Landbouweekblad

Só bereken jy boedelbela­sting

’n Profession­ele mens behoort jou te help om seker te maak jou boedel is in orde sodat jy en jou naasbestaa­ndes presies weet watter koste en belasting betaalbaar is wanneer jy sterf.

- NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

Boedelbela­sting is ’n soort belasting betaalbaar deur elke mens wat doodgaan en wat normaalweg by afsterwe in Suid-Afrika gewoon het, of iemand wat nie normaalweg in Suid-Afrika gewoon het nie, maar by afsterwe bates in Suid-Afrika besit het.

Waar iemand normaalweg in Suid-Afrika gewoon het, sal sy/haar wêreldwye bates deel vorm van sy/haar boedel onderhewig aan ooreenkoms­te oor dubbele belasting wat Suid-Afrika aangegaan het met die land waar die bate geleë is. (Iemand woon normaalweg in Suid-Afrika as hy/sy Suid-Afrika as sy tuiste beskou en dit die land is waarheen die mens sal terugkeer.)

As die bate in Suid-Afrika geleë is, sal dit gewoonlik onderhewig aan boedelbela­sting in Suid-Afrika wees.

Boedelbela­sting is voor 1 Maart 2018 gehef teen 20% van die waarde waarmee iemand se netto boedel R3,5 miljoen oorskry. Ná 1 Maart 2018 word boedels bo R30 miljoen teen ’n hoër koers belas (sien TABEL 2 ).

Om seker te maak skenkings word nie gebruik om boedelbela­sting te vermy nie, is skenkingsb­elasting ook verhoog. Enige skenkings bo R30 miljoen per belastingj­aar sal van 1 Maart 2018 af teen 25% belas word.

Die eerste R100 000 wat deur ’n natuurlike persoon geskenk word, en die eerste R10 000 wat deur ’n skenker anders as ’n natuurlike persoon per belastingj­aar geskenk word, word steeds vrygestel van skenkingsb­elasting (sien TABEL 4 ).

Dit is belangrik om ’n volledige boedelbepl­anningsver­slag te laat opstel deur ’n profession­ele, bekwame mens om vas te stel presies watter koste en belasting betaalbaar sal wees wanneer jy sterf.

Die inligting in dié rubriek word nie bedoel as of kom nie neer op finansiële of enige ander advies nie. Dit neem nie u persoonlik­e finansiële omstandigh­ede in ag nie. Raadpleeg ’n geakkredit­eerde finansiële adviseur of makelaar vir ’n volledige finansiële plan om u finansiële doelwitte te bereik. Me. Karen van der Poll is ’n regsadvise­urspesiali­s vir Old Mutual Persoonlik­e Finansiële Dienste in die Wes-Kaap.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa