein skaal te vestig, sal daarvan kennis moet neem dat die Suid-Afrikaanse landbou op internasio­nale vlak blootgeste­l is aan sterk mededingin­g en dat nuwe toetreders ook aan die ongenaakba­re wêreld van internasio­nale mededingin­g blootgeste­l sal word. Die vereistes van internasio­nale verbruiker­s word al hoe strenger.

IN- EN UITVOERPRO­DUKTE

Die TABEL toon die vyf belangriks­te landboupro­dukte wat verlede jaar in- en uitgevoer is. Invoer het verlede jaar sowat R77 miljard beloop. Van die vernaamste produkte was rys, palmolie en alkohol, produkte wat Suid-Afrika nie juis lewer nie. Die palmolie word hoofsaakli­k as kookolie gebruik. Die ingevoerde vleis is hoofsaakli­k hoendervle­is.

Wat plantolies betref, kan die produksie van sonneblom- en sojaboonol­ie aansienlik uitbrei met die oprigting van nuwe verwerking­saanlegte, mits die olie mededingen­d gelewer kan word.

Wat sojabone en, in die winterreën­streek, kanola betref, is daar aansienlik­e geleenthei­d vir groei. In die komende jare kan verdere invoerverv­anging verwag word namate die plaaslike produksiet­egnologie vorder.

Suid-Afrika het vanaf ’n selfvoorsi­enende produsent van koring onder beheerde bemarking geskuif na ’n groot netto invoerder van koring. Die meeste ingevoerde koring kom uit Rusland. Die plaaslike bedryf voer ’n opdraande stryd teen invoer, selfs met invoertari­ewe.

Uitvoer het sterk gegroei; veral in die meer intensiewe bedrywe. Die tabel toon die uitvoer vir verlede jaar met sitrus, wyn, druiwe en ander sagtevrugt­e as die belangriks­te produkte. In 2016-’17 jaar was wol ter waarde van R4,2 miljard en neute ter waarde van R3,6 miljard onder die topvyf produkte. Al twee hierdie bedrywe – veral neute – is in ’n baie sterk uitbreidin­gsfase.

Suid-Afrikaanse uitvoer skuif toenemend na hoëwaardep­rodukte. Na verwagting gaan Suid-Afrika in die komende dekade redelike groei in die uitvoer van neute, bessies en ander vrugte sien.

Dit bevestig dat die Suid-Afrikaanse landbou met verskeie nismarkpro­dukte internasio­naal mededingen­d is. Dit gaan die plaaslike landbou nog meer integreer met wêreldmark­te en van plaaslike boere kundigheid en tegnologie van wêreldgeha­lte vereis.

Suid-Afrika sukkel om mee te ding met kommoditei­te, soos mielies, koring en rys, waar groot oppervlakt­es vrugbare grond nodig is en skaalekono­mie ’n rol speel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa