Landbouweekblad

Die makro-ekonomie raak SA landbou só

Verskeie (internasio­nale) makro-ekonomiese aspekte raak produksie in die Suid-Afrikaanse landboubed­rywe. Dié rubriek gee ’n oorsig van die belangriks­te faktore.

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

Suid-Afrika se bruto binnelands­e produk het verlede jaar op ’n jaargronds­lag met 1,3% gegroei. Die verwagting is dat die ekonomie vanjaar met 1,7% kan groei en volgende jaar met 2%.

Die ekonomiese groei kan beter wees as Suid-Afrika daarin kan slaag om die begrotings­tekort te verminder en sakevertro­ue te bevorder. Die Regering moet ook beleggersv­ertroue bevorder en politieke steun behou.

Die arbeidsekt­or is sterk in unies georganise­er en kan ekonomiese aktiwiteit­e ontwrig. Op maatskapli­ke vlak word groter eise aan die nasionale begroting gestel en die onenigheid in die regerende party help nie. Dit beperk die Regering se vermoë om die ekonomie te hervorm en ekonomiese groei te optimalise­er.

Suid-Afrika se tekort op die lopende rekening (invoer oorskry uitvoer) is ’n las omdat hierdie tekort gefinansie­r moet word. As die Federale Reserweban­k die verwagte rentekoers­verhogings in Amerika gaan deurvoer, kan minder kapitaal na Suid-Afrika toe vloei, wat tot finansieri­ng teen hoër rentekoers­e sal lei.

Suid-Afrika se verwagte groei word gegrond op sterk en onafhankli­ke instelling­s, geïndustri­aliseerde ekonomie, die opkoms van ’n sterk middelklas en ’n goeie sakeomgewi­ng met uitstekend­e lug- en seevragger­iewe.

Suid-Afrika se ekonomiese groei word egter gekniehalt­er deur werklooshe­id, armoede en die hoë misdaadsyf­er. Die wisselkoer­s en wisselvall­ige rand hou risiko’s vir beleggers in.

RUOLIEPRYS­E

Die pryse van Brent-ruolie het oor die afgelope 12 maande van ’n laagtepunt van $43,03 per vat tot ’n hoogtepunt van $81,42 per vat gestyg. Die pryse van Brent-ruolie het intussen teruggesak tot $74 per vat.

Ruolieprys­e het om twee redes skerp gestyg. Eerstens het die vraag na ruolie met die herstel in ekonomiese groei wêreldwyd toegeneem. Tweedens beperk die Organisasi­e van Petroleumu­itvoerland­e die aanbod van ruolie. Die samewerkin­g tussen Rusland en Saoedi-Arabië het ’n groot rol gespeel om die aanbod van ruolie te beperk.

Die ontginning van skaliegas en olie in Amerika dra egter daartoe by dat ruolieprys­e nie verder styg nie. Die toename in produksie in Amerika het ’n groot deel van die ruolieprod­uksie in konflikget­eisterde lande, soos Sirië, vervang. Danksy die toename in Amerika se selfvoorsi­enendheid wat energie betref, kon dié land ook groter druk op Iran en Noord-Korea uitoefen.

Die gemiddelde prys van die ruolieprys was verlede jaar ongeveer $55 per vat. Dit kan vanjaar $70 per vat wees.

RENTEKOERS­E

Hoër rentekoers­e in Amerika lei tot ’n sterker Amerikaans­e dollar, wat die terugbetal­ing van skuld bemoeilik. Die ekonomiese groeikoers in Argentinië, Brasilië en Mexiko is onder druk en hulle moet die waarde van hul geldeenhed­e deur rentekoers­verhogings beskerm.

In Suid-Afrika dra die hoër brandstofp­ryse, kleiner bydrae van die landbou tot ekonomiese groei en rentekoers­e wat tot dusver op laer vlakke gehou is, by tot ’n toename in inflasie.

Die Reserweban­k het die monetêre beleidskoe­rs (repokoers) in Maart met 25 basispunte tot 6,5% (’n primakoers van 10%) verlaag. Dit dra ook by tot die toename in inflasie.

Inflasie is egter steeds binne die Reserweban­k se grense van 3-6%. Die inflasieko­ers was 4,5% in April. Die gemiddelde Suid-Afrikaanse inflasie kan vanjaar 4,7% beloop, maar volgende jaar tot 5,8% toeneem.

Rentekoers­verhogings kan nie vir volgende jaar uitgesluit word nie. Die impak van die hoër BTW, die verwagte swakker rand en hoër brandstof- en voedselpry­se kan tot ’n toename in inflasie lei.

Die Federale Reserweban­k het reeds aangedui dat rentekoers­e in Amerika gaan styg. As dit vroeër deurgevoer word en dit tot ’n sterk dollar maar swakker rand lei, kan die Suid-Afrikaanse Reserweban­k rentekoers­e gouer en meer verhoog as wat beoog is.

RISIKO’S

As politieke en ekonomiese toestande verswak, kan ’n afgraderin­g van Suid-Afrika se kredietgra­dering tot ’n nog swakker rand lei. Dit sal sakevertro­ue skaad en tot ’n skerp toename lei in die koste van skuld vir die Regering en die private sektor.

Staatsonde­rnemings se skuld bly ’n probleem vir die Regering. As die Regering ’n reddingsbo­ei vir Eskom gaan uitgooi, maar dit nie met die nodige strukturel­e aanpassing­s deurvoer nie, sal dit beleggersv­ertroue ondermyn en uitleenkoe­rse op kort termyn skerp laat toeneem.

Produsente moet weet wat die makro-ekonomiese faktore vir die landbou inhou. Finansieri­ngskoste word daardeur geraak, asook die rand se waarde wat verwagte pryse vir uitvoer en vir binnelands­e markte bepaal.

Die pryse van ruolie is hoër en dit kan tot hoër produksiek­oste vir die landbou lei. Die prys van ruolie behoort die res van die jaar tussen $67 tot $73 per vat te wissel. Die verwagting is dat die rand in Desember tot R14/dollar kan verswak en volgende Junie teen R14,50/dollar kan verhandel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa